Klein Dingetjies

31 Aug

IMGP1391Klein dingetjies my vriende, klein dingetjies. Dit is al wat dit vat om my gelukkig te maak. En tog ontspoor die trein partykeer en kan ek so maklik saamgesleur word in die klastroom. En as jy eers in die klastroom is word jou geluk verskans.

Sit rustig terug en dink aan al die wonderlike boustene wat JOU lewe opmaak. Die seëninge wat daagliks ons lewe verryk. Ek het definitief meer as vele ander oor die wêreld. As jy dit wat jou beskore is vir jouself opnoem, lyk dit wat jy nie het nie klein en nietig. Dan voel ek soms ek moet my naam ook op die Poephol Ererol plaas.

Moenie bekommer oor die 10 dinge wat jy nie het nie, voor jy jouself nie verheug het in die 100 dinge wat jou wel beskore is nie. Met ‘n goeie gemoed kan jy dan die drome waarna jy nog streef een vir een aanpak.

17 Responses to “Klein Dingetjies”

  1. kaalvoetinireen Augustus 31, 2009 at 7:12 vm #

    Dis inderdaad die klein dingetjies in die lewe wat saakmaak. As mens dit als bymekaar sit is dit soveel groter en beter as een van die sogenaamde groot dinge wat jy nie het nie maar wil he.

  2. Dellie Augustus 31, 2009 at 8:39 vm #

    Amen! Dis mos nou hoe mens ‘n nuwe week moet begin. 😉

    Uhm, het daai kaartjies ook dalk iets met jou goeie bui uit te waai?😆

  3. Girl van die Suburbs Augustus 31, 2009 at 8:51 vm #

    WoW… Jy is reg ne…

    Maar lyk my jou seeninge is ‘n envy vir party…🙄 Nogal Golden Circle….

    • demoerin Augustus 31, 2009 at 9:23 vm #

      Ons het net besluit daar was so laaaanklaaaaas ietsie lekker om te gaan kyk… splash out time!!

      • Girl van die Suburbs Augustus 31, 2009 at 9:27 vm #

        Wel hulle is absoluut die moeite werd…

        As dit die goue kring by ‘n Steve konsert was dan sou ek bekommerd gewees het….😉

  4. betsieboop Augustus 31, 2009 at 8:58 vm #

    en moes ek nou vandag hierdie raaklees ………

  5. demoerin Augustus 31, 2009 at 9:22 vm #

    Ek het hierdie naweek net weer bietjie gedink oor hoe gelukkig ek eintlik is (eintlik was dit ‘n dronk discussion Saterdag na die rugby) maar die resultaat bly dieselfde…
    Oor die kaartjies… ek voel soos ‘n seuntjie die dag voor Kersfees.

  6. Emil Augustus 31, 2009 at 12:32 nm #

    Ek is jaloers.

    • demoerin Augustus 31, 2009 at 12:50 nm #

      Net die Durban mense mag jaloers wees, want hulle het nie ‘n konsert nie. Dus het jy nie regtig ‘n verskoning nie… en gaan ek nie sleg voel nie😉

  7. Johan Swarts Augustus 31, 2009 at 5:12 nm #

    so…um…gaan jy daai kaartjies gebruik?
    😉

    • demoerin September 1, 2009 at 6:22 vm #

      Al moet hulle my op my hospitaalbed daar instoot!!

  8. Wipneus! Augustus 31, 2009 at 7:55 nm #

    Lekker inskrywing!

    Ek stem dis die klein dingetjies, soos daai kaartjies:mrgreen:

  9. demoerin September 1, 2009 at 6:23 vm #

    @ Girlie….. Miskien met ‘n rewolwer teen my kop gedruk ja.

  10. boervrou September 1, 2009 at 3:35 nm #

    Sjoe maar jyt geld hê, 526 bokke èèn??? En ons dog jy kanie ‘n plaas bekostig nie?😉

    • demoerin September 1, 2009 at 4:54 nm #

      Dit hang seker af hoe groot die werf is en waar die plaas is…. dalkies net sal dit 20 vierkante meter in die Gaza strook kan koop😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: