Winston vs. Telkom Breëband….

7 Sep

pr2009_media_invite_landing‘n Elf-maande oue duif gaan probeer om stof in Telkom se oë te skop deur ‘n vinniger oordra van 4GB se data te doen. The Unlimited Group moet dikwels groot dataleêrs tussen hulle kantore oordra, en ‘n onlangse toets het gewys dat dit tot 2 dae, 2 ure, 6 minute en 22 sekondes kan vat om die 4GB data oor te dra. (Blykbaar nie altyd net die spoed van oordrag wat so stadig is nie, maar ook die onbetroubaarheid van die lyne)

Winston gaan dus met die datakaart aan sy been vasgemaak die 80 kilometer vanaf ‘n inbelsentrum in Howick, tot by die hoofkantoor in Hillcrest aanpak…. dit gaan hom moontlik net sowat 45 minute neem…😆

Is dit net Telkom se lyne wat so stadig is…. of is daar dinge wat letterlik beter is om op die ou…. ok, BAIE ou manier te doen.

Ek glo ook natuurlik Winston het sy eie hekkies om te oorkom. Katte, honde, kinders met ketties, stormsterk winde…….

Gaan loer bietjie in by die webwerf vir meer inligting en interessanthede oor die groot wedloop.

20 Responses to “Winston vs. Telkom Breëband….”

  1. betsieboop September 7, 2009 at 8:07 vm #

    het hierdie gister iewers raak gelees en diep lekker gelag.

    10/10 vir die mense! die grap is alles het oorspronklik begin by ‘n april fools joke van ‘n tyd terug. die pigeon race mense het toe besluit om dit in die praktyk toe te pas.

    as jy sukkel dan sukkel jy. ek kan ‘n relaas van 300000000woorde skryf oor hellkom en my drama met hulle. i for one skree vir die pigeon!

  2. betsieboop September 7, 2009 at 8:08 vm #

    o ja voor ek weer vergeet. hellkom spring natuurlik op en af en wil SO graag alles uitsorteer vir die betrokke maatskappy VOOR die famous vlug gaan plaasvind!

    • demoerin September 7, 2009 at 6:09 nm #

      😆 dis eintlik moer snaaks.

  3. Girl van die Suburbs September 7, 2009 at 9:16 vm #

    Ek dink daai duifie is veilig hoor! Vandag se kinners speel nie meer buite nie en ek twyfel of hulle weet wat ‘n kettie is! :mrgreen:

    Ek dink dis ‘n great inisiatief!😉

  4. Plaasjuppie September 7, 2009 at 11:51 vm #

    Go Winston! Go Winston! Go Winston!

  5. brandnetel September 7, 2009 at 11:55 vm #

    😆 😆

    Ja-nee, ek kan ook maar net vir Winston cheer!

  6. Pagoda32 September 7, 2009 at 12:42 nm #

    Ek dink die ouens sit die pot mis. En al verpes ek Telkom en sy kak diens is hele besig om appels met pere te vergelyk.

    Dis soos om ‘n race tussen ‘n luiperd en Habana te hou. Dit was publisiteit en dit was nice, maar as jy iemand ‘n voorsprong van 40/50 meter gee is dit mos vanselfsprekend dat sommetjies gemaak was en dat die party wat MOES verloor SAL verloor.

    As hulle iets uit Telkom kry as gevolg van dit, good for them. Maar ek dink dis sommer ‘n simpel vergelyking. Dan kan mens mos sommer in die kar klim en ry…of die data met ‘n koerier stuur…of wat ook al.
    Nee wat…

    • demoerin September 7, 2009 at 6:12 nm #

      Ek dink eintlik ook dit is moer oulik. Op ‘n flippen stupid manier maak hulle ‘n punt om te beklemtoon oor watter poepholle telkom is.

      Dis soos wat PJ sê – Dit is presies wat telkom met hul gebruikers toe – Sit hulle in ‘n posisie waar hulle nie kan wen nie.

  7. Plaasjuppie September 7, 2009 at 3:50 nm #

    @Pagoda, Ek dink om appels en pere te vergelyk is juis die punt. Elke keer as Telkom verskonings maak vir hulle kak diens en sky-high pryse haal hulle “navorsing” aan wat geensins appels met appels vergelyk nie. Tot die totale frustrasie van hulle kliente.
    Nou doen die ouens presies dieselfde, hulle plaas Telkom in ‘n geveg wat hulle nie kan wen nie, en alhoewel die uitslag van absoluut geen waarde is nie, is daar net so klein bietjie van ‘n feelgood payback gevoel.

    • boendoe September 7, 2009 at 6:04 nm #

      En miskien, net miskien, sal dit Helkom laat sokkies optrek. 😉

    • Pagoda32 September 10, 2009 at 4:07 nm #

      Ek sien jou punt in. Maar as Telkom appels met pere vergelyk word dit gedoen oor hulle hulle gatte aan jou afvee. Met die race waar appels met pere vergelyk word gaan almal “Hoera vir die duifie” skree, die telkomlyn optel en hulle pelle bel om die nuus oor te vertel.
      En Telkom voel steeds ‘n fok…

  8. Wipneus! September 7, 2009 at 8:25 nm #

    Ek dink dis baie oulik. Telkom se diens suck om die minste te sê!!! Ek maak uit van hierdie ouens se pyn om groot data leêrs te versend, dis donker nag. 😉

  9. Andrew September 8, 2009 at 7:45 vm #

    Hooraa … maak Telkom se naam gat want hulle IS kak. Ek ken Telkom maar te goed. Hierdie spul wankers hoort in die tronk … hulle hou ons land gyselaar. Fok hulle.

  10. meermin September 8, 2009 at 9:10 vm #

    🙂 dankie tog die winter is nou iets van die verlede, ek luv die somer .. son en in my drome die see …😉 lekker dag vir jou!!

  11. Andrew September 8, 2009 at 3:50 nm #

    Hehe … dankie DMI dat jy ons vertel het hiervan … so ‘n 3/4 uur terug is dit op News24 genoem. Go Winston … en kak sommer op Telkom se HQ met die oorvlieg.😆

  12. Girl van die Suburbs September 9, 2009 at 7:29 nm #

    Faaaarrrkkk…. En daar wen die ou duifie!

    • Vlam September 9, 2009 at 9:13 nm #

      Oh my soul!! Genuine? 😆

    • demoerin September 10, 2009 at 6:36 vm #

      Yip, en Telkom het blykbaar ‘n half-uur head start gehad…😆

      • Vlam September 10, 2009 at 8:15 vm #

        ‘n Half-uur headstart? O, die vernedering… :mrgreen:

Trackbacks/Pingbacks

  1. Een woord? « Dellie se Dinge - September 8, 2009

    […] Demoerin […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: