Die WIL, bo alles…

24 Aug

800px-Flag_of_the_United_States_svg

Die Verenigde State van Amerika het ‘n populasie van 300,000,000. Die GDP per capita is ongeveer $45,000. Amerika het 22 medaljes op die IAAF kampioenskappe gewen, 1 vir elke 13,6 miljoen inwoners. 10 van daardie medaljes was goud, of 1 vir elke 10 miljoen populasie.

600px-Flag_of_Jamaica_svg

Die Karibiese eiland, Jamaica het ‘n populasie van amper 3,000,000 mense, 100 maal minder as Amerika. Die GDP per capita vir Jamaica is ongeveer $7,500 (6 maal minder as Amerika). Jamaica het 13 medaljes gewen, ongeveer 1 vir elke 230,000 inwoners. 7 van hierdie was goud, dus ongeveer 1 vir elke 428,000 inwoners. Twee van hierdie goues is dan ook natuurlik gekoppel aan wêreldrekords in die 100m en 200m vir mans.

Amerika het al die geld EN al die fasaliteite, tog kan ‘n klein Karibiese eilandnasie hulle ore aansit.

Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Mens moet nooit moed opgee, nog voordat jy probeer het nie. Die mens is ‘n ongelooflike komplekse wese, met  die regte gesindheid en die wil kan wondere verrig word. Medaljes is die viagra vir nasietrots, en nasietrots is aansporing vir die jeug. As Jamaica jeug-atletiek kampioenskappe elke jaar hou, is daar ten minste 30,000 inskrywings!

(PS. Ek moet ook net noem dat Suid-Afrika se twee goue, en 1 silwer medalje ons negende op die medalje-lys plaas, 1 plek BOKANT Australië!)

9 Responses to “Die WIL, bo alles…”

  1. bellavertel Augustus 24, 2009 at 9:59 vm #

    Sjoe…Dit wil gedoen wees. Ek dink selfs ons kan by hulle leer!

    Ek dink dit gaan oor hulle nasionale “tabak” consumption😀

  2. Girl van die Suburbs Augustus 24, 2009 at 10:01 vm #

    Sjoe…Dit wil gedoen wees. Ek dink selfs ons kan by hulle leer!
    Ek dink dit gaan oor hulle nasionale “tabak” consumption😀

  3. boendoe Augustus 24, 2009 at 12:46 nm #

    Enige plek bo Australie is goed genoeg vir my. :mrgreen:

  4. koeksister Augustus 24, 2009 at 1:19 nm #

    Stem saam met Boendoe, solank ons die Australiërs net wen is ekke happy.

    Het jy al “Cool runnings” gekyk. Ware verhaal van die Jamaicans se bobsled team in 1988, hulle het nou nie gewen nie, maar as jy daaran dink, hulle het nie eens sneeu nie, het ge -oefen op grasheuwels tussen wuiwende palmbome. Die Jamaicans het definitief cuts.

    • demoerin Augustus 25, 2009 at 6:56 vm #

      Ek kyk dit ELKE keer wat dit weer op TV kom!

  5. aikona Augustus 24, 2009 at 1:47 nm #

    Moenie vergeet dat Karin ( ex RSA) ook ‘n medaille in die verspring gekry het.

    Stem saam die vergelyk usa – jamaica maar baie van die atlete leer/oefen in die VS

  6. demoerin Augustus 25, 2009 at 7:00 vm #

    😆 Boendoe – Ek stem saam – en elke keer as enige ander land ‘n Amerikaner gewen het het my tone omgekrul van lekkerte!

    Aikona – miskien waar, maar die wil word geskep, en dit is hoekom hulle tot 30,000 inskrywings vir junior atletiek byeenkomste het.

  7. Johan Swarts Augustus 26, 2009 at 5:06 nm #

    Jamaica ftw!

    Ek stem heeltemal saam. The will to power!

    • demoerin Augustus 27, 2009 at 7:42 vm #

      Presies. Met ‘n bietjie aansporing kan die mens met die wil wondere verrig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: