Woordspel…. ‘n Emmerlysie

7 Oct

Emmer

‘n Emmerlysie

Die verwronge hande lê styf teen sy sye vasgedruk. Asemhaling is diep en oneweredig. Elke moeilike leweteug bring pyn en lyding oor sy oë. Elke sekonde lewe verdrink in ‘n pynpoel. Die liggies op die monitors flikker soos laas Kersfees se kersboom. Die ritmiese klank van toerusting versteur die stilte…. En verleng ‘n lewe.

’n Dame kom die kamer binne. Sy dra die uitrusting van iemand soos ’n kunstenaar. Eintlik is sy ’n prokureur. Haar oupa se lewe het haar baie geleer. Haar oë is nog rooi van die huil in die kar. Haar grimering gesmeer oor haar wang waar ’n traan ’n hartseer pad gelos het. Sy het egter ’n groot glimlag op haar mond, maak nie saak wat nie – Sy sal vir Oupa opbeur.

Sy gaan sit eenkant op die bed en leun oor om hom ’n sagte kus op die voorkop te gee, terwyl sy saggies sy een hand druk. ”More Oupa” ”Lekker geslaap?”

Daar is geen antwoord nie, want die pyp in sy keel af verhoed enige vorm van gesprekvoering. Die verskyning van die lagplooitjies om sy oë is egter al antwoord wat sy nodig het.

Dit is nou tyd vir die aanvang van hul daaglikse roetine. Net hulle twee. In privaatheid. Gedeelde siele. Die album word uit die kassie nadergetrek, en sy begin by bladsy een. Elke dag by bladsy een. Sy gaan lê langs Oupa op die bed, en hou die album skuins dat hy ook kan sien. Een vir een maak sy melding van elke foto. Vertel sy weer aan hom die stories, wat hy die afgelope dertig jaar geduldig aan haar vertel het.

”Kyk Oupa, jy en Ouma op Everest se piek. Julle het mos amper daardie aand verkluim van die koue.” ”En hierdie een waar julle die Harley in Kaapstad gehuur het, en met groot gesukkel aan die maatskappy moes verduidelik hoe die motorfiets oor die afgrond onder in die see beland het.” ”Oooo, en hier is die een van my vyfde verjaarsdag. Ma was so kwaad omdat Oupa vir my ’n tattoo gekoop het. Al was dit een van daardie wat kan afwas.” ”En hier…… ”

Die herinneringe speel soos ’n strokiesprent voor sy oë af. ’n Vol lewe. ’n Lewe gevul met avonture. ‘n Lewe gevul met vriende en familie. Herinnering wat prysloos is.

”En hier is waar Oupa vir Oom Jan moes saamsleep na die Bungi jumping daar by die Stormsrivierbrug. Dit was net nadat Ouma oorlede is.”

“Oupa se bucket-list was sekerlik ‘n bucket-boek gewees om te kon onthou van al die dinge wat jy wou doen!” “Ek moet my lysie begin maak van al die dinge wat ek noeg moet doen.”

“En hier is die foto van Oupa se 80ste verjaarsdag laas jaar. Kyk net hoe het ons almal op die springkastele gebaljaar.”

Met die omblaai na die laaste bladsy in die album val ’n koevert uit wat nie gister daar was nie. Haar naam staan daarop. Dit is met die dat sy agterkom die dokter en verpleegster staan voor die bed. Jammerte oor hul gesigte ge-ets. Die ritmiese maat van die masjinerie is stil. Dit is die einde van Oupa se pyn. Dit is die einde van Oupa se lyding. Dit is die einde van Oupa se avontuur.

Die trane los ’n hartseerspoor oor haar wange terwyl sy die koevert met haar naam op oopskeur. Selfs in sy swak toestand, het hy sy laaste bietjies krag bymekaargeskraap om hierdie nota gisteraand aan haar te skryf.

”My liefste kleinkind. Jy noem al elke dag die laaste twee weke hoe jy jou bucket-list moet opstel, want myne was seker lank. Myne was glad nie lank nie. Dit het uit ’n paar reëltjies bestaan:  Moenie alles wat jy nog wil doen najaag nie. Dit gaan veroorsaak dat jy nie die huidige avontuur geniet nie. Maar, as ’n nuwe avontuur jou pad kruis, moenie hom laat verbygaan nie. Dit is hoe jy die boustene vir ‘n vol lewe en mooi herinneringe lê, sonder om te bekommer oor wanner jy die emmer omskop.”

14 Responses to “Woordspel…. ‘n Emmerlysie”

  1. Vlam Oktober 7, 2009 at 10:54 vm #

    Oeg! Pragtig! Ek het ook sommer ‘n traan innie oog. Maar sy briefie…jis…dis WAAR!

  2. Sammi Oktober 7, 2009 at 12:14 nm #

    En dan leer ek mos nou ook daardie van die wyse Oupa! Dankie DM – hierdie het nou vir my persoonlik baie beteken.

    By the way – jy en ‘n paar pêlle van jou het huiswerk daar by my! Moet asb nie skiet nie:mrgreen:

  3. meermin Oktober 7, 2009 at 1:29 nm #

    SJOE DIT IS MOOI !!

  4. boervrou Oktober 7, 2009 at 2:52 nm #

    Baie diep, baie waar.

  5. Girl van die Suburbs Oktober 7, 2009 at 3:36 nm #

    Sjoe… Ja… die uitstel siekte waaraan ons almal ly.

    As ek iemand sou kon raad gee sou ek wel die volgende in die briefe in gesit het….. (Ja ek weet dis naarwordends-toe corney maar die woorde bly by my vassteek…want die te laat wees is haatlik om vir ewig rond te dra)

    “why don’t you come to your senses?
    Come down from your fences, open the gate
    It may be rainin’, but there’s a rainbow above you
    You better let somebody love you, before it’s too late”

    Kyk verby die reen en dans onder die reenboog!

    • demoerin Oktober 8, 2009 at 10:31 vm #

      Nog woorde:

      Kaalvoet in die reën…la.la.la

  6. meermin Oktober 8, 2009 at 6:57 vm #

    Glo my daai reseppie is heeeeerlik!!

  7. demoerin Oktober 8, 2009 at 7:02 vm #

    Dink julle nie woorde is wonderlik nie. Ek speel so lekker.
    Dankie vir julle mooi woorde…. miskien sal julle my eendag die eer aandoen om dit aan julle kinders en kleinkinders oor te vertel.

    • Girl van die Suburbs Oktober 8, 2009 at 9:11 vm #

      Jip… woorde…. Die boustene tot menige songs daar buite en elkeen het ‘n ander betekenis. I laaik!😉

  8. ekwilprobeer Oktober 8, 2009 at 10:22 vm #

    ‘n Bietjie blog advertensie.

    Wie gaan die jaar die Curriebeker wen?

    Bereid om jou mening te waag en dalk R200 vir liefdadigheid op te dok?

    http://loseitofhoesdit.wordpress.com/

    • demoerin Oktober 8, 2009 at 10:32 vm #

      Bulle…. wie anders?😆
      Sal later inloer.

  9. Pagoda32 Oktober 8, 2009 at 11:09 vm #

    ‘n bucket list….nie vir my nie, nee dankie.

    Mense wonder gedurig wanneer ek gaan grootword. My antwoord is eenvoudig. Solank ek myself soos ‘n tiener gedra sal ek memories opbou wat my ‘n leeftyd en ‘n bietjie sal bybly.

    Ek is nou maar 33, en ek kan in alle eerlikheid se dat my lewe die laaste tien jaar voller as baie ander mense s’n was wat al diep in hulle 60’s is. Mens moet jouself reg hou vir uitdagings. Jy moet bereid wees om die onbekende te pak en dit bloots te ry. JY MOET bly kleef aan die goeie en die slegte laat gaan. Die slegte herinneringe wat mens verhoed om nuwe en goeie herinneringe op te bou.

    • demoerin Oktober 8, 2009 at 11:28 vm #

      Ek dink ‘n uitstekende lewensuitkyk!

  10. meermin Oktober 8, 2009 at 1:20 nm #

    het so lekker kwaai braai paai resep op my blog

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: