Refleksie

11 Aug

IMGP1380Daar is nie beter antibiotika vir die siel as die bos, en ‘n rivier met lopende water nie. Spandeer bietjie tyd langs lopende water en reflekteer oor  jou lewe. Dink aan alles wat jou lewe beïnvloed, aan alles wat klaar ‘n merk gelos het, en aan jou drome. Stilte, sonder afleiding, bied geleendheid om jou lewe, jou menswees, in perspektief te beskou onder ‘n vergrootglas. Jy besef weereens dat jy nie in ‘n lugblasie lewe nie, en dat niemand beloftes gemaak het dat alles maklik gaan wees nie.

Jy is nie die enigste klip in daardie rivier nie, en die water gaan aanhou om jou te vorm. Daardie water kan die vorm van geluk, hartseer, pyn of vreugde aanneem. Dit is die lewe, in beter perspektief.

IMGP1382

Jy mag dalk selfs iewers op jou pad die “Bermuda Triangle” raakloop. (Daar is geen oorblyfsels van enigiets wat verdwyn het nie.) Dit voel soms die of lewe jou wil insluk en halfgekou iewers wil uitspoeg. Dit is in hierdie tye wat jy alleentyd moet inruim, en alles net weer bietjie uit ‘n ander hoek in oënskou moet neem.

Moenie kla oor die dinge wat jy nie het nie, verheug jou liewer in die voorregte wat jou beskore is….. daar IS ALTYD iemand met minder.

11 Responses to “Refleksie”

  1. boendoe Augustus 11, 2009 at 9:08 vm #

    Kry ek sommer hoendervleis. Jy praat ware woorde, DMI.

  2. Dellie Augustus 11, 2009 at 9:34 vm #

    Mooi geskryf.😉

  3. parkes1 Augustus 11, 2009 at 9:37 vm #

    Baie mooi stuk!!

  4. betsieboop Augustus 11, 2009 at 10:48 vm #

    ai dmi …. ek ‘hoor’ wat jy sê…. dankie vir die ligte tikkie agter die kop dat ek weer onthou …

    • demoerin Augustus 12, 2009 at 6:32 vm #

      Yip, volgende keer dalk meer as ‘n tikkie… wees gewaarsku😆

  5. Emil Augustus 11, 2009 at 12:07 nm #

    Dankie hiervoor! Om te lewe is eintlik ‘n wonderlike avontuur!

    Daar is inderdaad waarheid in die wyse aanmaning van Eleanor Roosevelt: “The purpose of life, after all, is to live it, to taste experience to the utmost, to reach our eagerly and without fear for newer and richer experience.”

    Ek hoop jy het ‘n goeie week.

    • demoerin Augustus 12, 2009 at 6:34 vm #

      Yip. Een groot wonderlike rollercoaster-ride met baie ups and downs.

      Ek hoop ook die week verbeter…. my neus is iets soortgelyk aan die vloeiende water in daardie rivier op die oomblik.

  6. Sonkind Augustus 11, 2009 at 12:07 nm #

    Dankie DMI🙂

  7. Wipneus! Augustus 11, 2009 at 5:03 nm #

    Baie nice inskrywing, dankie Dm!!!

  8. Girl van die Suburbs Augustus 11, 2009 at 5:28 nm #

    Jip, ek beaam wat almal hier se… ons vergeet so maklik dat ons in genade so baie ontvang het.

    Hoop jy voel al beter en het weer krag vir die week wat voorle!

    • demoerin Augustus 12, 2009 at 6:35 vm #

      Ek het baie meer tissues as krag op die oomblik nodig😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: