Interessante Plekke: San Marino

3 Sep

800px-San_MarinoOp 3 September 301, vandag 1,708 jaar terug word die staat San Marino onafhanklik van die Romeinse Ryk verklaar. Amptelik is die land se naam The Most Serene Republic of San Marino, en maak hulle aanspraak op die feit dat hulle die oudste en kleinste, soewereine staat en konstitusionel republiek in die wêreld is. Die konstitusionele grondwet is in 1600 aangeneem, en is vandag nog in daardie vorm van krag.

In San Marino se meer as 1,700 jaar geskiedenis het hulle elke potensiële inname met diplomasie gekeer, en was hulle ook neutraal in albei die wêreld-ooloë. Daar was egter af en toe ‘n skermutseling, waar die amptelike Boogskutter-korps moes sorg vir verdediging. Aangesien dit egter nie baie gebeur het nie, was daar ‘n amptelike statute in die landswette ingevoeg wat bepaal dat elke jaar, op 3 September daar ‘n boogskutter kompetisie sou wees. Dit het dus die korps gedwing om in oefening te bly, en goed na hulle wapens om te sien, om elke jaar te probeer om hierdie kompetisie te wen. Die tradisie word vandag nog voort gesit elke jaar, alhoewel die korps slegs nou seremonieel is.

Die hoofstad is City of San Marino, wat letterlik bo-op en om ‘n berg gebou is, met nog agt kleiner munisipaliteite daarom. Die hele land is 61,2 vierkante kilometer groot en die bevolking is ongeveer 30,000. Die land se grootste inkomste is uit toerisme uit, wat ongeveer 50% van hulle BBP uitmaak, en omdat besoeke aan hierdie landjie so gesog is, kan hulle spog met ‘n BBP per capita van $34,000 – 23ste op die wêreldranglys!

Die Sammarinese is ‘n baie trotse volk, en alhoewel die staat klein is het hulle tog offisiële sokker-, basketbal-, baseball- en vlugbal verenigings. Sokker, ook maar om hulle na-verwantskap met Italië, kan as die nasionale sport gesien word. (San Marino deel die heel onderste plek met 7 ander lande op FIFA se wêreldranglys). Hul mees suksesvolle sportmanne is heel moontlik Manuel Poggiali en Alex De Angelis wat motorfiets-jaers is.

San Marino is ‘n letterlike bewys dat nasietrots en ‘n diep-gegronde bewustelikheid van jou geskiedenis, ‘n land, maak nie saak hoe klein nie, van krag tot krag kan laat gaan.

4 Responses to “Interessante Plekke: San Marino”

  1. Girl van die Suburbs September 3, 2009 at 10:29 vm #

    Jissie…Dit is ‘n mooi kiekie! Was jy al daar?

    • demoerin September 4, 2009 at 7:33 vm #

      Jip…. maar dit is nie my kiekie nie.

  2. Die Brein September 3, 2009 at 12:15 nm #

    Baie interessant ek het gedink dis maar net nog `n stad van Italie.Dit klink vredevol daar en `n besoek daar is die moeite werd.

  3. demoerin September 4, 2009 at 7:33 vm #

    ‘n Besoek is definitief die moeite werd. Dit is die vriendelikste mense…. met natuurlik ongelooflike Italiaanse kos…. en baie dinge heelwat goedkoper as in Italië self, want daar is nie VAT nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: