Op ‘n Maanmissie…

20 Jul

Apollo11Ek is seker daarvan dat toe JFK in 1961 gesê het dat daar ‘n man op die maan gaan loop binne ‘n dekade, het almal gedink hy is dalk bietjie van looitjie getik. Op 20 Julie 1969, was Neil Armstrong die eerste man wat op die maan geloop het as bemanningslid van die Apollo 11 maansending.

Hy was egter nie die laaste nie, en in Desember 1972 was Eugene Cernan die laaste man wat op die maan geloop het. Die visie, en missie om iemand op die maan te laat loop was volbring. Dit was gedoen…. en nou kon daar op ander dinge gefokus word.

Eugene Cernan

Ons leer dat drome nie noodwendig so vergesog is, as wat dit met die eerste oogopslag mag voorkom nie. Met harde werk en deursettingsvermoë is daar min wat ons as mens nie kan vermag nie…. after all, daar het ‘n man op die maan geloop!

Les nommer 2: As jy droom nommer 1 vermag het, beteken dit nie jou lewensdoel is nou volbring nie. Jy beweeg voort na droom nommer 2 toe.

Les nommer 3: As jy dit eers gedoen het, en jy weet jou kant is skoon – Kan niemand ooit enige gedane taak van jou wegneem nie. Maak nie saak of dit ‘n eerste plek in ‘n skryfkompetisie, die droom van ‘n nuwe werk, ‘ rugsak-vakansie deur Europa is nie, die skryf van ‘n boek is nie…. of ‘n man op die maan is nie.

Eugene Cernan het in ‘n dokumentêr jare na sy maanloop gesê:

“Truth needs no defense. No-one can take those footprints I made on the surface of the moon away from me.”

As jy met jou vinger wys in die rigting van die sterre waar jou drome lê, maak seker jy kyk nie vas in die punt van jou vinger nie.

15 Responses to “Op ‘n Maanmissie…”

  1. meermin Julie 20, 2009 at 7:18 vm #

    Môre jy mag jy ‘n gatskop lekker dag hè!

  2. Andrew Julie 20, 2009 at 8:53 vm #

    So waar ne^, ek dink ons stel beperkings in ons koppe wat ons vehoed om uit ons comfort zone te breek.

    Jou rugsak-vakansie klink na ‘n jol. Hoe lank het jy getoer?

    • demoerin Julie 20, 2009 at 9:24 vm #

      😳 Ek moet erken dat nog nie een van my europa kuiertjies ‘n properse back-packers vakansie was nie.

  3. Emil Julie 20, 2009 at 11:28 vm #

    Onthou net daai foto is Buzz Aldrin😉

    • demoerin Julie 20, 2009 at 11:43 vm #

      Wiki sê dit is Cerman, deur Schmitt afgeneem.

  4. Andrew Julie 20, 2009 at 1:54 nm #

    Op news24 is daar ‘n “poll” oor die maan missie. 29% van die stemmers glo dit het nooit plaasgevind nie! So het iemand oor die naweek by ‘n braai wat ek was ook aangehou oor die conspiracy teorie. Shame.

    • demoerin Julie 20, 2009 at 1:57 nm #

      😆 Ek weet gewoonlik nie of ek moet lag of die mense jammer kry nie.

  5. Andrew Julie 20, 2009 at 2:11 nm #

    So van lag gepraat … het jy geweet dat Buzz Aldrin die eerste persoon was wat op die maan ge-pee het?😀

    http://news.nationalgeographic.com/news/2009/07/090716-moon-landing-buzz-aldrin-pee.html

    Daar is ook ‘n baie snaaks YouTube video in hierdie skakel waar Ali G ‘n onderhoud voer met Buzz.

    • demoerin Julie 20, 2009 at 2:47 nm #

      So bietjie daar gaan loer. Daar is moer cool foto’s!

  6. rosalindfranklin Julie 21, 2009 at 1:03 nm #

    Baie cool, in 12 jaar van spoetnik so groot soos ‘n strandbal na apollo 11. astronomies.

    gaan kyk bietjie in die kommentare oor die Salt-besoek, onder, ek het spesiaal vir jou daar iets gelos, in skuinsgedruk, DMI, oor Rageltjie de beer😉

    • demoerin Julie 21, 2009 at 2:48 nm #

      Damn…. ons het nie sneeu in Jozi nie😆

  7. Andrew Julie 21, 2009 at 2:16 nm #

    Die “poll” is nou verby maar laas toe ek gekyk het was die persentasie op na 32%. Sweet man … the bullshit is spreading.

    Dieselfde ou van die braai het ook vir ons almal vertel dat Mars binnekort so naby aan die Aarde sal wees dat dit amper so groot soos die Maan sal lyk. Toe ek vir hom se^ dit is nie waar nie toe se^ hy NASA het so gese^. Ek het nie eers gebodder om vir hom te se^ dis ‘n hoax email wat hy gelees het nie. So gou soos wat jy die onkruid uithaal so gou groei dit weer.

    • demoerin Julie 21, 2009 at 2:49 nm #

      😆 Snaaks wat mense sal glo wat hulle in e-mails lees.

  8. Wipneus Julie 27, 2009 at 5:06 nm #

    Nice inskrywing Dm!!

  9. rosalindfranklin Julie 28, 2009 at 4:33 nm #

    As ek nog EEN keer daai Mars-epos kry, of nog erger mense wat my daaroor bel, belowe ek gaan ek kots.

    Kan mense nie hul verstand gebruik nie? As Mars wel so groot soos die maan lyk/vertoon/so naby kom sal ons nie eens leef om dit sien nie, want dit beteken hy het om ‘n bisarre rede sy wentelbaan verlaat. hy sal ons verwoes dat net ‘n snotkol van ons oorbly.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: