Ai-toggie-toggie…

27 Jul

Eintlik moet ek maar liewer nie koerante lees nie – Nie die on-line of gedrukte tipe nie. Ek is naderhand so ontsteld dat die koerant nie eers meer goed genoeg is om my kaggelvuur aan die brand te steek nie. Ek wil graag 4 van die stories uitlig –

  1. ‘n Enorme onwettige aborsie ring is in Durban ontbloot. Mense doen hulleself voor as dokters, en doen onwettige aborsies met gesteelde instrumente en medikasie uit die hospitale. Die vrouens word gemiddeld so R1,500 gevra – en dit maak ook nie saak of jy al meer as 12 weke swanger is nie. Die een vrou beweer dat hulle haar R6,000 wou vra, R1,000 vir elke maand wat sy al swanger is. Is dit nie verniet by staatshospitale en klinieke nie? Wel tot op 12 weke ten minste, en daardan met spesiale toestemming?
  2. Ons, die goeie en getroue belastingbetalers betaal amper R10 miljoen jaarliks aan salarisse vir die verskillende koningshuise. Dit sluit natuurlik al die ander voordele uit. Koning Goodwill Zweletini kry byvoorbeeld R40 miljoen per jaar vir huishoudelike uitgawes – en dan gaan die koninklike paleise teen ongeveer R60 miljoen opgeknap word?
  3. Daar is ongeveer 4,000 geregistreerde taxis op die pad, wat onwettige veranderde Toyota Quantum paneelwaens is. Die tipe wat bedoel is vir die aflewering van bokse en grassnyers – nie passasiers nie. Die snaakse is dat ‘n groot gros van hierdie van die taxis is wat spesiale toestemming gekry het om passasiers tydens die Konfederasie Beker te vervoer, met die oog op die 2010 Wêreldbeker volgende jaar.
  4. Die ANC blyk vuur-en-vlam te wees met die beoogde nasionale mediese versekering. Hulle het Vrydag amptelik bekend gemaak dat hulle voortgaan met witskrifte ens. Die plan is om dit teen 2014 te implimenteer, sodat hulle darem seker EEN van die millenium doelwitte kan bereik. Dit blyk dat die enigste manier wat ons regering iets kan regkry is om nog tonne geld in daardie rigting te kanaliseer. DIT WERK NIE. Die Gesondheidsdepartement kry elke jaar meer fondse, en elke jaar gaan die hospitale en dienste net verder agteruit. Maak oop julle oë – die probleem is duidelik nie geld nie. Ek wil nou ‘n klip in die bos gooi, maar vir my is dit so duidelik soos die skrif teen die muur – Die (voorheen) private hospitale gaan oorval word met pasiënte, sodat jy nie eers ‘n pleister vir jou pinkie gaan kan kry nie, want hulle val darem nog nie uitmekaar uit nie. En as ek kyk na die bestuur van die Werkloosheidsversekering Fonds, gaan die Nasionale Mediese Fonds dieselfde paadjie loop, en uiteindelik nie die geld hê om die dokters en klinieke te betaal nie. En dan – Het Suid-Afrika GEEN gesondheidsdienste nie. Ai toggie, daar is darem nog hoop dat ek verkeerd is – maar geskiedenis is moontlik die finale spyker in die doodskis.

5 Responses to “Ai-toggie-toggie…”

  1. boendoe Julie 27, 2009 at 1:14 nm #

    Ja, ek wil ook ophou koerante lees. Maak mens net bleddie morbied. En so kan ek nog 4 artikels bylas wat my DMI gemaak het. 😉

    *sug*

    Net gloom en doom. 😦

  2. boervrou Julie 27, 2009 at 5:04 nm #

    Mens raak so depro oor die al die sake en dan probeer jy nog jou kinders groot kry en HOOP hulle sal ‘n toekoms en werk he. As ek moet dink hoe lyk staatshospitale sidder ek. Oor ander goed skud ek net my kop.

  3. demoerin Julie 28, 2009 at 7:24 vm #

    Dit is😦
    En ek wil ‘n kans waag en voorspel dat volgende jaar se staakseisoen so ‘n maand of 2 VOOR die 2010 Worldcup gaan wees.

  4. Girl van die Suburbs Julie 28, 2009 at 8:04 nm #

    Ek mag dalk arrogant oorkom, dom klink en as oningelig bestempel word…. maar oor ek so swaar kry oor ander se swaar kry en de moer in (hiehie) raak oor die domgeid van ons mense…. Lees ek eenvoudig net nie die koerante nie. Ek gaan le ook in die bad na sewende laan om die nuus te mis… Indien iets dalk my enigsins gaan raak sal vriende my wel inlig…

    Jaja… dom-astrand.. ek weet

  5. boervrou Julie 30, 2009 at 7:52 vm #

    Devloekwoordin, dis heel moontlik! Girly: ek het elke dag die beeld gelees op die net, kanie meer nie, net doodslag en ek bedoel soos in geslag en gejag soos diere, vreeslik!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: