Toe saal ek ‘n wilde perd op….

5 Aug

Ek weet nou nog nie lekker wat my besiel het nie. Ek het gedink ek saal ‘n oulike skimmel perdjie met die naam Buttons op. Dit blyk toe eintlik ‘n blinkswart, half-wilde hings met die naam Hellraizer te wees.

Ek het besluit om uiteindelik my musiek op my rekenaar te laai, en playlists te maak. Ek dink ek het dit so bietjie onderskat hoeveel musiek ek regtig besit, en dat dit nie net ‘n een of twee dag projek gaan wees nie. Maar, ek is gelukkig nie die tipe persoon wat ‘n ding begin en dit nie klaar maak nie, ek leer wel uit my foute en dit mag dalk gebeur dat ek dit nie WEER doen nie.

Dit is egter ongelooflik om deur die CD’s te gaan, en te besef oor watter invloed musiek op mens se lewe kan hê. Daar is CD’s wat ek jare laas geluister het. Jy gooi hom in die speler, en dan kom ‘n lied op wat dadelik herinneringe na vore bring. Geluk, hartseer, vakansie, eerste liefde, die laaste liefde, mooi, dronkverdriet, roadtrips. Ek is hierdie laaste paar dae op ‘n wille weste rollercoaster ride op die rug van Hellraizer, op die maat van Tiffany se I Think We’re Alone Now…. (Eerste Liefde)

Tiffany

Tiffany

20 Responses to “Toe saal ek ‘n wilde perd op….”

  1. boendoe Augustus 5, 2009 at 7:36 vm #

    Aaahh…welcome to the club, DMI! 😆

    Dis ‘n onding om na musiek te luister as jy op die rekenaar besig is. Soveel emosies… 😯 En as jy boonop besig is om te blog…verwag groot probleme… :mrgreen:

  2. betsieboop Augustus 5, 2009 at 10:19 vm #

    is lekker om so ‘down memory lane’ te stap!!!

    sit jy my nou aan die dink aan ou liedjies. circles in the sand! ai jaai jaai waar is my dae !!!

    • demoerin Augustus 5, 2009 at 3:19 nm #

      😆 O jaaaa, Ou Belinda Carlisle

  3. Girl van die Suburbs Augustus 5, 2009 at 10:46 vm #

    Ja nee, nes Boendoe daar se! Ek halleluja nou net van gister af.

    Ahem…. Ek kry ook sulke bevliegings en raak baie kwaad vir myself oor ek nie beplan nie. Ek is baie impulsief en dalk dan nog kompulsief…. Ek moet werklik eers ‘n bevlieging kry voor ek ‘n taak aanpak.

    Ek onthou ou Tiffany goed! Ek reken ek was standard 4 of 5 met haar groot hits? Moet gaan google net om seker te maak. Magies, maar sy is mooi!

  4. boervrou Augustus 5, 2009 at 10:56 vm #

    Wonder waar is Tiffny in die wêreld…

    • demoerin Augustus 5, 2009 at 3:22 nm #

      Blykbaar het sy ‘n comeback gemaak op die dansmusiek scene in Amerika.

  5. Dellie Augustus 5, 2009 at 11:15 vm #

    Ai, daai song bring self v my memories terug – verlief, verlore, jonk …:mrgreen:

    Ek sit partykeer Sondae aande so en musiek luister – al my gunstelinge – nooit ‘n hele CD nie – dit word so uitgepik tussen alles. Pure lekkerte.😉

  6. Emil Augustus 5, 2009 at 2:10 nm #

    Wow, ek het dieselfde gedoen. Die iTunes so bietjie georganiseer. Ek het al vergeet watter musiek ek het. Dit is lekker om dit te herbesoek.

    Billy Ocean, Duran Duran, Visage – lekker 80’s stuff!

    • demoerin Augustus 5, 2009 at 3:23 nm #

      Dit vat net MOER lank, aangesien ek nou eers almal wil laai en dan playlists maak… waarin ek myself begewe het…

    • demoerin Augustus 5, 2009 at 3:24 nm #

      Ek onthou Billy Ocean se Get Out Of My Dreams, Get Into My Car….😆 Ek dink dit was nog op Pop Shop 35 of 36, of so iets?

      • Emil Augustus 7, 2009 at 8:17 vm #

        Dit vat baie lank, ja!

        Pop Shop 35 of 36!😆 Dit was seker op Pop Shop nog vóór die nommers begin het!

  7. Andrew Augustus 5, 2009 at 2:26 nm #

    De^m maar daai rooikop is oulik. Ek dink ek sal later vanaand ‘n Depeche Mode of Terri Amos CD opsit terwyl ek ‘n borrelbad vat vir die Kaapse koue. Dankie Rustig vir die jou blink idee daar op Emil se blog.

    • demoerin Augustus 5, 2009 at 3:26 nm #

      Ek het net die ander dag vir my Depeche Mode DVD gekoop, Ek dink Touring the Angel… hulle bly maar favourites.

  8. Sonkind Augustus 5, 2009 at 2:47 nm #

    DMI – ek het 32 CD’s vol mp3’s wat ek moet deurgaan. Kan ek dit vir jou stuur om vir my uit te sort?!😆

    • demoerin Augustus 5, 2009 at 3:25 nm #

      Good Luck😉

    • Andrew Augustus 5, 2009 at 3:28 nm #

      Dit is hoe Sonkind praat in die regte lewe. En as sy so iets klaar gese^ het dan lag sy van oor tot oor.😆

  9. Die Brein Augustus 6, 2009 at 8:30 nm #

    Ons het een ding in gemeen en dis musiek. Ek het meer as 300 gig se musiek op my rekenaar, dis ongeveer 130 000 songs.Wil jy kom copy?Vanaf 19voetsek tot nou alle genres, behalwe Jazz.

  10. Wipneus! Augustus 11, 2009 at 5:06 nm #

    Ek is mal oor musiek, kan nie werk as daar nie musiek speel nie. En glo vir my dis alles mooi gesort in jaar en genre!!😉 Het my ‘n ewigheid geneem!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: