Die Week in ‘n Neutedop….

17 Jul

Hierdie week is die drukpers toe vir repairs…. letterlik, daar is iets met my WP fout, dit neem my vir EWIG om ‘n post te doen. Dit is asof die nuwe post terwyl jy tik permanent aan die save is…..

Maar net vir die wat nog nie ‘n draai daar gemaak het nie, ek dink Emil is besig om die blogosfeer as steekproef te gebruik vir een of ander filosofie werkstuk.😆 Jy voel soos ‘n proefkonyn…. maar die morele dilemmas mag jouself dalk net interessante kykies na jou eie gedagtes gee.

So kom ons speel vandag ‘n speletjie……..

Gryp die naaste boek aan jou – moenie een uitkies nie.

Blaai na bladsy 56 – Deel met ons wat in die 5de lyntjie staan 

En dan het die girl van die subs huiswerk uitgedeel:

IMGP1336 A

Lekker naweek vir julle…. kuier bietjie by die kroeg.

22 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. demoerin Julie 17, 2009 at 8:15 vm #

    My bladsy 56 – 5de lyntjie😆
    (terms & conditions apply)

    • boendoe Julie 17, 2009 at 9:13 vm #

      Hahahaha! Dis crook, daai! 😆

      Nee, DMI is nie regtig so kwaai nie. Dis net ‘n fantastiese tandepasta wat hy gebruik. 😉

      Lekker naweek, DMI!

      • demoerin Julie 17, 2009 at 9:15 vm #

        So gepraat van crook boendoe….. waar is jou lyntjie uit jou boek uit?

  2. Girl van die Suburbs Julie 17, 2009 at 9:17 vm #

    Ag cool! Dankie dat jy saam gespeel het! Kyk net die papier ook nog….

    Ek sien Demoerin is nie so kwaai nie… maar kan tog grom😆

    Kom ek raai…. (Klem op raai… ek is weer ‘n body-language mens….)

    * Jy hou nie van reels en conformity nie, inteendeel maak die mense wat soos skape ander navolg jou demoerin?
    * Jy is ‘n free spirit
    * Jy is stillerig en praat nie met vreeslike gebare nie?
    * Integriteit is vir jou ongelooflik belangrik?
    * Nie ‘n neat-freak nie?

    • demoerin Julie 17, 2009 at 9:25 vm #

      En waar is jou bl 56 – reël 5?
      Moenie vir demoerin demoerin maak op ‘n Vrydag nie!

  3. Emil Julie 17, 2009 at 9:21 vm #

    Naaste boek, bl. 56, vyfde reël: If you have an intuitive or instinctive feeling, follow it, and you will find that the Universe is magnetically moving you to receive what you asked for.
    😆 vir die “steekproef.”

    Ek hoop jou WordPress kom gou reg.

    • demoerin Julie 17, 2009 at 9:26 vm #

      Wow… ‘n profound reël. Baie cool.

  4. demoerin Julie 17, 2009 at 9:23 vm #

    Ek sou sê almal tot ‘n punt nogal waar…. behalwe die laaste een😉

    • demoerin Julie 17, 2009 at 9:27 vm #

      Oops… hierdie is eintlik ‘n reply by girl wat nou hier in die lug hang.

  5. Girl van die Suburbs Julie 17, 2009 at 9:50 vm #

    Dan sal ek moet werk vir daai super-doeper-2009-skrif-ontleder van die jaar toekenning!

    Okay, my bl 56 – reël 5? (Jammer ek sou nog terug kom daarvoor…😉 )

    Ek het nou nie my lees boeke hier op kantoor nie, maar kom ek gee my quote wat in my dagboek is.

    “I feel like I am rich sleeping in the afternoon – while everyone else is slaving away…” – Carrie Snow

    • demoerin Julie 17, 2009 at 9:56 vm #

      😆 Perfek vir ‘n Vrydag!

  6. BB Julie 17, 2009 at 10:05 vm #

    naaste boek aan my… my Kritzinger, Schoonees, Cronjé & Eksteen Groot Woordeboek…
    Bl 56 Reël 5 :
    bege’rig, (-e), desirous, covetous, eager, keen, devouring
    Hmmm… ek is nou baaaaaie begerig virre wille woeste gutter naweek… al wat bietjie kort is ‘n warm Sonnetjie, want there ain’t NO WAY in hell, wat ek modderpoel, onderwater, gutterig raak in hierdie weer nie!!! Dis so koud, ek’t al amper oorweeg om weer te trou!!:mrgreen:

    • demoerin Julie 17, 2009 at 11:28 vm #

      Daai devouring gee my ook idees😆

  7. Tweelingkind Julie 17, 2009 at 11:05 vm #

    Naaste boek, bladsy 56 lyntjie 5…. “1984, when Natal supporters and friends…”😆 Enigste en naaste boek op my tafel by werk, die SHARKS official magazine.

    Jou handskrif is mooi, jy skryf baie soos Ian, my man!

    • demoerin Julie 17, 2009 at 11:29 vm #

      😆
      Dankie…. dit kom met ‘n netheid behepte ma wat bladsye uit boeke geskeur het, en jou huiswerk laat oordoen het as dit nie netjies was nie!

  8. parkes1 Julie 17, 2009 at 11:54 vm #

    dit wat ons vandag gaan doen, is darem seker nie realisties nie.

  9. Andrew Julie 18, 2009 at 4:30 nm #

    Shit … die eintlike meer intelektuele boek wat ek lees was ‘n paar sentimeter verder weg as hierdie een wat toevallig NET 56 bladsye het. Maar reels is reels.

    “Soos ek die resep eendag op ‘n flentertjie papier in Vredenburg op die bakkie se neus afgeskryf het.”

    Pieter Pieterse se Swerwerskos.

    • Andrew Julie 18, 2009 at 5:01 nm #

      O ja Boendoe, ek weet dit is onwaarskynlik maar as ek jou ooit raakloop in die lewe gaan ek vir jou hierdie boekie gee. Ek het twee.

      • boendoe Julie 18, 2009 at 10:12 nm #

        Jy’s dierbaar, Andrew. 😉

  10. alta Julie 20, 2009 at 4:17 vm #

    Jy het huiswerk mnr.

  11. Alta Julie 20, 2009 at 12:34 nm #

    Vreeslik sorry jong. Sien nou jy het dit klaar gedoen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: