Die Week in ‘n Neutedop

28 Aug

IMGP0838-1Ek hou nie van kerm en kla nie. Veral nie in ‘n week waar ek my tweede piekieverhaaltjie neergepen het, en agtergekom het hoeveel pret ek kan hê as ek net probeer onthou wat in my kop aangaan. Maar dan kom daar weke waar my verdraagsaamheid ‘n gedaanteverwisseling ondergaan. Ek wens daar was ‘n maklike manier om hierdie man stil te hou.

Julius Malema is besig om Suid-Afrika soos poepholle te laat lyk. En Liewe tannie Winnie moes natuurlik haar straaltjie ook kom bypis. Hierdie hele Caster Semenya sage is nou in ‘n politieke sirkus verander. Ek probeer regtig so verdraagsaam moontlik te wees, maar hierdie man is ‘n klip met ‘n groot mond en geen brein nie. Jy kan nie sulke kaf wil kwytraak nie, en ek kan nie verstaan dat die ANC bestuur dit net laat gaan nie. (Miskien sal dit veiliger wees om hom te verbied om enigiets anders as die WEER te bespreek) Ons is deel van die IAAF, wil hulle hê Suid-Afrika moet weer uitgeskop word? Ons is onderworpe aan hulle reëls en regulasies. Maar dit blyk duidelik weer dat reëls vir sekere mense min beteken, want dit het NIKS met rassisme te doen nie (Gelukkig het hy nie apartheid blameer nie, want dan was ek seker vandag opgesluit). Kan die man nie verstaan dat solank as wat jy die rassisme kaart speel, gaan dit definitief in ons samelewing bly voortleef (Hy was hierdie week definitief die houtkapper gereinkarneer)? En dit is eintlik belaglik snaaks dat hy nou eweskielik vir die vrou se regte opstaan!!

En dan kon Tannie-Winnie-Ek-Leef-Op-My-Eie-Planeet en sy bulder voor die wêreld uit dat sy nie sal toelaat dat Caster aan die toetse onderwerp word nie. Weereens geen bekommernis oor regulasies nie…. EN NOG ERGER – Die flippen toetse was al klaar gedoen. Net ‘n bewys dat sy nie ENIGSENS die atletiek of die sage om Caster gevolg het nie, en dat daar idiote in hierdie land is wat nie my verdraagsaamheid verdien nie. Dit sal tog so lekker wees as mens net jou vingers kan klap…. en POEF!

Goed, noudat ek klaar gevent het…. kan ek hierdie week rustig en met ‘n goeie gemoed afsluit. Ek sal vandag die hele dag my theme song neurie, en uitsien na die rugby more – En ek dink sommer ek sal ‘n varktjoppie op die kole gooi. Lente is in die lug! Ek kan dit sommer ruik! En dalk is dit nou die tyd om van daardie winter padding ontslae te raak. Terwyl oefening en reg eet seker die enigste beproefde manier is, kan jy dit blybaar ook deesdae doen deur slegs lip-ice aan jou lippe te smeer. Ai, die geldmakertjies darem maar!

Blykbaar moet die leer en boeie weggegooi word, wel miskien kan jy die whip hou… en moet jy nou ‘n saal aanskaf. En sonder enige verdere nonsens-praat van my kant af – ‘n Wonderlike naweek aan een en elk gevul met ongelooflike sluwe, onderwater, gutterseks – Rodeo-style – HEEEEEHAAAAAA.

13 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop”

  1. betsieboop Augustus 28, 2009 at 8:44 vm #

    have a good one DMI !!!!!!!!

  2. katjiepiering Augustus 28, 2009 at 9:50 vm #

    jy skryf so goed

  3. Andrew Augustus 28, 2009 at 9:58 vm #

    Ek dink nie die IAAF is eers bewus van Julius The Boy Scout Captain se komentaar nie.

    Die grootste vernedering hierdie week vir my was ons land se soldate wat gestaak het. Ek sweer as ‘n oorlog uitbreek sal hulle weer staak.

    Daai een komentaar van jou oor die wolke op Sonkind se blog beteken jou ligaam probeer iets vir jou se^. Van die beste SOGS hierdie naweek.😆

    • demoerin Augustus 28, 2009 at 4:17 nm #

      Dit was egter oor die wêreldnuus verkondig. Poephol.😆 Ons weermag is net so ‘n sirkus….

  4. meermin Augustus 28, 2009 at 12:49 nm #

    Excellent Demoerin, lekker naweek vir jou.😉

  5. Wipneus! Augustus 28, 2009 at 3:09 nm #

    En dis hoekom Demoerin se naam demoerin is. 😆

    Lekker naweek hou!

    • demoerin Augustus 28, 2009 at 4:17 nm #

      Dis net sekere mense wat dit regkry om my so om te krap.

  6. demoerin Augustus 28, 2009 at 4:21 nm #

    😳 sien nou eers ek het die link van die perdry vergeet…

  7. rosalindfranklin Augustus 28, 2009 at 4:40 nm #

    Julius loslip aiaiaiaiaiaiaaiaiai

  8. eelt Augustus 29, 2009 at 5:54 nm #

    Boendoe man het my gevra om hierdie te versprei aan haar blog gesin:

    Ok, Boendoe is weer weg, daar gaan nou baie navrae en soektogte wees.. Die rede hoekom sy haar Blog delete het is ek ( Wisecrack).Haar man vir die wat dit nog nie agtergekom het nie.Soos seker die grootste deel van haar blog gesin, het ook ek gaan soek na haar nuwe blog.Baie gevind wat kon relate en haar oor n paar gekonfronteer.( Geen privaatheid of eie identiteid gegun nie.)

    Baie harrass en onreg aangedoen. Is seker sy is met n klomp van julle in kontak op e pos, vir die wat nie is nie, hoop sy begin weer gou post.

    Wat meer kan ek se, mis haar blog net so veel as almal.

    Wisecrack.

    Ps, ek is die bad guy hier, nie BOENDOE nie

  9. Girl van die Suburbs Augustus 30, 2009 at 11:22 nm #

    Ja, ek is saam jou op die ene… vroueregte?

  10. Johan Swarts September 1, 2009 at 1:27 nm #

    you have been challenged to a tag!

Trackbacks/Pingbacks

  1. Afrikaanse blogsensus: g0g0g0! | Johan Swarts se bl0g - September 1, 2009

    […] mense tag om dieselfde te doen. Om die bal aan die rol te kry, tag (wheeeee!) ek vir Flippiefanus, Demoerin, Emil Jung, Ding en […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: