The Truth, and Nothing But….

11 Sep

UPDATE : DONE!

Goed, lyk vir my tag-seisoen het saam met lente aangebreek… maar hierdie een kan nogal interressant wees – en dit raak dalk net van die onweerswolke in my gemoed ontslae…..

PJ het dit begin en Sonkind het gevolg en toe Girlie en nou is dit voor my voordeur.

Blykbaar werk dit so –

Jy mag my enigiets vra, wat ek dan op die post moet antwoord. As ek dit nie wil antwoord nie moet ek ‘n snaakse storie in die antwoord se plek opmaak. Party lesers voel dalk bietjie skaam – so julle mag maar onder skuilname ook vra – laat waai!!

(Maar as ek by die ander plekke na van die vrae kyk, is niemand baie skaam nie!)

Ek gaan hierdie naweek bietjie my muisneste en kopgoggas van hierdie week onder beheer kry…. maar belowe antwoorde Maandag!

O ja – Amper vergeet ek – Ek daag Boervrou en die Werwers uit om dieselfde te doen.

 

49 Responses to “The Truth, and Nothing But….”

  1. Daizy September 11, 2009 at 4:36 nm #

    Goed hier gaan die eerste enetjie DMI:….. wat het jou laat besluit om te begin blog??

    • demoerin September 14, 2009 at 6:53 vm #

      Ek was eendag bietjie demeorin oor een of ander politieke poephol se berig daar op Bosparra, en toe agtergekom skryf is ‘n goeie manier van my koppie orden.

  2. Vlam September 11, 2009 at 5:44 nm #

    DMI’tjie, ek gaan jou ‘n GROTE vra. Hoe lyk jy? Wat van so dowwe, verlangse foudie? 😉

    • demoerin September 14, 2009 at 7:38 vm #

      Maar daar is dan op hierdie einste blog!

      • Vlam September 15, 2009 at 12:25 nm #

        😆 Ek het dit al gesien, maar die middelste foto is OF nuwerig, OF ek het teen my oogklappe gekyk! Anyway, thanks! My nuuskierigheid is bevredig! :mrgreen:

  3. Adrie September 11, 2009 at 8:34 nm #

    Dink jy GVDS is oulik?

    Sal jy omgee as daar n ding tussen julle kom?

    • demoerin September 14, 2009 at 6:55 vm #

      Hoe kan mens so ‘n besluit maak oor ‘n persoon wat jy van geen kind of kraai ken nie?

  4. Adrie September 11, 2009 at 8:48 nm #

    Ag okay. Voor ek pak kry.

    1. Wat noem jy n bier?
    2. Kan jy branderplank ry?
    3. Het jy n bucket list en wat is daar op?
    4. Angelina Jolie of Taylor Swift?
    5. Het n man al by jou aangele?
    😆

    • demoerin September 14, 2009 at 7:03 vm #

      1. Bier
      2. Ja en Nee. Dit is nie soos fietsry nie. Ek het opgegee want elke keer as ek by die see kom moet ek van voor af begin.
      3. Ek het ‘n bucket list. Hy is baie lank. Paar dinge: Tattoo, Harley, Sky-dive, Suid-Amerika trip.
      4. Met ‘n pistool teen die kop gedruk. Angelina.
      5. Nie wat ek kan onthou nie. Maar ek kan nie pa staan vir tye wat ek nie kan onthou nie, maar is seker daarvan iemand sou my ingelig het😆

  5. Dellie September 11, 2009 at 10:32 nm #

    1. Is jou tande rerig so blink en skerp soos jou avvie?
    2. Wat is jou fav drink?
    3. Sit jy nuwe toiletpapier in die houer, of sit jy dit net bo-op?
    4. Is daar enigiets in jou yskas wat al muf?
    😆

    • demoerin September 14, 2009 at 7:06 vm #

      1. Dalk blink, nie so skerp nie😆
      2. Nie rerig fussy nie. Goeie Whiskey, Peroni, Rooiwyn
      3. In die houer
      4. Dit gebeur gereeld, maar gelukkig is die bediende goed getrain.

  6. Girl van die Suburbs September 12, 2009 at 1:09 vm #

    Faaarrrkkk… Nou ja!

    Kom ek return die courtesy… Ek sal dit ordentlik(erig) hou

    1.Boxers / Briefs / Full commando?

    2. Wat is jou nuwejaars planne vir 2009?

    3. Watse song beskryf jou hart die beste?

    4. Watse song beskryf jou denke die beste?(kop)

    5. Wat moet ‘n girl doen om jou aandag te trek as sy vir jou ‘n bier aandra terwyl die bokke op die teevee is?

    6. Hoekom Eva Langoria?

    7. Hoekom het jy begin blog?

    8. Wat koer jou moer?

    9. Wat maak ‘n girl vir jou sexy?

    10. Kyk jy boer soek ‘n vrou?

    • demoerin September 14, 2009 at 7:12 vm #

      1. Deur die dag – Boxers
      2. Nog geen planne, te ver in die toekoms
      3. 18 Till I die
      4. Zombie … In my head, they are fighting…😆
      5. Sy gaan ‘n kragonderbreking moet reël.
      6. Smeulend…brunet
      7. Om nommer 4. uit te sorteer
      8. Bitter min. As ek moet kies – Mense wat nie kan bestuur nie, en onbekwaamheid
      9. Selfvertroue
      10. Nee

  7. tweelingkind September 12, 2009 at 8:28 vm #

    Enige iets waaroor jy spyt is wat jy gedoen/of NIE gedoen het in jou lewe?

    • demoerin September 14, 2009 at 7:15 vm #

      Daar is baie. Maar ek het geleer dat jy nie kan leef met “waht ifs” in nie verlede nie. Jy sal jouself malmaak.

  8. boervrou September 12, 2009 at 10:54 vm #

    Hi
    ♥Watse kar ry jy?
    ♥Beskryf jou droomgirl seblief. En ek meen nie looks nie, persoonlikhied asb.
    ♥Het jy enige kinders?
    ♥Wat is vir jou belangrik in die lewe? En waarom.
    Daarsy. Easy, peasy.

    Nou devloekwoordjiein, ek sal gaan dink oor die uitnodiging, om myself so te expose. Dis heavy goed, ek is eintlik moewies privaat.
    Geniet dit

    • demoerin September 14, 2009 at 7:18 vm #

      1. Toyota Auris
      2. Selfversekerd, denkend, laggend, stout
      3. Geen kinders waarvan ek weet nie. (Ek sukkel selfs om bietjie na myself te kyk, dalk ‘n goeie ding)
      4. Familie en Vriende. Integriteit en lojaliteit. Open mindedness. Dit is ‘n paar boustene vir ‘n gebalanseerde lewe.

  9. Sonkind September 12, 2009 at 8:29 nm #

    1. Noem een ding wat NIEMAND nog van jou weet nie.
    2. Hoe oud is jy?
    3. Wie was die eerste girl wat jy gesoen het?
    4. Gaan jy eendag jou lekker stories in boekvorm sit?

    • demoerin September 14, 2009 at 7:27 vm #

      1. Ek is nie die geheime tipe persoon nie. Maar sover dit die blogosfeer aangaan – Ek kan ook skilder.
      2. 34
      3. Kan nie meer haar naam onthou nie. Haar van was Kotze.
      4. Daar sal nog baie water onderdeur die brug moet loop…. en my bucket list is BAIE lank.

  10. rosalindfranklin September 13, 2009 at 12:27 nm #

    Watter boek lees jy op die oomblik?
    Watter boek wil jy lees, maar het nog nooit daarby uitgekom nie

    • demoerin September 14, 2009 at 7:35 vm #

      Ek lees nooit 1 boek op ‘n slag nie. Op die oomblik lees ek:
      Fortress Malta: An Island Under Siege
      The Landmark Herodotus: The Histories
      Hammer of Eden (Ken Follet)
      How Long Is a Piece of String?

  11. Girl van die Suburbs September 13, 2009 at 9:34 nm #

    Ag ek sien ek het alweer nie gekonsentreer nie!

    Vervang my vraag sewe met… Sal jy aanhou om die bulle te ondersteun as hulle aanhou om so vrot te speel?

  12. demoerin September 14, 2009 at 7:36 vm #

    Was nog altyd ‘n Bul ondersteuner. Dit sal nie verander nie.

  13. Girl van die Suburbs September 14, 2009 at 8:43 vm #

    Hoorie Oukie…

    Wat is die verskil tussen selfversekerd en orig!?🙄

    • demoerin September 14, 2009 at 9:11 vm #

      Selfversekerd is ‘n leeu, orig is ‘n brommer.

  14. Girl van die Suburbs September 14, 2009 at 10:10 vm #

    Wel… as alle pogings faal dan is dit die logiese afleiding !:mrgreen:

    Nou maar happy hunting!!!! 😛

  15. Daizy September 14, 2009 at 10:58 vm #

    Gits DMI…lyk my jy is in vir ‘n ding jong…hehe

  16. Daizy September 14, 2009 at 12:24 nm #

    1. Wat laat jou “tik”?
    2. Wat is jou siening oor die nuwe rook wette wat ingestel is?
    3. Hoe sou jy vaar as ‘n laerskool onderwyser?
    4. Glo jy in gelykheid?
    5. Slaan jy die toilet se bak af as jy klaar is?

    • demoerin September 14, 2009 at 12:53 nm #

      1. My hart tik😆 Eintlik sommer net die seëning om nog te lewe.
      2. Ek dink die peopholle weet nie wat om met hulle geld te maak nie.
      3. Ek dink heel ok as die kiddies so St. 3 tot 5 is. (Wat my wel bietjie sal afpie-pie is die feit dat jy hulle nie lyfstraf mag gee nie)
      4. Ja
      5. Ja (Ma het my mooi geleer)

      • Daizy September 14, 2009 at 1:10 nm #

        Ai, jou eerlikheid is sommer aansteeklik jong…hehe

  17. demoerin September 14, 2009 at 12:49 nm #

    Ek moet sê hierdie is nogal pret.

  18. rosalindfranklin September 14, 2009 at 3:09 nm #

    lekker boeke !

    • demoerin September 14, 2009 at 5:53 nm #

      Ek glo in ‘n gesonde balans van fiksie en nie-fiksie. (En die boek moet natuurlik lekker lees…….)

  19. meermin September 15, 2009 at 10:07 vm #

    😳 en daar tag ek jou wragtig toe weer met die ene ook …..

    WAT MAAK JOU DEMOERIN?

    • demoerin September 15, 2009 at 10:10 vm #

      Bitter min meermin. Bitter min. Ek is nie altyd so demoerin as wat my naam voorstel nie😆 Maar onbevoegdheid en mense wat nie kan bestuur nie, kan my nogals die herrie injaag.

  20. betsieboop September 15, 2009 at 2:40 nm #

    1. wat laat jou huil?
    2. wat laat jou lag dat die trane loop?
    3. verkies jy die see of die berge?
    4. het jy al kaalvoet in die reen gehardlooop?
    5. wat gee jou ‘n warm custard feeling in jou hart?

    • demoerin September 15, 2009 at 2:48 nm #

      1. Partykeer nog sekere herinneringe
      2. Lekker stupid movies…. en mense wat val.
      3. See – Mar lief vir see, bos en berge
      4. Never mind kaalvoet….. kaal😳 (storie virre ander dag… maar ek glo nie ek is weer welkom by San Lameer nie)
      5. Onvoorwaardelike naasteliefde

  21. Sonkind September 15, 2009 at 2:50 nm #

    Toyota Auris!!! Jy het so pas oor die 100 punte gestyg in my dunk van jou.

    Vir een of ander rede het ek altyd hierdie prentjie in my kop gehad dat jy ‘n VW Golf ry, maar ten spyte daarvan het ek steeds gedink jy is cool. Nou WEET ek jy is cool😆

    • demoerin September 15, 2009 at 3:13 nm #

      Demoerin buig vir die applous…

  22. Adrie September 15, 2009 at 2:58 nm #

    Tonne ou yster of twee asse

  23. Adrie September 15, 2009 at 2:59 nm #

    Moet op wees. OP

    Tonne ou yster op twee asse.

    • demoerin September 15, 2009 at 3:14 nm #

      😆 Ek is ‘n regte bean-counter – Waarde vir geld is altyd bo aan die lys.

  24. Adrie September 15, 2009 at 3:15 nm #

    DMI

    Kan ek nog een vraag vra?

    Hoe lank is jy?

    • demoerin September 15, 2009 at 4:04 nm #

      😆 Die waarheid – Ek is nie seker nie. Dink 1.9 ietsie.

      • demoerin September 15, 2009 at 4:41 nm #

        Ek sal vanaand meet, siende dat ons nou die waarheid hier praat.

  25. meermin September 16, 2009 at 6:49 vm #

    Al jou vragies beantwoord gaan loer maar daar by my

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: