Die Week in ‘n Neutedop

24 Jul

IMGP0838-1Dit is nogal snaaks om daaraan te dink dat daar net 160 dae in hierdie jaar oor is. Nog so baie om te doen, en die tyd lyk so min. Ek het ook op ‘n Bosparra post gesien hoeveel Afrikanse blogs daar is wat ek nog nie gelees het nie….. ek dink ek gaan die grootste gedeelte van vandag spandeer om bietjie te gaan loer.

Ek kan op die oomblik twee probleme identifiseer waaraan daar nog hierdie jaar gewerk moet word.

Nommer 1 is die feit dat ek net nie kan ophou dink nie. Ek is permanent besig om dinge te probeer uitpluis, oordenk en weer bedink. Nie noodwendig sleg nie, maar somtyds parkeer ek die motorjie by die huis – en ek kan glad nie die rit van die werk af onthou nie. DIT kan ‘n potensiële GROOT probleem wees. Hierdie week was ek weer aan die dink oor die doodstraf, en hoeveel van my gevoelens daaroor moontlik gevuur kan wees deur ‘n persoonlike  ondervinding. Ek het wel tot ‘n halwe konklusie gekom dat my gevoelens oor die doodstraf baie langer as die vier jaar terug al gevorm was…. so tot nou toe het ek ook nog nie my siening verander nie.

Nommer 2 is gedeeltelik wel aangevuur deur omstandighede wat in September, vier jaar terug gebeur het. Ek het nog altyd ‘n probleem met commitment gehad, en nou sit ek nog met ‘n verskriklike vrees vir verlies ook. Nie nodig om te sê, hierdie gaan ‘n langer termyn plan wees. Wat wel interessant was, was die groot aantal posts in die blogosfeer juis oor verhoudings die week. Party bietjie tong-in-die kies en ander dan weer baie meer ernstig en oor gewigtige sake. Daar is ook die allerbelangrike bedsake bespreek, maar die mees aangrypendste vir my was die waarhede opgesluit in hierdie uitnodiging. Ek is nog steeds confused, maar nou ja – ons hou dit ‘n langtermyn projek.

Mag die volgende 160 dae van 2009 ‘n onvergeetlike Joyride wees. Dit is lekker koel buite – kry daardie kaggels aan die brand, gooi die kussings en komberse daarvoor, en mag jy hierdie naweek die mees romantiese sluwe onderwater, gutterseks ooit hê.

Advertisements

7 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop”

  1. Emil Julie 24, 2009 at 8:12 vm #

    Lekker naweek, DMI. Wat ookal ons verskillende menings, sieninge en ervarings, laat ons tog nooit ophou dink nie. Net 160 dae oor! Wil jy nou meer! Tyd wag vir niemand nie.

    Miskien is dit tyd hierdie naweek vir ontspanning … en om jou laaste wens waar te maak 👿

  2. boendoe Julie 24, 2009 at 9:11 vm #

    Hel, DMI, moenie kla nie. Ek sit tans met so blank space tussen my ore – ek WENS ek kon bietjie dink. 😆

    Lekker naweek, en moet niks doen wat ek nie gaan doen nie. (En SOGS feature verseker nie, ne!) :mrgreen:

  3. Rustig Julie 24, 2009 at 10:08 vm #

    Wel dalk moet jy die naweek so bietjie afskakel en geniet sodat jy genoeg energie het vir die 160 dae wat voorlê. Om soms aan niks te dink is net so goed. Lekker naweek.

  4. Groot Voet Julie 24, 2009 at 10:49 vm #

    160 dae! die jaar vlieg verby en daar is nog so baie wat ek moet inpas in daai orige 160 dae. Moet nou gaan ……

  5. johannes coetzee Julie 24, 2009 at 11:38 vm #

    Hier is ons nuutste Endtime Warning aangaande die begin van Judgment Day op 21 Mei 2011

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/judgment/judgment.html

    (2Kor 2:15-16) Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan; vir die laaste ‘n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ‘n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?

    Mag God elkeen van ons genadig wees.

    johannes

  6. Andrew Julie 24, 2009 at 11:50 vm #

    Wat kan nou lekkerder wees as dink … oja dit. 🙂 Moet net nie die twee gelyktydig doen nie anners word jy vannie bed afgeskop.

    Geniet ‘n morsige naweek.

  7. Louwie Augustus 1, 2009 at 8:27 nm #

    Nou nog net 153 dae oor. Dem, maar dit vlieg. Hoor al “jingle bells” in die verte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: