‘n Kinders

5 Oct
Star Wars @ Lego.com

Star Wars @ Lego.com

Kyk, dis nou geen geheim nie. Ek is net-net aan die regte kant van 35 – dis nou in jare. Maar in gees is ek definitief nog iewers tussen 1 dag en 10 jaar oud. Ek het Vrydag so bietjie hieraan geraak….. ek weet nie wanneer ek gaan grootword nie. Vir hoe lank bly die gees nog jonk? Vir hoe lank is dit aanvaarbaar in die gemeenskap om ‘n kind in ‘n volwasse lyf te wees?

Ek is enige persoon se nagmerrie in ‘n speelgoedwinkel. Ek kan letterlik vir ure op en af in die gange stap en al die nuwe speelgoed bewonder (Ek dink na die 2de of 3de keer het my vriende in Londen aspris die Regent Straat area met die ikoniese Hamley’s vermy). Ek het die afwagting van ‘n 6 jaar oue vir die nuwe animasie flieks. Gooi dan nog daarby enige super-hero fliek vanaf X-men regdeur tot by Batman, en enigiets van Lord of the Rings tot Star Wars, en ek is jou beste maatjie.

Ek dink dit is dalk een van die grootste redes hoekom ek nog nooit daaraan gedink het om kinders te wil hê nie…. ek en die kinders saam sal enige vrou/ma se grootste nagmerrie wees.

Die enigste verskil wat ouderdom aan my gebring het is verantwoordelikheid. Werk, geld, verhoudings. En alhoewel ek glo dat ek dit nie te sleg hanteer nie, sou ek liewer op die lekker wou konsentreer. Ouderdom bring dan gelukkig ook voordele soos alkohol verbruik, sonder dat daar enige wenkbroue gelig gaan word.

Ek kan besluit of ek ‘n drankie wil drink, ‘n sigaret wil rook (of selfs ‘n zol), of ek ‘n stukkie space-cake wil nuttig….. maar somtyds dink ek net daaraan as ‘n stappie om Wii net nog meer pret te maak.

26 Responses to “‘n Kinders”

  1. Rustig Oktober 5, 2009 at 8:43 vm #

    More sê! Stem saam. As ek eers in Hamleys in is, kom ek eers toemaak tyd daar uit. Vrek oor model treintjies!

    • demoerin Oktober 5, 2009 at 10:56 vm #

      Enige speelgoed – Karretjies, treintjies, lego, meccano etc. etc. etc.

  2. kaalvoetinireen Oktober 5, 2009 at 9:58 vm #

    Ek sal my hele salaris in die speelgoedwinkels hier blaas! Het in Japan op die coolste plek afgekom, maar gelukkig vir my beursie, was dit net voor toemaaktyd en kon ek dus nie te veel koop nie.

    • demoerin Oktober 5, 2009 at 10:57 vm #

      Daar is altyd klein seëninge!

  3. boervrou Oktober 5, 2009 at 10:08 vm #

    Hi vloekwoordjie!
    Ek luuuuv speelgoed die girls het so baie Barbie-goed en klere, en barbie koppies dit lyk soos ‘n speelgoedwinkel. Ek gebruik altyd die verskoning dat hulle 3 is, en daar moet ‘genoeg’ goedjies vir almal wees om mee te speel!

    Ek lewe en daars nuus : http://boervrou.wordpress.com/2009/10/05/nou-toe-vra-maar-jy-kan-n-r100-woolies-voucher-wen/

  4. Girl van die Suburbs Oktober 5, 2009 at 11:04 vm #

    Dit sal enige vrou se droom wees… maar dan hoef sy nie die man of kinders te entertain nie!:mrgreen:

    • demoerin Oktober 5, 2009 at 11:27 vm #

      😆 …. ding is net hoeveel aandag gaan sy kry?

      • Girl van die Suburbs Oktober 5, 2009 at 11:33 vm #

        Wel… Ek is seker sy het haar eie speelgoed! 🙄 en erens sal die twee mooi saam kan speel!:mrgreen:

        • demoerin Oktober 5, 2009 at 6:10 nm #

          Tussen Pa en die kinners saam sal daar seker oorgenoeg batteries in die huis wees.

          • Andrew Oktober 5, 2009 at 9:25 nm #

            DMI, jy weet ek praat reguit en ek worrie nie oor die gevolge nie, ek dink jy sal ‘n serious goeie pa en lover vir ‘n vrou wees. Jy is defnitief together.

            Moenie jou talente graf toe neem nie. 🙂

  5. Xena Phoenix Oktober 5, 2009 at 11:22 vm #

    ‘n Mens kan partykeer net verstom staan oor die reeks speelgoed wat beskikbaar is. En baie dankbaar wees dat jy nie kinders het om al die cool goed voor te koop nie.

    Ek kan die press here’s nie weerstaan nie. Ek spandeer ure om alles te toets.

    • demoerin Oktober 5, 2009 at 11:28 vm #

      ** PRESS HERE** Dink ekke moet so ‘n t-shirt kry😆

  6. meermin Oktober 5, 2009 at 11:25 vm #

    Die kind bly ons in elkeeen leef, al word ons in jare ouer en al wys die grys in die hare, bly daar nog ‘n kind oor in ons!! Wat jy uitdeel is wat jy gaan terug ontvang, nie net probeer ek ‘n goeie ma wees vir my twee nie, maar ek is daar vir hulle ek is meer ‘n vriend vir hulle as ‘n ma. My vriendekring is maar aan die klein kant, maar ek is daar vir elke vriend – vriendin. Lekker dag.

    • demoerin Oktober 5, 2009 at 11:29 vm #

      Ware woorde meermin, ware woorde!! Dit gaan nie oor kwantiteit nie, maar kwaliteit.

  7. Vlam Oktober 5, 2009 at 10:09 nm #

    Og jinne, DMI, jy moet juis kinders he! Dit sal mamma baie help as pappa die kinders kan vermaak. Go for it! Mens het nie kinders omdat jy nie meer wil speel nie. 😉

  8. demoerin Oktober 6, 2009 at 7:06 vm #

    Ek sal eers die regte mamma moet opspoor….. en dan beter na myself begin kyk voor ek die responsibility van na kinders kyk kan doen😆

  9. Pagoda32 Oktober 6, 2009 at 1:51 nm #

    Ek het al my Lego blokkies van kleintyd gehou. Kannie wag vir my latie om 4 te word sodat ek dit vir hom kan gee en saam met hom dit te speel nie. Maak dit van ‘n “groot” kind? ABSOLUUT!!

  10. rosalindfranklin Oktober 7, 2009 at 5:26 nm #

    Ek vrek oor speelgoedkinders en loop nie een verby nie. Ek wil altyd Leggo koop en het ookal!
    Ek het in 1979 ‘n skylectric gekry en ek soek weer een, een wat lekker kan jaag met nice bane en alles. Ek bou vliegtuie en bote en puzzles.

    Ek sal altyd so bly, basta society.

    ps. en ek kyk na advertensies vir speelgoed (nie vir klere of kos nie)

    • demoerin Oktober 7, 2009 at 5:42 nm #

      Het jy gesien wat kos skylectrix deesdae… dit het my amper ‘n hartaanval besorg… ons praat nou van die ware jacob!

  11. rosalindfranklin Oktober 7, 2009 at 5:27 nm #

    Flip ek dink ons sal helse lekker saam kan speel😆

    ek bedoel speelgoedwinkels, maar speelgoedkinders is seker ook fine!

  12. rosalindfranklin Oktober 9, 2009 at 3:15 nm #

    Ek het gesien wat kos skylectic, maar ek gaan vir kersvader daarvoor vra.👿

  13. demoerin Oktober 12, 2009 at 7:19 vm #

    Ahhhhhhh, moenie my sulke goed wys nie👿

  14. Kameleon toys Junie 9, 2010 at 3:22 nm #

    Ik kies liever voor leerzaam speelgoed!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: