Die Week in ‘n Neutedop….

18 Sep

IMGP0838-1En daar het September ook nou amper sy gat gesien. Daar is nog net een Vrydag oor… ja, ek tel weke in Vrydae want hulle is die belangrikste dae in die werkweek. Die Truth tag het die afgelope week vir groot pret gesorg, en ek wonder of daar al voorheen ‘n tag was wat so baie hits, op so baie Afrikaanse blogs gegenereer het? Dit was egter pret, en het miskien bietjie meer insig verleen oor die mense wat ons dikwels slegs met ‘n naam ken. (Emil is blykbaar op ‘n time-out, maar ek bewe in my broek dat hy eintlik besig is om deur al daardie lyste en lyste antwoorde te gaan, besig om analises te doen 😆 )

Hierdie is ook die week wat Patrick Swayze sy stryd teen kanker verloor het. Wie sal ooit Dirty Dancing, al klaar na verwys as ‘n cult classic, vergeet. ‘n Fliek wat bewys het dat jy met ‘n bitter klein begroting, nog steeds aanklank tot miljoene kan vind. “Nobody puts Baby in the corner.” ‘n Lyn wat vir ewig onthou gaan word. Snaaks nogal hoe sekere dinge herinneringe kan terugbring. Elke keer as ek nou Unchained Melody hoor sien ek voor my geestesoog daardie vlieënde stukke klei uit Ghost.

Herinnering is deel van die geskiedenis. Die dinge wat jou as mens gevorm het. Dalk iets wat aan jou ‘n lekker gevoel besorg het, of iets wat vir jou verskriklik mooi, of dalk sommer net daar was. Partykeer klink ons dalk soos ons ouers, toe ons nog kinders was 😆 Maar dit voel tog of die hele grootwordproses iewers in die laaste dekade of so op sy kop gedraai is.

Somtyds leer mens dinge, en jy onthou om dit nie weer te doen nie. Somtyds leer jy dinge en jy stamp jou kop ‘n tweede keer. Somtyds hoor of lees jy dinge wat jou laat dink, en dan kan jy dit wegbêre as waardevolle lewenslesse (Of partykeer kan jy maar net jou kop met ‘n glimlag skud). Maar die belangrikste is sekerlik om eers te besluit wie JY is, nie jou kop aanhoudend stamp en dieselfde foute maak nie (want dit is stupid), en elke dag op te staan, en te gaan slaap met die besef dat dit maak nie saak wat jou omstandighede is nie, daar is miljoene ander mense op hierdie aardbol wat slegter daarvan af is as jy. Put THAT in your pipe and smoke it.

Voor hierdie naweek wegspring moet ons vir Sonkind dankie sê vir die beriggie oor die nuwe bloed in die blogosfeer…. be afraid, be very afraid, bwahahahahaha (dit is my evil lag).

So sonder enige verdere kakpraatjies wens ek elkeen ‘n wonderlike naweek gevul met die beste sluwe onderwater seks toe… en as jy nie ‘n partner het nie, leef maar so daarmee saam…. want sekere desperate aksies mag jou dalk net soos ‘n poephol laat lyk.

Advertisements

15 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. betsieboop September 18, 2009 at 8:22 vm #

    keeping the head high!

    have a good one dmi !!!!!

  2. meermin September 18, 2009 at 8:51 vm #

    Lekker naweek vir jou. 🙂

  3. Girl van die Suburbs September 18, 2009 at 8:56 vm #

    Faaarrrkkkk… Ons gatte is gras met Emil wat so agter die muur uitloer… Jy weet dit!

    • demoerin September 18, 2009 at 9:31 vm #

      Ek sal maar tog bietjie in die Kaap moet gaan kuier….

      • Girl van die Suburbs September 18, 2009 at 10:03 vm #

        Net sodat jy face to face kan hoor hy dink dis nie net die stemme wat jou probleem is nie? 😛

        • demoerin September 18, 2009 at 10:14 vm #

          Dit kan obviously nie net die stemme wees nie. Geen normale mens kan so erg met homself baklei nie 😆

  4. Rustig September 18, 2009 at 9:54 vm #

    Rus goed! As jy in Kaap kom kuier. Wag tot Januarie 2010.

    • demoerin September 18, 2009 at 9:59 vm #

      Ek ken nie van rus nie.

      • BB September 18, 2009 at 11:32 vm #

        Ek ken ook g’n rus nie, maar ek kán biiiiiiiiiietjie russies praat! Eeeeehhhhmmmm: “Coca-Cola” :mrgreen:

  5. BB September 18, 2009 at 10:00 vm #

    Hoeveel tyd het mens nodig vir daai good wishes van jou? Want my naweek lyk na een dolle gejaag en ai, ‘n girl het darem mos maar ‘n break ook nodig?! :mrgreen:

    • demoerin September 18, 2009 at 10:15 vm #

      Dit is nou 1 vraag wat ek nie vir jou kan beantwoord nie BB.

      • demoerin September 18, 2009 at 10:21 vm #

        Het jy nou al aan gepaste song gedink?

        • BB September 18, 2009 at 11:31 vm #

          😕 gepaste song DMI??

          • demoerin September 18, 2009 at 11:35 vm #

            Het jy nou al vergeet jy moet sing by die catfight…. terug na die vorige post to BB!!

  6. Vlam September 18, 2009 at 10:19 vm #

    Og, ek is al soooo moeg vir SOGS. :mrgreen:

    Maar ek moet ophou kla, het die Blog Fairy my geleer. 😆

    Lekker naweek, DMI!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: