Die Week in ‘n Neutedop….

9 Oct

IMGP0838-1Wat ‘n week. Ek kan dit eintlik beter in BAIE sterker woorde beskryf, maar ek probeer regtig minder vloek en het hierdie week my kwota vir die res van die jaar opgebruik.

Ek het hierdie week reg oor die blogwêreld getoer en inkopies gedoen. Baie goeie pryse beding en kan die volgende bied teen baie mededingende pryse (na my mark-up natuurlik). Ek aanvaar verkieslik harde kontant, maar het ook fasaliteite vir plastiek-geld – Daar moet jy net ‘n ekstra 100% by die prys bytel om die bankkoste en koordlose kaartmasjien se koste te kan dek.

  1. X-treme uitstappie (Jy betaal egter jou eie verblyf en vlugkoste)
  2. Vat-aan-die-boud-ondervinding (Geen waarborg op die item)
  3. Reünie idees (OK, een idee)
  4. ‘n Dosie Crushes (crushes, nie crashes…. maar teen ‘n fooi…)
  5. Siener Besoek (Die wysaard is ongelukkig nie BAIE praatsaam nie)
  6. Socialising With Truckdrivers 101 (Of iemand uit die verre Oosrand)
  7. Uit die Doos Ervaring (Soos in ‘n kartonboks)
  8. Uplifting Experience (Spesiaal vir die Dames)
  9. Verkeerverslag (As jy in Bloem bly)
  10. Oefen Kakpraat (Handige oefenlopie vir die braaivuur/pub)
  11. Rus en Vrede Pakkie (Vir as dinge te woes gaan)
  12. Rystaan Ondervinding (As jy bietjie die moermeter wil opjaag)
  13. Vertel-‘n-Maatjie-Pakket (Vir al daardie mense wie jy waardeer)
  14. Steen (Vir as jy dalk te ver gaan op 1. en 11.)
  15. Waarskuwing (Want ek het nie ‘n Geld-Terug waarborg nie)

En dan saam met elkeen van hierdie kry jy verniet – mahala – vir niks – HUISWERK! Ek dink dit is ‘n goeie idee om nie net self meer van jou omgewing uit te vind nie – maar ander daarvan te vertel!

En as julle nou al julle geld hier spandeer het – Gaan huis toe en spandeer jou energie op die beste, sluwe, onderwater gutterseks – En as jy te ver gaan, laat weet net jou partner waar om my in die hande te kry – Ek sal ‘n nommer 14. oorstuur – Hulle sal slegs die afleweringskoste moet dek!

14 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. meermin Oktober 9, 2009 at 7:42 vm #

    Dankie ek dink hierdie week in ‘n neutedop vat jy excellent saam !!! Lekker naweek !!

  2. Vlam Oktober 9, 2009 at 8:02 vm #

    Ek’s te bang om te vra wat ‘n nommer 14 is… 🙄

  3. Rustig Oktober 9, 2009 at 8:47 vm #

    Kan ek aan neem jy gaan rustige naweek hê? Of is dit nou weer “wishful thinking” van my kant af?

    • demoerin Oktober 9, 2009 at 8:56 vm #

      wishful thinking sou ek sê – No rest for the wicked.

  4. BB Oktober 9, 2009 at 10:50 vm #

    Daai Pricasso was die enigste ou op daai expo wat nie ‘n uplifting experience gehad het:mrgreen: hy kannit nie bekostig nie – hy hou sy paintings dan mos so onderlangs vas😉

  5. Girl van die Suburbs Oktober 9, 2009 at 12:38 nm #

    ** Girl staan terug en dink**

    As ‘n nuweling wat vir die eerste keer die blog lees hier moes kom staan en vasval…. sou hulle nooit weer dieselfde gewees het nie…🙄

    Ek meen… daar word na picasso geloer… daar word aan boude gevat en iemandanders het sluwe, onderwater gutterseks.

    Mooi man!:mrgreen:

    • demoerin Oktober 9, 2009 at 12:52 nm #

      Maar net my positiewe bydrae in die gemeenskap😆

  6. Sammi Oktober 9, 2009 at 1:15 nm #

    Ek is tog so bly jy hou van daai huiswerk, DM – en moet bieg – ekself het nog nie daarby uitgekom nie, maar die girls skop sover stof innie manne se oë 😛

  7. MaanKind Februarie 12, 2010 at 9:21 nm #

    Dankie vir die heenwys na die plekke!

  8. MaanKind Februarie 12, 2010 at 9:28 nm #

    (En hier kom ek nogal op myself af!)
    My lewe was bietjie wild, maar dit gaan nou bietjie rustiger wees vir ‘n ruk. Hoop om meer in te loer.

Trackbacks/Pingbacks

  1. Holte vir my voet - Oktober 13, 2009

    […] deel hier huiswerk uit aan al sy Vrydag neutedoppers. Vertel van jou area. Ek gaan nie vertel van my huidige area nie, […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: