Die Week in ‘n Neutedop….

21 Aug

IMGP0838-1

Ek het vir meer as ‘n week met ‘n snotaanval geworstel…. en met die hope werk op my lessenaar. Hierdie naweek is ‘n seëning… Ek wil net boggerol doen. In my afwesigheid is die blogosfeer weer op sy kop gedraai. Iets te doen met ‘n e-mail, ek ken nie eers die hele storie nie. Maar so leer ons seker maar lesse ook.

Wees baie versigtig wat jy aan wie sê. Gaan baie versigtig om met inligting wat vertroulik aan jou meegedeel word. Moenie meegesleur word met dinge wat jou nie aangaan nie. Herkou woorde voor jy hulle spreek of op papier sit. Dink twee of drie keer voor jy woorde uitlaat. Die belangrikste is wanneer jy lesse leer, in watter vorm ookal – om dit ter harte te neem – en nie jou kop twee keer te stamp nie, want dan kan jy net jouself blameer. (Dit maak ook geen verskil in watter taal/dialek/slang die woorde is nie😉 )

‘n Wegbreek is dalk net wat jy nodig het. Ek dink dit is met hierdie verandering van die seisoene dat ons dalk so moeg en uitgeput voel. As dit nie so is nie, klink dit nog steeds na ‘n goeie verskoning. Plaas toe. Bos toe. ‘n Plek waar jy kan doen wat jy wil, sonder geligte wenkbroue. In die oggend op ‘n fiets kan klim, of voetslaan vir kilometers – sonder enige beplande bestemming. Iewers waar daar niks aangaan nie, aanhoudend. Waar jy jou klere kan uittrek en ongehinderd in die dam of stroom kan swem. Waar jy afgesny is van die buitewêreld, waar daar nie televisies is nie – en die selfone nie opvangs het nie. Stilte. Net jy en jou gedagtes. Ons springclean so graag ons huise, jou liggaam en brein het dit OOK nodig. En wie weet, daar wag dalk ‘n verrassing om elke hoek en draai😉 , en jy mag dalk kaalvoetloop weer GENIET. Doen dinge daar wat jy nie gewoonweg in jou dag sou doen nie… jy mag dalk verkies om ‘n slak dop te hou – vir ure, maar hoekom nie?

Vrouens mag dalk net die visie ontvang van hoe om mans te verstaan. Dit is nie moeilik nie! Mans mag dalk wel…. watookal, verstaan hoekom hy nie met ‘n stripper/paaldanser getroud is nie?

En dan natuurlik kan alle inhibisies in die wind gegooi word in die privaatheid van die bos of plaas…. daar is kilometers se private en onverkende spots…. My beste wense vir ‘n naweek gevul met die beste, sluwe, onderwater gutterseks.

9 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. boendoe Augustus 21, 2009 at 7:54 vm #

    😆 Jy gooi my elke keer van track af met daai SOGS… :mrgreen:

    • BB Augustus 21, 2009 at 11:36 vm #

      Verskoon tog maar vir Boends – sy’s tans nog ge-ration – maar kom volgende Vrydag – omannoman!!! Dan’t sy weke se naweekwense om in te haal!!:mrgreen:

      • boendoe Augustus 21, 2009 at 12:21 nm #

        Haai, Beebs! 😳 Ek’s mossie daai tipe girl nie…jy weet mos… :mrgreen:

  2. meermin Augustus 21, 2009 at 8:57 vm #

    Dmi skoonpa het ‘n plan van aksie met die man wat my nie betaal vir die Uno nie en as dit nie werk nie, my plan …

  3. Pagoda32 Augustus 21, 2009 at 9:13 vm #

    😉

  4. BB Augustus 21, 2009 at 11:35 vm #

    My snotneus laat nog nie daai onderwater gedeelte, of inhibisielose privaatplekke toe nie😦 (Mother nature has her knife in for me and I’d better stay under (the) cover…

  5. Girl van die Suburbs Augustus 21, 2009 at 11:23 nm #

    Oeg… Die agter os kom ook in die kraal.. Phew!

    Naand oukie. Hoop jy voel darem al beter! Ek stem saam Boends… maar ek wil weet…. waar leer ‘n mens van dit?😉

  6. koeksister Augustus 22, 2009 at 11:59 vm #

    Bly jy voel beter, geniet die sonskyn -naweek .

  7. boervrou Augustus 25, 2009 at 11:50 vm #

    Sjoe jy bring altyd al die blog-stukkies so mooi bymekaar en dit maak verbasend goed sin!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: