Poepholle Galore

30 Jul

Verdraagsaamheid kom al hoe moeiliker. Dit raak ook al hoe moeiliker om nie te veralgemeen nie. Ek lees gister ‘n verslag van Dr. Rudolph Zin, van die kriminologie departement van UNISA. Hy het oor ‘n tydperk navorsing gedoen oor misdaad en die misdadiger. Hy het ook die geleendheid gehad om heelwat gearresteerde en gevonnisde misdadigers te ondervra. Feit is dat huisbrake met 13.5% toegeneem het, en dat ten minste 30% van die geondervraagdes moord gepleeg het, of erken het hulle sou dit doen indien nodig.

90% is werkloos, en die ander 10% het hulle werk gelos omdat die lewe van ‘n inbreker meer lonend is. Die gemiddelde inbreker sal 103 inbrake oor ‘n sewe jaar periode doen voordat hy gevang word, waarvan omtrent slegs 8% uiteindelik gevonnis word. 65% sê hulle doen dit vir die geld om te spandeer op klere, karre en elektroniese luukshede. Slegs 35% sê dit was ter wille van oorlewing.

Feit is, die inbrekers raak nie net meer gewaagd nie, maar ook al hoe meer geweldadig. Alhoewel uitsprake soos “shoot to kill” van die nuwe kommisaris van die polisie, Cowboy Cele, heel moontlik dalk bietjie meer verduidelikend moet wees, veroorsaak daai klein flikkerende vlammetjie van onverdraagsaamheid amper dat daar ‘n bietjie hoop onder die emmer uit wil ontsnap dat dit meer letterlik, as wat dit bedoel was, opgeneem word.

Elkeen wat geweldadige misdaad al gepleeg het, of wat dit oorweeg, of wat dit beplan….. Jy kry ‘n ereplek HEELBO op die POEPHOL EREROL.

12 Responses to “Poepholle Galore”

  1. boendoe Julie 30, 2009 at 9:06 vm #

    Dink jy hulle gee om? 😉

    Dis scary. Soveel werkloses – HOE de josie moet hulle liggaam en siel aanmekaar hou? Aan die een kant het ek simpatie, maar die geweld wat daarmee saamgaan, maak my ‘n senuweewrak. Ek het al gewonder as jy saans jou tv, dvd-speler, ens, buite los, of dit sal help dat julle jou en jou gesin nie sal terroriseer nie?

    • demoerin Julie 30, 2009 at 11:10 vm #

      Ek glo nie hulle gee om nie. SAD.

  2. Girl van die Suburbs Julie 30, 2009 at 10:11 vm #

    Die kringetjie word al hoe kleiner… al hoe meer mense na aan jou binnekring word geaffekteer. Dit is nie meer snaaks nie… maar nou op ‘n ligter nooit… (as ek mag)

    Vriend van my se baas was in sy huis aangehou… Meneer Dief het vir hulle gese, hy is nie ‘n moordenaar of
    n verkragter nie so hulle hoef nie bang te wees nie. Hy het hulle daar laat sit en op sy tyd deur alles in die huis gegaan. Hy het selfs die simkaarte uit hulle telefone gehaal en vir hulle gelos!!!!! Toe hy klaar is toe se hy, hy is jammer vir die ongerief maar hulle kan dit van versekering af terug eis.

    • demoerin Julie 30, 2009 at 11:11 vm #

      ‘n Smile is altyd welkom as die brein neig om depressiewe rigtings in te slaan.😉

  3. Groot Voet Julie 30, 2009 at 11:22 vm #

    Nogals scary.

  4. Emil Julie 30, 2009 at 12:17 nm #

    Oorweldigend. Probeer Anthony Altbeker se “A Country at War with Itself” lees. Ek het meer as ‘n jaar gelede ietsie hieroor geskryf en dink dit is steeds geldig: http://tinyurl.com/nvwtp9

    Akademici wil die saak baie kompleks maak, maar uiteindelik is dit ‘n kwessie van “consequence,” vermeng met ‘n soort gelykheid in voordele. Ek dink ons agterstand is haas te groot om werklik in te haal, wat beteken ‘n sterk vorm van utilitarisme is moontlik ‘n oplossing as teenvoeter vir die vlaag van misdaad.

    Onthou ook, verdraagsaamheid beteken nie die verdraagsame moet die onverdraagsame aanvaar nie. Dit sal uiters onverantwoordelik wees ‘n vreemde persoon in ‘n vreemde uniform wat oor jou landsgrense sluip met die doel om jou dood te maak, met verdraagsaamheid te hanteer. Verdraagsaamheid en selfverdediging is natuurlik twee verskillende konsepte, en ek dit geld ewe-eens in die geval van huisbraak. Die hartseer is net dat baie van ons sulke sagte teikens is.

    • demoerin Julie 30, 2009 at 1:18 nm #

      Sagte teikens juis!

      Hierdie stuk was nogals interessant:
      Die meeste inbrekers se woonplek/basis is tussen 10 en 30 minute van die huis af.
      Alarmstelsels en reaksie-eenhede word nie regtig as afskrikmiddel gesien nie, eerder elektriese heinings, CCTV en detection beams EN klein kefferbrakkies wat binne die huis bly.

  5. H1N1 Julie 30, 2009 at 1:59 nm #

    Skiet die donners

  6. rosalindfranklin Julie 30, 2009 at 5:25 nm #

    Juffrou: Maak vir my ‘n sin met “poeselig”.
    Die klas sit net ek staar na haar. Stom. Hulle weet niks
    Juffrou: Toe nou ons het dit laas week behandel.
    Jannie: Die diewe wat by ons ingebreek het ,het hulle flits laat val toe se my pa, “hier le die poes se lig nog!”

    scray, flip weetie wat om te se nie.

    ps:
    poeselig, =e; =er, =ste. Sag, mollig. poeseligheid.

  7. Girl van die Suburbs Julie 30, 2009 at 8:24 nm #

    Bwhahahaha Rosa!😆:mrgreen:😆

  8. Die Brein Augustus 2, 2009 at 2:11 nm #

    Soos Girl se die kringetjie word al hoe kleiner, dit kom net nader en nader.Maar hoekom geweldadig word, mense aanrand of vermoor.Sorry ek se ook Shoot to kill.

    Want hulle se as jy kan steel, dan kan jy roof en as jy kan roof dan kan jy moordpleeg, die een lei tot die ander.Mense wat steel om hul honger te stil moet anders hanteer word, die res is fokken misdadigers.

Trackbacks/Pingbacks

  1. The state of things - vengeance, revenge and retribution | A Different View of Reality - Augustus 2, 2009

    […] Hat tip. And here. […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: