Die Week in ‘n Neutedop….

4 Sep

IMGP0838-1

Dit is die eerste Vrydag van lente. (So tyd om die chevvy uit te trek, die sonskyn te geniet en die braai aan die brand te kry – en as jy wonder wat om saam met die braaivleis te eet, gaan loer na die reseppie). Die weer in Jozi is ongelooflik lekker, en dit doen wondere vir my gemoed. Ons is altyd vuur-en-vlam om die huis in lente ‘n spring-clean te gee…. maar vergeet soms dat jy dieselfde vir jouself moet doen. Gebruik lente as die ideale geleendheid om al daar die vrae en kwellinge wat in jou kop oorlog hou uit te sorteer, en finaal te ruste te lê.

Cogito ergo sum – I think, therefore I am. Daar was nog nooit iets fout met dink nie, solank jy net nie jouself mal maak nie. Johan Swarts is druk besig om bietjie inligting in te samel vir sy tesis, en gaan lê gerus jou eiertjie daar waar hy die inligting bymekaarskraap, en wat ander daaroor te sê het. Moenie opkrop nie, dit is net ‘n resep vir ‘n helse vulkaniese uitbarsting! Die mens is nie net ‘n ongelooflike komplekse wese nie, maar besit ook ‘n allerwonderlikste geskiedenis van oorlewing en voortbestaan. En dan net dalk eendag sal jy kan sê, Ek is, sonder om daaroor te hoef te wonder. Net wees.

Want ja, dit voel partykeer of jy in 1001 rigtings getrek word, en oral aandag moet gee, en mooi en beleefd wees en altyd dink aan ander se gevoelens. Dit is tyd om aan JOUSELF ook te begin dink. Ons is definitief nie almal dieselfde nie, en dit is wat ons uniek en die wêreld so interessant maak.

Goed, as al die muisneste en spinnerakke weggestof is, gaan ek julle iets nuut gee om oor te wonder. En dan gaan ons so bietjie litte losmaak, want ons weet mos maar waaroor dit alles gaan😉 ……. en dan kan ons die beste sluwe, onderwater gutterseks hê om die bokke se oorwinning more te vier!

10 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. betsieboop September 4, 2009 at 8:09 vm #

    hat dmi — jy praat darem waar op hierdie vrydag

    dankie …..

    have a good one

  2. skraapdotnet September 4, 2009 at 8:10 vm #

    dis skraap.net🙂

    • demoerin September 4, 2009 at 8:19 vm #

      Reggestel… dit kom nou van “fancy” wees😆

  3. Dellie September 4, 2009 at 8:39 vm #

    Oe oe, ek’s sooo bly die winter is verby! Die weer is heerlik hier by ons ook. 😉 Mens is mos sommer weer lus vir die lewe.

    Tjorts solank op die Bokke!😆

  4. Rustig September 4, 2009 at 9:17 vm #

    Baie bly dit is lente by jou. Begin van lang koue “nuclear” winter hier by my. Geniet die naweek en onthou bier en tuinmaak is resep vir “disaster”.

  5. Girl van die Suburbs September 4, 2009 at 10:01 vm #

    Ai… ek hoor ook maar net van die BSOG… maar het nie ‘n clue waaroor dit gaan nie… 😉

    Lekker naweek vir jou ook oukie!

  6. kaalvoetinireen September 4, 2009 at 1:58 nm #

    Hier begin die winter ook nader kruip en ek het NIKS lus daarvoor nie! Lekker naweek!

  7. boervrou September 6, 2009 at 3:20 nm #

    Het die bokke gewen? Weet of ek baasvanieplaas moet inlig oor die laaste sin.

  8. meermin September 7, 2009 at 7:24 vm #

    Môre jy lekker dag vir jou!

  9. moose September 10, 2009 at 12:52 nm #

    Dis nou ‘n lekker opsomming!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: