Nou wat gaan JOU gelukkig maak?

3 Aug
Foto: Sunday Times

Foto: Sunday Times

Hierdie is een ding wat my die naweek gelukkig gemaak het: The proof is in the pudding! Morne Steyn verdien om die Springbok losskakel te wees. PUNT! (En hy is ‘n Bul natuurlik!)

Peter de Villiers

Peter de Villiers

Waaroor ek eintlik wil skryf. Hoekom is almal so vinnig om kritiek te lewer, gewoonlik alles op die hoofafrigter Peter de Villiers gerig? MAAR, as die Springbok span die Leeus-reeks en twee agtereenvolgende wedstryde teen die All Blacks wen, word daar gesê die pluimpies moet hom nie toekom nie?

Die draad hang baie laag van al die mense wat daarop sit. Maak tog net jou besluit aan watter kant van die draad jy wil wees…. Jy kan nie net die beste van albei kante wil hê nie.

17 Responses to “Nou wat gaan JOU gelukkig maak?”

  1. boendoe Augustus 3, 2009 at 8:47 vm #

    😆 Gelukkig het ek geen uitsprake gemaak nie…

    • demoerin Augustus 3, 2009 at 9:39 vm #

      😆 Ja sekere mense onthou soos olifante!

  2. Jenny Augustus 3, 2009 at 8:51 vm #

    mmmm…. daai is die mooiste prentjie in ‘n lang lang tyd!
    Hoop nou net daai vrek oulike coach het mooi opgelet in die klas…

  3. Girl van die Suburbs Augustus 3, 2009 at 9:05 vm #

    Ag man, die coach se moer. Dit gaan oor die spelers:mrgreen:

  4. rosalind franklin Augustus 3, 2009 at 5:23 nm #

    Mense in SA kan pryse wen in KLA, oor alles. Ons is soos baba’s met broeke vol proef. Dit is ons nasionale stokperdjie.

    • demoerin Augustus 4, 2009 at 6:47 vm #

      Wat my pla is die blerrie gedraadsittery.

  5. Dellie Augustus 3, 2009 at 8:45 nm #

    Eish, ek weet nie, maar ek kan nie konsentreer as daai man begin praat nie. Ek wil net giggel. Ek kan dit nie keer nie. Ek dink nie ek het al ooit iets ingeneem wat hy sê nie. Ek lees dit maar eerder in die koerant. Dis asof ek verwag dat hy enige oomblik in trane gaan uitbars …😆

    Whoo-hooo! Go Morné! HY het my in rillings en hoendervleis ingespeel … 😳 Dit was sooooooo mooi!:mrgreen:

    • demoerin Augustus 4, 2009 at 6:48 vm #

      Kyk, sy PR het definitief BAIE werk nodig, maar dit het gelukkig niks te doen met coaching abilities of nie.

  6. betsieboop Augustus 4, 2009 at 10:21 vm #

    demoerin — ek trippel nou versigtig want my kennis van rugby is scary min — maar is die huidige bokspan nie — give or take a few players — min of meer jake white se span van destyds nie?

    ek onthou ook — en weer trippel ek versigtig — die bokke het eendag gesê hulle ‘coach’ hulself sommer?

    ek weet te min van rugby maar snorre is werklik ‘n vreeslike funny mens. wetend of onwetend. dit maak in my mening nie van hom ‘n slegte mens nie — maar hoe motiveer jy ‘n span as jy ‘n relaas lewer in plaas van kort en kragtig jou mening lug?

    en aangesien ek nou ‘n relaas gelewer het … sal ek afsluit met

    mornE jou biscuit !!!!!!

    • demoerin Augustus 4, 2009 at 11:16 vm #

      Dit gaan tot ‘n mate nie net altyd oor die spelers nie, maar ook die opponente. Wie is in hulle span en hoe benader hulle ‘n wedstryd terwyl jy jou eie game-plan doen.
      Dit is nie sommer net vir uithardloop op die veld en altyd dieselfde spel speel nie.

      • betsieboop Augustus 4, 2009 at 11:28 vm #

        demoerin — ek sien jou lippe beweeg maar hoor geen klanke nie 😆 😆

  7. Emil Augustus 4, 2009 at 10:37 vm #

    Daar steek meer in die Peter de Villiers was wat ons dink. Sy stemmetjie beteken nie iemand het sy balas afgetrap nie. Hy hey guts.

    Ek dink daar word maar net gekla omdat almal so graag wil.

    Maar kla en kritiek is darem ook twee verskillende dinge. My grootste kritiek was dat hy nie die beste losskakel in die land van die begin wou kies nie. Nou dat hy het, is hy vindicated. My ander kritiek was dat hy so met Schalk Burger verseg het. Met Brussouw se uitsekende spel is hy vindicated.

    Nou, as hy nou weer dié Saterdag vir Steyn op die bank gaan begin, sal ek weer kritiek hê.

    • demoerin Augustus 4, 2009 at 11:14 vm #

      😆 Wyse woorde…. hopelik hoef ons nie weer te kritiseer nie!

  8. meermin Augustus 4, 2009 at 11:16 vm #

    Alo vreemdeling … skuus ek is so stil maar ons werk ons gaaie af, laasweek het my peecee gestaan … virus gehad … ek probeer opvang maar dit is baie makliker gesè as gedoen, ek lees maar so hier en daar … te veel blogs te min tyd !!!

    Leka dag vir jou!!

    Tarra oor en uit!!🙂

    • demoerin Augustus 4, 2009 at 11:17 vm #

      Sjoe, as jy nie doodwerk nie sit jy met virusse – stadig oor die klippe meermin…

  9. Girl van die Suburbs Augustus 4, 2009 at 12:44 nm #

    Ek wat mos nou 10 000 rugby wedstryde gespeel het glo nie die coach het so baie met ‘n span se dinamika uit te waai nie. Is ek reg of is ek reg?😕

  10. Die Brein Augustus 6, 2009 at 8:34 nm #

    Aag almal verdien `n pluimpie almal het `n vinger in die pie gehad van Pieter tot Morne.Ek kan nie kla nie, ons moet net die Ausies Saterdag wen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: