Musiek… Lynyrd Skynyrd

6 Oct
lynyrdskynyrd.com

lynyrdskynyrd.com

Drie dekades later is een van die ikoniese rockgroepe nog met ons. Hulle het ‘n nuwe album uit en is besig om ‘n toer deur Amerika te doen.In die drie dekades wat die groep bestaan was daar slegs ‘n 10 jaar breuk nadat die huurvlug net voordat hulle hulle sou land, uit brandstof uitgehardloop het en neergestort het in ‘n woud buite Gillsburg, Mississippi. Drie van die groeplede, die assistent toer-bestuurder, die loods en sy assistent is op impak dood. Die ander lede het ernstige beserings opgedoen.

Lynyrd Skynyrd is in 1964 deur ‘n groep tiener-vriende gevorm, en is in 1972 deur die liedjieskrywer en producer, Al Kooper van Blood, Sweat and Tears ontdek. Van hier af het die groep ongekende sukses behaal met ‘n hele aantal platunum en dubbel-platinum albums op hulle kerfstok, ten spyte van die dekade breuk tussen 1977 en 1988. Alhoewel die meeste van die oorspronklike lede al oorlede is, het elke nuwe lid slegs voorgebou op die groep se kenmerkende klank, meestal dromme en ‘n hele aantal kitare!

Die groep het amptelik in 2006 hulle plekkie in die Rock and Roll Hall of Fame gekry, en was in 2004 genomineer deur Rolling Stone as een van die 100 beste artists van alle tye.

Daar was ‘n hele string groot treffers gedurende die laaste 30 jaar, waarvan Simple Man altyd my gusteling gaan wees. Een van hulle oorspronklike treffers Free Bird, gaan egter altyd die grootste Skynyrd song bly. Daar is ‘n toutrekkery tussen Free Bird, en Led Zeppelin se Stairway to Heaven, as die mees aangevraagde lied van alle tye oor die radio. As jy dromme en nie net een nie, maar sommer ‘n paar kitaar-solo’s in die resep ingooi kan jy sommer sien hoekom Free Bird die nommer 3 posisie op Guitar World se 100 Greatest Guitar Solos ingeneem het……

18 Responses to “Musiek… Lynyrd Skynyrd”

  1. Girl van die Suburbs Oktober 6, 2009 at 8:45 vm #

    Mooi bly darem mooi! Hierdie is een van die drie songs op die cd waarvan ek hou!

  2. Rustig Oktober 6, 2009 at 10:03 vm #

    Skoon vergeet van die klomp. Wys jou net hoe oud ek word en die geheue wat daarmee gepaard gaan.

  3. Girl van die Suburbs Oktober 6, 2009 at 10:42 vm #

    Oukie!!!!!:mrgreen:

    L S het sopas op die draadloos gespeel… EN… binne die volgende uur gaan hulle, hul nuwe song release!

    Die ou ballies rock nog na al die jare!

    • demoerin Oktober 6, 2009 at 3:47 nm #

      Ek is jammer ek het die nuwe song gemis…. gaan bietjie op hule website loer.

      • Girl van die Suburbs Oktober 6, 2009 at 11:31 nm #

        Jeremy is ‘n groot fan en hy het spesiaal gevra om die bekendstelling saam Alex te doen… Hulle het twee LS songs gespeel!

  4. Vlam Oktober 6, 2009 at 1:01 nm #

    So leer ek elke dag iets nuuts… 😉

  5. meermin Oktober 6, 2009 at 1:46 nm #

    Het al heeltemal vergeet die groep bestaan ouderdom is ‘n lelike ding … verkalking van die brein selle …

    • demoerin Oktober 6, 2009 at 3:32 nm #

      Sekere bands vergeet mens net nie van die… soos die Stones en Skynyrd!!

  6. Pagoda32 Oktober 6, 2009 at 1:48 nm #

    In Con-Air:
    “Define irony…”
    “A bunch of convicts on a plane singing to a song made famous by a band who dies in a plane crash…”

  7. Pagoda32 Oktober 6, 2009 at 1:48 nm #

    sorry – moet “died” lees

  8. BB Oktober 7, 2009 at 6:31 vm #

    Og! Een van Helge se alltime favorites! Ons luister hulle nogal gereeld.

  9. Girl van die Suburbs Oktober 7, 2009 at 8:20 vm #

    Dalk luister ek net te veel draadloos❓

    LS het vanoggend weer gespeel…

    • demoerin Oktober 7, 2009 at 8:30 vm #

      Ek weet – Sweet Home Alabama!

  10. Marile Cloete Mei 25, 2010 at 10:37 vm #

    Wonderlik hoeveel groepe (en individue) deesdae so lank kan aanhou en steeds hul oorspronklike passie en kreatiwiteit behou. Het dit bloot te doen met goeie gesondheidsorg wat mense langer gesond laat bly?
    Bruce Springsteen is my gunsteling onder die “oues van dae” wat net aanhou en aanhou.

    • demoerin Mei 25, 2010 at 1:09 nm #

      Ek dink dis omdat die meeste van daardie bands probeer om oorspronklik en saam te bly.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: