My Week in ‘n Neutedop….

11 Sep

Vandag gaan dit oor my. My week. Wat my geraak het hierdie week. Ek is nie in die beste van gemoede nie, en die oorsaak is tweeledig.

Saterdag is ‘n ou varsity-vriend en klerkskap kollega oorlede. Dit was skielik. Dit is hartseer. Dit is altyd ‘n skok as die oorledene in jou eie ouderdomsgroep val. Maar ek het gister met mooi herinneringe my ander oud-kollegas vergesel na die begrafnis. Een ding was ons almal van bewus, hy was ‘n ongelooflike man, vriend en pa. Hy was die persoon wat my altyd kon laat lag.

Ek was nog altyd oopkop. Kan na enigiets kyk, na enigiets luister of enigiets lees en dan my eie besluite maak of ek daarvan hou of nie. Ek is sekerlik een van die verdraagsaamste persone wat ek ken. Ek probeer vooroordeel soos die pes te vermy.

Ek was nog nooit so naby, soos ek gister was om uit ‘n kerk uit te stap nie. Ek probeer nou nog verstaan wat die pastoor se hele idee met sy preek was. Dit was nie net totaal en al onvanpas nie, maar deurdrenk met wilde aannames en ek gaan dit nou reguit sê (want ek kan aan geen ander beskrywing dink nie), bullshit.

Sy preek het heel skaflik begin met die idee dat mens nie weet wat die dag van more inhou nie, dit is God se wil dat daar ‘n more, volgende maand, of volgende jaar in jou lewe gaan wees. Daarmee kan ek nog saamleef, maar dit is toe dat die trein ontspoor.

Hy het voortgegaan deur te sê hoe ons vir ons leiers moet bid, want hulle maak nie net besluite wat ons almal raak nie, God sien ook die besluite as deur jou, in jou naam gemaak. God kyk kollektief na die dinge, en nie net na die spesifieke sondaar nie. (Op hierdie stadium was ek nog nie seker of ek dalk verkeerd hoor nie, want dit was definitief ook nie net my interpretasie van sy woorde nie – hy het dit reguit SO gesê). Toe begin daar ‘n relaas oor die tipe boeke wat ons leiers toelaat om die land binne te kom, en dat hierdie boeke die mense sleg beinvloed en dan die Bybels lê en stof vergaar. Ek probeer nou nog die lyn verstaan… maar hy het op ‘n manier hierdie euwel boeke deurgetrek tot by aborsie. Ons moet bid vir ons leiers, want God sien hierdie besluite as kollektief deur ‘n land gemaak….. en daarom straf God ook kollektief. Kollektiewe weerwraak. Ons moet bid vir ons leiers sodat ons ons Afrikaner Suid-Afrika kan regstel. (I kid you not)

Teen hierdie tyd het ek al amper tien hartaanvalle gehad. Maar wag…. dit raak beter.

Daar is bewyse van die kollektiewe, weerwraak straf.

‘n Paar jaar gelede het die Amerikaners een oggend nog lekker in hulle beddens, sonder enige bekommernis gelê. Die lewe was goed, en hulle het geld, en hulle gee nie om nie. Die volgende oomblik vlieg daar toe 2 terroris vliegtuie in die 2 pragtigste toring-geboue in. Duisende sterf. God straf die Amerikaners vir hulle kapitalistiese geldgierigheid. WAG! Dit raak beter!

Dogtertjies word opgesluit deur mense en as prostitute uitverhuur. Jy kan enige tyd van reg oor die wêreld soontoe gaan en die kinders seksueel gaan molesteer teen betaling. Kinderprostitusie. Die land. Indonisië. En ja julle raai reg…. hulle word gestraf met ‘n Tsunami en 250,000 mense sterf.

Ek was totaal en al stomgeslaan. Uitgeslaan. Platgeslaan. Ek glo nie ek het al so baie verskillende emosies op een slag ervaar nie.

Ek is bitter teleurgesteld dat die man, ‘n herinnerings kerkdiens van ‘n wonderlike man, met so ‘n klomp drek kon besoedel het…….

Oseas 2 143

Slaap rustig ons vriend…. jou lewe was kort, maar vol. Die mooi herinneringe van jou lewe sal vir lank wees.

16 Responses to “My Week in ‘n Neutedop….”

  1. betsieboop September 11, 2009 at 8:03 vm #

    I believe that imagination is stronger than knowledge — myth is more potent than history — dreams are more powerful than facts — hope always triumphs over experience — laughter is the cure for grief — love is stronger than death.

    dmi — ek het nie woorde nie.

  2. betsieboop September 11, 2009 at 8:06 vm #

    wil graag hierdie deel wat ek vanoggend (heel toepaslik ek dink) raak gelees het

    Norbert Capek

    It is worthwhile to live
    and fight courageously
    for sacred ideals.

    O blow ye evil winds
    into my body’s fire
    my soul you’ll never unravel.

    Even though disappointed a thousand times
    or fallen in the fight
    and everything would worthless seem,

    I have lived amidst eternity —
    Be grateful, my soul —
    My life was worth living.

    He who was pressed from all sides
    but remained victorious in spirit
    is welcomed into the choir of heroes.

    He who overcame the fetters
    giving wings to his mind
    is entering into the golden age of
    the victorious.

    composed in Dresden Prison in 1941, shortly before he was transferred to Dachau concentration camp, where he died in October, 1942

    • demoerin September 11, 2009 at 2:00 nm #

      Sjoe dis mooi en treffend!

  3. Vlam September 11, 2009 at 9:17 vm #

    Jammer oor jou verlies, DMI. 😦

    En ja, die pastoor het regtig ‘n klomp drek kwytgeraak. Nie wat mens by so geleentheid sal wil hoor nie.

    Lekker naweek!

  4. kaalvoetinireen September 11, 2009 at 9:18 vm #

    (((DMI))) Jammer, maar dis al wat ek het…geen woorde, net ‘n hug

  5. Rustig September 11, 2009 at 10:22 vm #

    Jammer dat jou week so afgeskop het en op so noot moes eindig. My bloed sal ook gekook het en ek sal wel uit die kerk gestap het, wat nie my eerste keer sal wees nie. Klink of die pastoor die kits kwyt is. Wel rustige naweek vir jou en “treasure” die goeie herinneringe.

  6. Dellie September 11, 2009 at 10:40 vm #

    My innigste simpatie met jou verlies.😦

  7. Girl van die Suburbs September 11, 2009 at 10:58 vm #

    Ek is baie jammer om van jou verlies te hoor! De moer met die dominee in elk geval… Dit is baie onsensitief om ‘n begrafnis te gebruik as platform om sy opinies uit te spreek!

  8. Girl van die Suburbs September 11, 2009 at 12:03 nm #

    Bietjie old school om jou op te cheer!

    Geniet jou naweek oukie

    http://www.youtube.com/watch_popup?v=4O_YMLDvvnw

  9. meermin September 11, 2009 at 1:04 nm #

    Sterkte jy !

  10. demoerin September 11, 2009 at 2:02 nm #

    Dis juis die ding.
    Ek kan hartseer hanteer, moes al genoeg in my lewe deurgaan…. het baie goeie oefening.
    MAAR
    Vir ‘n man om voor 400 mense te staan en sulke nonsens as die Bybelse waarheid te verkondig slaan my nog steeds uit.

  11. Andrew September 15, 2009 at 11:52 nm #

    Ek het een keer ‘n troue bygewoon waar die dominie gepreek het oor doomsday. Hy was so mal soos ‘n haas. Die enigste rede hoekom ek nie uitgestap het nie was omdat ek nie ‘n scene wou maak op ‘n troue wat volgens my klaar opgefok was nie. Dit was een van die mees ongevoeligste dinge wat ek al ooit beleef het van die kansel. Verbeel jou, ‘n verliefde paartjie trou en daar word vir hulle vertel dat hulle God hulle binne ‘n paar jaar gaan uitsnif.

    Ek weet geloof het ook ‘n goeie kant al erken ek dit nie altyd nie.

    • demoerin September 16, 2009 at 6:57 vm #

      Dis net jammer dat die goeie kant nie in almal se lewens raakgesien kan word nie…. nog erger as dit die voorbeeld van die preekstoel af is.

  12. Girl van die Suburbs September 16, 2009 at 6:49 vm #

    Weet jy Andrew ek sal herken jy kry verseker jou deursnee poepholle. Maar ek kan jou waarborg hulle het nie ‘n lewende verhouding met die Here nie… En dis eintlik waaroor geloof gaan. Ek raak warm onder die kraag as ek sien hoeveel uit arrogante selfsug en blatante onkunde non-christene afskrik juis oor hul dwislike optredes.

    Daarom weet ek nie hoe om aan ander te verduidelik hoe great geloof werklik is as daai poepholle so lekker afbreek en afskik nie.

    Ek probeer net se dat die twee voorbeelde eintlik niks saligheid en geloof uitbeeld nie en ek verstaan hoekom dit jou konsep vertroebel…. Dis juis oor sulke preke dat ek ook op ‘n tyd opgehou glo het.

    • demoerin September 16, 2009 at 7:00 vm #

      Amen.
      En o ja… Gary Moore is classic!!

  13. Girl van die Suburbs September 16, 2009 at 8:51 vm #

    Jissie oukie ek het Gereformeerd groot geword en het kerk gehaat! Ek was ook menig male uit die katkisasie klas gejaag (soos in regtig) oor ek durf waag vrae vra en nie net alles vir soet koek opvreet nie. Ek verstaan nou nog nie eers die helfte van die heidelbergse kategimusse nie.

    Ek het eers laat in my lewe besef dit is nie wat geloof is nie… Dis net ‘n leerstelling (dwaalleer more likely).

    Faaarrrk… Kan nie glo jy sien nou eers vir Gary raak nie!😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: