‘n Nuwe Suid-Afrikaanse Hero!

20 Aug

Caster Semenya

Caster Semenya het die ander deelnemers oor die laaste 200m in gisteraand se 800m finaal laat lyk asof hulle parkering soek. Dit alles te midde van die moerse bohaai wat oor haar kop hang oor die feit dat sy gevra is om ‘n geslagstoets te ondergaan… ‘n ongelooflike bewys van karakter dat jy wel bo kak kan uitstyg wat om jou aangaan. WEL GEDAAN!

Die enigste vrouens in wêreld-atletiek deesdae wat nog vroulik lyk is die wat lang afstande hardloop of aan hoogspring deelneem…. en dalk die wat altyd laaste kom.

Nog erger vir my is die feit dat as Usein Bolt stof in almal se oë skop, word hy geprys as ‘n ongelooflike atleed, maar laat ‘n girl uit ‘n plaasdorpie in Limpopo dit nou doen…. dan moet sy sekerlik ‘n man wees. Kak man.

Maria Mutola was altyd my gunsteling vroue-atleed van alle tye….. nie meer nie.

11 Responses to “‘n Nuwe Suid-Afrikaanse Hero!”

  1. meermin Augustus 20, 2009 at 12:39 nm #

    Sy lyk vir my soos ‘n hy of kyk ek heeltemal verkeerd?😯

    Lekker middag verder :dermoerin:

  2. meermin Augustus 20, 2009 at 1:17 nm #

    Dit is maar stil hier by jou, gaan loer gou gou as jy kansie kry weer daar by my in … HANDE IN DIE HARE!!

  3. Girl van die Suburbs Augustus 20, 2009 at 1:36 nm #

    Jeeez hoor… Ekke dink daai maagspiere…. Laat mense twyfel!🙄

  4. Emil Augustus 20, 2009 at 8:03 nm #

    Maria Mutola was ook nie mooi – en niemand het gedink sy is ‘n man nie.

    • Andrew Augustus 21, 2009 at 10:34 nm #

      So ook nie Whoopi Goldberg nie. Miskien nie ‘n atleet nie maar sy het uitgestyg in ‘n industrie waar tiete, looks en ‘n die regte lyf belangrik is.

  5. kaalvoetinireen Augustus 21, 2009 at 12:29 vm #

    Ek verstaan ook nie hoekom die mense so bohaai opskop nie…dalk moet hulle dan sommer vir Bolt ook toets. Ek dink sy bloed is groen😉

  6. parkes1 Augustus 21, 2009 at 8:59 vm #

    Lyk maar vir my ook soos n man!! Of iets het verseker verkeerd geloop!

  7. Pagoda32 Augustus 21, 2009 at 9:11 vm #

    Jy moet erken – sy (hy) lyk soos ‘n weltergewig bokser met daai sixpack en bo-arms!

  8. rosalindfranklin Augustus 21, 2009 at 5:31 nm #

    Emm jammer, maar regtig hoekom steorotipeer ons alewig mense oor hoe hulle flippen lyk????
    En wie besluit wat is “reg lyk” en “verkeerd lyk” wie is die judges van alles en waar word die streep getrek.

    Sorry, maar ek dink sy is flippen great, ‘n stunning atleet en nes jy se DMI ons nuwe SA hero.

    Ek gee nie om hoe sy lyk nie, sy het vir ons die enigste, let wel, medalje gekry, iets wat nie die ander kon dien nie, well done Casta!

  9. rosalindfranklin Augustus 21, 2009 at 5:32 nm #

    Pagoda: “Jy moet erken – sy (hy) lyk soos ‘n weltergewig bokser met daai sixpack en bo-arms!”

    jammer — al die vroue wat 100m, 200m en hekkies hardloop het die afgelope 15 jaar sulke spiere, ons is nie fair teenwoor Casta Semenya nie.

  10. demoerin Augustus 24, 2009 at 7:05 vm #

    Presies…. en as ek sy was sue ek nog die IAAF vir die totale onsensitiewe manier hoe hulle die ding hanteer het…. naamskending se moses!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: