WEW…29 en 30/52… en die Poephol Ererol

19 Aug

Goed…. te veel rustyd gee ook baie tyd vir die brein om te wonder. Waaroor ek hierdie week wonder:

  1. Stakers kan die strate invaar, asblikke omgooi en winkelvensters breek, maar ‘n groepie betogers buite ‘n dwelmhandelaars-huis word gearresteer. Is dit omdat dit maklikers is om ‘n klein groepie te arresteer? Of sou die kleiner groepie ook in vrede gelos gewees het as hulle skade aan eiendom aangerig het?
  2. Mens sny nie jou neus af omdat jy kwaad vir jou gesig is nie. Waarom word ‘n stadion beskadig omdat jou span jou kwaad gemaak het? Is dit ‘n “kulturele” ding dat jy maar kan beskadig omdat dit nie aan jou behoort nie… of dalk omdat dit ‘n rugbystadion is…. of of ….? Ek verstaan dit nie.

Ek kan dit nie lekker kop nie. Dit is asof daar ‘n algemene aanvaarding is dat jy nie respek hoef te toon vir dinge wat nie aan jou behoort nie. Dit is soos ‘n siekte wat nie pille het nie, en wat vinniger as varkgriep versprei. Dink byvoorbeeld daaraan hoe versigtig jy moet wees, en die keuringsproses wat jy moet deurgaan om ‘n eiendom aan iemand uit te huur. Het julle al gesien wat party huurders met ‘n eiendom aanvang, net omdat dit nie hulle s’n is nie?

Ek wil ‘n klip in die bos gooi, en ‘n aanname maak dat hierdie ook die tipe mense is wat nie respek vir ander mense kan toon nie. En om daardie feit is dit uiters moeilik vir my om te probeer om jou te respekteer, nie eers te praat van verdraagsaam wees nie. En daarom, net omdat julle my lewe moeilik maak, omdat ek wil probeer verdraagsaam wees, kry julle sommer almal hierdie week ‘n spesiale plekkie… Op die Poephol Ererol. Welkom, moet nou net nie die ererol beskadig nie.

18 Responses to “WEW…29 en 30/52… en die Poephol Ererol”

  1. boendoe Augustus 19, 2009 at 7:36 vm #

    😆😆 Ek hoop daai ererol is ge-laminate?:mrgreen:

  2. betsieboop Augustus 19, 2009 at 9:42 vm #

    😆 wanneer laas het ek ‘n lys gehaal !!!:mrgreen:

    • demoerin Augustus 19, 2009 at 10:41 vm #

      Wat het jy gebreek?

      • betsieboop Augustus 19, 2009 at 11:07 vm #

        😳 ek mag nie sê nie

  3. Emil Augustus 19, 2009 at 9:54 vm #

    Amen. Chiefs se gedrag was onverskoonbaar. Hulle is darem voor die tugkommitee en sal seker goed beboet word. Maar die ouens wat die skade aangerig het, kom weg. Hulle moet daardie mense eintlik identifiseer, en verban – soos in Europa.

    Dan weer, dit is Nuweland, die tuiste van daai ander spannetjie😉

    Die respek ding is werklik ‘n issue. Dit gaan inderdaad oor waardes, en ongelukkig is dit waar die ouers reeds ‘n rol moet speel. ‘n Lang pad nog, seg ek jou!

  4. demoerin Augustus 19, 2009 at 10:42 vm #

    ‘n Baie lang pad….. met menige dorings besaai!

  5. betsieboop Augustus 19, 2009 at 11:09 vm #

    @ emil & DMI – my nederige mening. voor mens nie leer om vir jouself respek te hê nie, gaan die pad tot in der ewigheid nie klaar geloop kan word nie.

    ek hoor gereeld dat ek by tye te ‘hard’ is op die kiddies, maar ek kan met trots sê dat hulle wel respek het vir huself en ander mense.

    dit is nou maar tyd dat elkeen net bietjie hand in eie boesem slaan en probeer red wat te redde.

  6. demoerin Augustus 19, 2009 at 11:27 vm #

    Korrek. Soos Emil sê – Dit begin by die ouers, en ons is obviously nou al ‘n paar generasies agter, en dit lyk nie of dit beter word nie.

  7. Girl van die Suburbs Augustus 19, 2009 at 1:57 nm #

    Dis vir my te goed dat mense goed moet breek om beter te voel oor die situasie of hulself. Ander weer breek sommer hul buurman se moed en vetrap hul spirit!

    Ek weet dis inhirent in elkeen se mens wees, maar hoekom?

    • demoerin Augustus 19, 2009 at 5:06 nm #

      Ek wens ek het die antwoord geweet… ek is seker daarvan dit is nie 42 nie…. of miskien is dit?

  8. Andrew Augustus 19, 2009 at 3:04 nm #

    Mag taxi bestuurders aansluit by jou ererol?🙂

    • demoerin Augustus 19, 2009 at 5:08 nm #

      Ons is besig om goed te bou aan die ererol…. ek dink daar is nog nie taxi-bestuurders nie, want ek kry nie so baie van hulle op my daaglikse pad nie😆

      • Emil Augustus 20, 2009 at 3:13 nm #

        Wat! Ry jy in een😆

  9. Jenny Augustus 19, 2009 at 3:19 nm #

    DMI, weet jy, ek dink nogal dis die hele probleem met Afrika. Heg geen waarde aan niks nie, dis presies hoekom Afrika niks besit wat van waarde is nie. ‘n Kultuur ding, ongetwyfeld.

  10. koeksister Augustus 19, 2009 at 3:24 nm #

    Hoekom dink mense wat maatskappy voertuie ry, hulle kan dit deur hulle gatte trek? Dit gaan my verstand te bowe.

    As jy met ‘n ander man se kar ry, moet jy mos mooi na hom kyk, dis tog allermins jou naam wat op die spel is.

  11. demoerin Augustus 19, 2009 at 5:07 nm #

    As almal maar nou net so gedink het. As jy ‘n ding gebruik wat nie aan jou behoort nie pas jy hom op.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: