Die Week in ‘n Neutedop….

2 Oct

IMGP0838-1Ek is nie lus nie. Te veel laat aande hierdie week is besig om sy tol te eis. En daar is nog nie einde in sig nie. Ek het geen idee wat my besiel het nie, maar moet erken dat elkeen van die aanduitstappies lekker was (dit natuurlik gehoop op 10 tot 11 uur dae op kantoor), ek sal maar Saterdag rus……. ek dink.

Ek het myself net weer gisteraand verwonder aan hoe klein die wêreld regtig kan wees. Dit is eintlik lagwekkend wie jy aan ‘n tafel vir vier kan raakloop!

Ek wonder gereeld hierdie week of ek eendag tog nou maar gaan grootword. Wanneer gebeur dit? Hoe gebeur dit? Kom dit met die huwelik? Kom dit met kinders? Of het elkeen van ons nog, ongeag ouderdom ‘n bietjie kind in ons, partykeer net goed versteek agter verantwoordelikheid.

My bucket list word al langer, en ek dink ek moet ‘n daadwerklike stap neem en ten minste een item per maand te begin afmerk. Dit is nie dat ek nie die dinge op die lys doen, of poog om te doen nie… ek ruim net nie genoeg tyd daarvoor in nie. Ek dink Oktober 2010 behoort aan die tattoo.

So sonder dan enige verwysings na wat ek hierdie week gelees en kwytgeraak, en wie my laat wonder het gaan ek een en elk nou ‘n ongelooflike naweek gevul met die beste sluwe, onderwater gutterseks toewens.

(Ek gaan vandag stilletjies agter my lessenaar deurbring en met oop oë slaap…. en in die web branderry opsoek na tattoo ontwerpe!)

29 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. meermin Oktober 2, 2009 at 7:23 vm #

    Ek het ‘n beter plan maak of jy siek is gaan huis toe ek gaan dux tot vanaand!! Toe weg is jy wat maak jy nog hier!! Lekker naweek😉 Ouderdom haal jou nou in klink dit vir my!

    • demoerin Oktober 2, 2009 at 10:55 vm #

      My lyf kan nie meer die punishment vat soos 10 jaar terug nie.

  2. betsieboop Oktober 2, 2009 at 7:52 vm #

    dmi — grootword is opsioneel! solank ‘n mens ‘kind’ bly sien jy nog die mooi en die wonder van die lewe!

    have a good one !!!

  3. meermin Oktober 2, 2009 at 8:15 vm #

    dmi ek het vandag so mooi stukkie op my blog maar wees gewaarsku hou ‘n sakdoek byderhand, niemand kan dit lees sonder dat jou oge nat word nie!!

  4. Andrew Oktober 2, 2009 at 8:26 vm #

    Broer, die ouderdom vang my ook. Eergister kon ek eers met die tweede probeer slag myself optrek om oor ‘n muur in my buurvrou se agterplaas te kom.

    Wat van ‘n “SOGS” tatto op jou stert?🙂

    • demoerin Oktober 2, 2009 at 10:59 vm #

      Ek wil nie eers weet wat jy daar wou maak nie… los dit maar eerder daar.

      • Andrew Oktober 2, 2009 at 1:28 nm #

        Niks onderwater nie hoor, ja ek weet dis boring maar dis die waarheid. Sy het vir my lank terug toestemming gegee, en net om dood seker te maak dis okay, het ek haar gebel by die werk om seker te maak. Terloops, sy is die hot gay buurvrou, en haar meisie is nog hotter.

        Dan is daar nog ‘n buurvrou, ook gay, wat ek nog nie ontmoet het nie. Die derde en vierde buurvrou is straight en getroud, albei is so gelowig soos ‘n plaas dominie wat nie teologie geswot het nie. Verskillende rasse, verskillende huis tale, verskillende kulture, verskillende freekin als.

        I have it all in SA and I aint giving it up for the world.😆

        • demoerin Oktober 2, 2009 at 1:43 nm #

          Ek verstaan nog nie lekker wat jy dan daar sal doen nie… maar dis ok.
          Jou beskrywing van jou bure het my nou so deurmekaar… en my koppie is juis so moeg!

          • Andrew Oktober 2, 2009 at 2:05 nm #

            Die gay bure, wat ek nog nie ontmoet het nie, het twee honde waarvan die een soms aanhoudend blaf. My tuinslang kan nie ver genoeg spuit om die hond by te kom nie. As ek in my sexy buurvrou se yard staan dan is ek binne tref afstand.👿

  5. Girl van die Suburbs Oktober 2, 2009 at 9:05 vm #

    Bwahahaha… Ja… die storie van vier ek kan dit nog steeds nie glo nie!

    Onthou net een ding…. ‘n Mens kry ink feaver en wil net nog he… Een sal nooit net genoeg wees nie😉

    • demoerin Oktober 2, 2009 at 11:03 vm #

      Ek glo nie. As ek die bucket list getick het dink ek dit is gedoen.

  6. BB Oktober 2, 2009 at 9:11 vm #

    Ok, nou’t jy my damn nuuskierig!! Gaan jy vertel? Om wil jy nou nie ‘name gooi’ nie? Toe-toe: vertel!! ALLES!!

    en wei sommer uit oor daai tattoo ook – why😕 … what🙄 … where😯

    • demoerin Oktober 2, 2009 at 11:04 vm #

      ‘n Bosparra lesertjie en geselsertjie.

      Why – Jy mag nie goed van jou bucket list verwyder nie.
      What – Weet nog nie
      Where – Nie naby enige stert nie kan ek jou verseker. Ek dink aan die onderkant van my nek.

      • BB Oktober 2, 2009 at 11:15 vm #

        Issiiiiit??? Wie?? WIE?? Ja, laa’k nou mar confess –😳 ekke ‘kuier’ ook soms alte lekker daar:mrgreen:
        Cool! jou naam in barcode!! Ek het vir jou ‘n comversion/compiler script wat dit kan bereken!

        • demoerin Oktober 2, 2009 at 11:17 vm #

          😆 As ek op designs besluit het sal ek hulle hier plaas en dan hou ons ‘n stemmery. Kan nogal fun wees!

          Ek dink haar chatnaam is “rymynou”

          • Girl van die Suburbs Oktober 2, 2009 at 11:23 vm #

            Dankie tog sy het jou nie oukie genoem nie! 😉

          • BB Oktober 2, 2009 at 11:39 vm #

            😯 rymynou??!! HEL!!!🙄

          • rymynou Oktober 3, 2009 at 10:41 vm #

            Hmmm, ja ek hou julle dop!!!

  7. BB Oktober 2, 2009 at 11:41 vm #

    LOL @ Girlie!! Dan sou sy haar naampie seker moes verander na : ‘klapsymynou’:mrgreen:

    • Girl van die Suburbs Oktober 2, 2009 at 12:10 nm #

      Ek dink sy het sommer so in my oge gesien…😀 😀 😀

      • rymynou Oktober 3, 2009 at 10:45 vm #

        Hey, is nie ek wat te ry is nie, is my mooi tjor!!!! Soos jy gesê het “die wêreld is klein”

  8. Emil Oktober 2, 2009 at 12:02 nm #

    Ek is ook nie meer lus nie🙂

    • Girl van die Suburbs Oktober 2, 2009 at 12:10 nm #

      Maar Emil… Jy maak Girl bekommerd hoor! Wie het jou sparks gesteel?😕

    • BB Oktober 2, 2009 at 12:23 nm #

      Gee my jou posadres – daar is pille beskikbaar:mrgreen:

    • demoerin Oktober 2, 2009 at 1:20 nm #

      Jou time-out hou nou bietjie lank aan.

  9. demoerin Oktober 2, 2009 at 2:12 nm #

    @ Andrew. Dit maak nogal sin.

  10. Rustig Oktober 4, 2009 at 4:28 nm #

    Demoerin: As jy wonder wat om te tattoo. “No Parking” op die boude help ook baie.

  11. demoerin Oktober 5, 2009 at 6:38 vm #

    @ rymynou – Oulike tjor daardie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: