Ek is…. nie ‘n klip nie

12 Oct

Gisteraand lê ek en dink – (Ja ek doen te veel van dit…..)

Ek is ek.

Ek is edel, ewig eg.

Ek is waarheid, ‘n vesting van integriteit.

Ek is my geskiedenis, tog onseker oor my toekoms.

Ek is gemasker, die spore van pyn en hartseer verskans.

Ek is trots, bou my lewe op gekose waardes.

Ek is warm, al skuil ek soms agter koud.

Ek is lojaal, ewig getrou.

Ek is ek.

DSCN0259

Fokkit…. ek klink soos die wandelende Voortrekker Monument

27 Responses to “Ek is…. nie ‘n klip nie”

  1. Vlam Oktober 12, 2009 at 7:26 vm #

    LOL! Solank jy nie soos die Monument lyk nie, DMI! 😆

    Nee wat, ek dink jy is heel oukei, hoor. 😉

    • Girl van die Suburbs Oktober 12, 2009 at 7:56 vm #

      Wel….. Ekke dink jy is meer as net oukei…😉

      Mooi woorde en totaal eerlik en waar so op ‘n maandag oggend!

      • demoerin Oktober 12, 2009 at 9:22 vm #

        Moet maar altyd eerlik wees… goeie deug om toe te pas.

  2. Dellie Oktober 12, 2009 at 9:05 vm #

    Nice. Jy is OK.😉

    • demoerin Oktober 12, 2009 at 9:23 vm #

      OK klink so gemiddeld ….😆

  3. betsieboop Oktober 12, 2009 at 9:43 vm #

    dmi — jy het vergeet om Ek is kosbaar by te sit . . .

    jy is uniek en kosbaar DMI !

    Essence van menswees saamgevat in ‘n paar baie wyse woorde! Mighty nice geskryf

    • demoerin Oktober 12, 2009 at 1:54 nm #

      Dankie….. kosbaar ja, maar nie prysloos nie –😆 Ken iemand ‘n stinkryk weduwee-boervrou met geen familie nie?

      • boervrou Oktober 13, 2009 at 6:58 nm #

        Ek weet van ‘n stinkryk wewenaar… compromise vloekwoodjie🙂

        • demoerin Oktober 14, 2009 at 6:35 vm #

          😆 Toemaar… dis orraait……

  4. Sonkind Oktober 12, 2009 at 9:54 vm #

    Jy is COOL!

    • demoerin Oktober 12, 2009 at 1:53 nm #

      Cool is al ‘n stappie beter as OK😉😆

  5. Sammi Oktober 12, 2009 at 11:07 vm #

    Ek is EK – ek hou van dit DM. En ek dink ook jy het ‘n moerawiese sin vir humor. Daai van jou is ubercool!

    • demoerin Oktober 12, 2009 at 1:55 nm #

      Hoekom sê jy nie reguit “clown” nie. Gmmmf.😆

      • Sammi Oktober 12, 2009 at 2:19 nm #

        Gmmmf! En dan is jy so ietwat touchy oor tannies wat die ooms probeer leer – hou tog net die mortiere weg, seBLIEF!!!

        Enne HOE groot is Jozi presies?? Bly jy dan oral daar?😉

        • demoerin Oktober 12, 2009 at 5:27 nm #

          Tannies kan oom NIKS leer nie😆

          Kom loer weer more-oggend 7 uur in😉

  6. meermin Oktober 12, 2009 at 12:44 nm #

    Ek is mos maar net ekke!!

    Gaan loer op my blog het foto’s van die matriek afskeid.

  7. meermin Oktober 12, 2009 at 12:44 nm #

    Juffrou’tjie en haar ou was die mooiste couple !!

  8. Xena Oktober 12, 2009 at 1:37 nm #

    Dit is vir my asof die Voortrekkermonument oor Pretoria waak. Dit is amper van oral af sigbaar.

  9. Emil Oktober 12, 2009 at 4:48 nm #

    Party monumente is soms onooglik en beteken vir baie baie anderse dinge😉

    Jou bepeinsing hierbo is pragtig.

    • demoerin Oktober 12, 2009 at 5:29 nm #

      Wee jy, dit gaan nie altyd oor wat dit beteken nie. Mooi en interessante argitektuur bly juis dit.

      Ek persoonlik dink die Hassan II Mosque in Casablanca is moerse geldmors in ‘n land waar mense kripeer, maar dit is ‘n ongelooflike mooi stuk argitektuur.

  10. kaalvoetinireen Oktober 12, 2009 at 7:17 nm #

    Baie nice foto van die ou monument!
    Jy is ‘n heel oraait ou, eintlik baie meer as oraait😉

    • demoerin Oktober 13, 2009 at 1:54 nm #

      Ek het begin bekommerd raak…

  11. BB Oktober 13, 2009 at 7:51 vm #

    “Jy is spesiaal”:mrgreen: – die eerste keer toe Helge dit sê het ek amper ‘n oorval gekry – en die kys was uit😆 Maar ja, jy IS damn special, DMi😉

    • demoerin Oktober 13, 2009 at 1:55 nm #

      Ag, dankie Tannie BB…….😆

  12. boervrou Oktober 13, 2009 at 6:56 nm #

    Lojaal is Baie belangrik vloekwoordjie! Onverbeterlike eienskap!

  13. Spear The Almighty Oktober 15, 2009 at 10:48 vm #

    Lol!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: