WEW….34/52

16 Sep

Ek sal erken, ek was nie net verbaas nie, maar heeltemal uit die veld geslaan dat President Zuma voortgegaan het met die daarstel van die inbelsentrum by die Presidensie.

Dit blyk dat daar tussen Maandag en Dinsdag tussen 1,000 en 1,500 oproepe per uur na die nommer, 17737, gemaak is. Daar is definitief dus hordes mense wat sukkel met dienslewering. Ongelukkig blyk dit dat die handjievol mense wat die oproepe hanteer glad nie genoeg is nie. Uit hierdie duisende oproepe is slegs sowat 500 Dinsdag beantwoord, wat wel sekerlik nog beter as niks is nie, en ‘n goeie hoeksteen vorm vir die daarstel van meer operateurs – as daar natuurlik iets gedoen gaan word.

Nou hierdie is waaroor ek wonder –

Die mense wat inbel kla meestal oor swak dienslewering wat ontvang word by die staatsdepartemente, en nou lees ek hierdie stukkie nuus op nuus24:

“…afhangend van die klagte herlei dit na regeringsdepartemente en provinsiale regerings regoor die land.”

Hoekom word die klagtes weer deurgestuur na die mense oor wie daar in die eerste plek gekla word?

7 Responses to “WEW….34/52”

  1. betsieboop September 16, 2009 at 6:58 vm #

    blame shifting? the ball is to hot to handle? tipiese probleem oplossing van ons wonder amptenare?

    ek wonder saam met jou dmi. half sinnelose oefening gewees — ek dink?

  2. demoerin September 16, 2009 at 8:32 vm #

    Eintlik wonder ek oor nog ‘n ding – Was daar al voorheen ‘n tag wat so baie verkeer op die blogosfeer veroorsaak het, soos die een oor Truth or dare?

  3. Girl van die Suburbs September 16, 2009 at 8:57 vm #

    Don’t get me started… 👿

    Ek is ‘n call centre agent se worst nightmare om te he as want ek kan incompetance GLAD nie hanteer nie… En time again as ek vra om met die supervisor te praat dan luister hulle my klaagliedere aan en sit my net weer deur na die apie wat my in die eerste plek nie kon help nie! :mrgreen:

    Ek het die tag gelove! Regtig. Dit gaan vir my meer oor belangstelling toon en kammeradie (ek weet nie wats die spelling nie) as om jou siel bloot te le!

    Ek is egter bly dis nou verby! Ek voel erg exposed😉

  4. meermin September 16, 2009 at 12:18 nm #

    DMI wonder of hierdie ding gaan werk !!!

  5. meermin September 17, 2009 at 12:35 nm #

    DMI gaan lees die brief op my blog wat een of ander poephol in BEELD het vandag … die man is nie lekker nie!!

  6. Daizy September 17, 2009 at 1:58 nm #

    DMI so moet ons julle mos nou maar leer ken jong…of hoe…en oor die Inbelsentrum het ek wraggies geen komentaar nie….die stand van ons land spreek vanself!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: