Welkom in Jozi…..

13 Oct

Johannesburg, Egoli, Jo’burg, Jozi – Maak nie saak met watter naam jy die stad wil vereer nie – Hy bly uniek, met ‘n baie ryk geskiedenis vir ‘n stad wat net 123 jaar oud is.

Jozi Sonsopkoms

Jozi Sonsopkoms

In 1886 is goud op die destydse Witwatersrand ontdek. Dit was slegs ‘n paar jaar nadat sekere van die Voortrekkers hulle in die omgewing (veral Pretoria) kom vestig het, en ‘n onafhanklike Transvaalse Republiek gestig het. Die Britse bestuur aan die Kaapkolonie was eers gelukkig met die boere wat meer as 1,000 kilometer van Kaapstad af was. Die ontdekking van die baie ryk goudbelt het natuurlik hulle vinnig van plan vernander. Die Britse Kroon moes “incash” op hulle investering aan die suidpunt van Afrika. 

Die tou-trekkery oor Johannesburg het vinnig op die Anglo-Boereoorlog uitgeloop, met die Britte wat Transvaal wou hê, en die Transvalers wat met alle mag aan hulle pot goud wou vasklou.

Die klein mynersdorpie het sommer vinnig in ‘n stad van groot proporsies ontaard, en het in die daaropvolgende 100 jaar net bly groei in en om een van die grootste goudfondse wat tot dusver in die wêreld gevind is. Heelwat van die geskiedkundige besienswaardighede soos by Gold Reef City en die Ferreiras Myn (‘n Geheim waarvan BAIE min weet onder die Standard Bank Hoofkantoor in Simmonds Straat) is rondom goud gesentreer. Johannesburg het sommer vinnig die sentrale punt vir mynbou en die bemarking van die goud en diamante uit nabygeleë Cullinan en Kimberley geword. Rondom die mynbou het ander industrie en bankwese ook ontwikkel, wat van Johannesburg die huidige ekonomies reus in Sub-Sahara Afrika maak. Tussen 10 en 15% van die Sub-Sahara Afrika GDP word in die Groter Johannesburg metropool gegenereer deur die ongeveer 10 miljoen inwoners. Jozi tel onder een van die 40 grootste metropole in die wêreld.

Na Die Storm - Jozi, Die Mensgemaakte Woud

Na Die Storm - Jozi, Die Mensgemaakte Woud

Johannesburg lê so 1750m bo seespieël wat die area ‘n baie gematigde, maar tog droë somer klimaat verleen. Jozi kry nie regtig reën wat vir dae aanhou nie, ons is geseën met iets heeltemal anders, ongelooflike donderstorms – Die Hoëveldse Atmosferiese Simfonie! Al is daar nie ‘n oorvloed water nie, is daar omtrent 10 miljoen bome in-en om die stad. (Wat aan Jozi die titel van die grootste mensgemaakte woud in die wêreld verleen). Daar is heelwat beskermde groen areas, met 2 Botaniese tuine – Een in Emmarentia, en een in Roodepoort, en dan natuurlik die baie mooi opgeknapte Johannesburg Dieretuin. Daar is ook groot areas net buite die metropool grense waar jy Maropeng (Cradle of Humankind), Sterkfontein Grotte, Wonder Grotte, Die Krugersdorp Wildtuin en die Rhino and Lion Park gaan raakloop. Dit alles in minder as ‘n halfuur se ry uit die middestad.

In die middestad troon die Carlton Sentrum bo die ander geboue uit. Teen 222m, die hoogste gebou in Afrika. Sover dit strukture aangaan is beide die Hillbrow Toring (270m) en die Brixton Toring (234m) in die stad hoër (Die torings is baie goeie landmerke om te bereken waar jy jouself in die metropool in vergelyking met die middestad bevind.

My Wêreld - Op 'n Laat Oktober Middag

My Wêreld - Op 'n Laat Oktober Middag

Die Apartheidmuseum maak ook deel uit van die Gold Reef City kompleks, en Vilakazi Straat in Soweto is die enigste straat in die wêreld waar 2 Nobelpryswenners grootgeword het, Nelson Mandela en Aardsbiskop Desmund Tutu. (Terwyl jy in Soweto is kan jy sommer gaan bungee by die nuwe avontuur sentrum, waar 2 ou verkoelingstorings omskep is sodat jy ‘n bungee-swaai of gewone bungee kan doen. Die gewone bungee is die enigste in die wêreld waar dit aan die binnekant van ‘n struktuur is.)

Daar is natuurlik heelwat ander museums, ongelooflike restaurante en ‘n hele aantal teaters en die planetarium in en om Jozi om jou dae en aande op te kikker. Vir inkopies gaan jy nie soveel wêreldklas inkopiesentrums in so ‘n klein area kry nie. Daar is natuurlik ook 5 casinos in die metropool omgewing – waarvan Montecasino sekerlik die mooiste in Suid-Afrika moet wees. Jy kan op toere van elke denkbare kleur en geur gaan, van Soweto tot die SAB World of Beer (Die een is BAIE cool) al die pad tot die Mystery Ghost Bus Toere en ‘n planetarium besoek inpas. En net om die uitstappie op ‘n nog hoër noot af te sluit, kan ‘n Lippizzaner optrede gaan kyk (Die enigste plek in die wêreld, buite Wene, waar die opleiding van die Spanish Riding School erken word)

Die Liggies in die Aand

Die Liggies in die Aand

In ‘n neutedop: My hart se punte word dalk getrek na die ander uithoeke van hierdie pragtig land… maar daar is net een Jozi. As die unieke ritme van Jozi eers deur jou polsslag klop…. is jy verslaaf.

Daar’s hy Sammi, huiswerk gedoen!

Bronne: joburg.org.za & joburgtourism.com

18 Responses to “Welkom in Jozi…..”

  1. Sammi Oktober 13, 2009 at 7:07 vm #

    Standing ovation!!!
    Uitstekend gedoen DM! Ek ervaar sommer daardie polsslag na wat jy verwys – dit IS nou maar so, Jozi is UNIEK in hierdie land betreffende daai.
    En daardie grootste man-gemaakte forest na wat jy verwys – DIT was my stomping ground – reg langs die dieretuin. Amper begin ek dit weer mis!

    • demoerin Oktober 13, 2009 at 7:37 vm #

      Net amper????

      • Sammi Oktober 13, 2009 at 8:01 vm #

        Ag ok ok, ekke was nou die dag weer daar – net in en uit en ja wel goed, net so ‘n biekie meer as amper. Maar ek willie daaraan dink nie.

        • Girl van die Suburbs Oktober 13, 2009 at 10:59 vm #

          Ag Sammi… ek het regtig geen ander rede oor ek in Jhb behalwe dat ek nie in die Pta verkeerd wil sit elke oggend nie… 😉

          Daai forest is egter vreeeeeeslik bekoorlik… Jy dalk familie van Zuma????

          • demoerin Oktober 13, 2009 at 1:30 nm #

            Of dalk familie in die zoo?😆 Sorry…. kon nie help nie.

          • Sammi Oktober 13, 2009 at 1:47 nm #

            Julle soek vir my né!! Envy makes one nasty wêla kapêla!!
            Ekke hou tog sooooo baie van Zuma, veral wanneer hy daardie wit tekkie dans met die velletjie en mortier – agge ek bedoel, die spier doen! Sooo TIPIES man!! Kyk hoe sterk is ek hehe!! Look how pouwerfoel I am – the big strong dancing Zulu kryger!!
            Maar ek moet sê hy en sy 100 bodyguards het mens nogal veilig laat voel😆 en dan beblixemd oor ONS daarvoor moet betaal!!

  2. meermin Oktober 13, 2009 at 7:22 vm #

    Daardie liggies bly darem maar mooi jare terug was ons kuier plek daar by die Bedfordview uitsig ek dink dit is wat mens dit noem, dit is so mooi van daar bo af …. skielik verlang ek daarna. Maar terug trek JHB toe ek twyfel as ek nou trek trek ek Uvongo se kant toe en klaar !!

  3. betsieboop Oktober 13, 2009 at 7:26 vm #

    *clap-clap* brilliantly done!!!

    jy het voorwaar jou roeping gemis! amper amper pak en waai ek Jozi toe !😆

  4. demoerin Oktober 13, 2009 at 7:41 vm #

    Ooo, gisteraand was daar weer die allermooiste donderstorm met weerlig op die horison!

  5. Girl van die Suburbs Oktober 13, 2009 at 10:57 vm #

    Jissie oukie jou uitsig is regtig to die for…. Dit laat my my mos nou dink aan daai kiekie van tannie Roos oor Hitler se liefdes nessie… 😉

    • demoerin Oktober 13, 2009 at 1:31 nm #

      Niks beat my eerste beker koffie en sigsret op die balkon in die oggende nie!

  6. Vlam Oktober 13, 2009 at 11:45 vm #

    Die foto van na die storm, is wrastig prastig. 😉

    Jozi klink nice…but noooooo thanks, hoor. 😆

    • demoerin Oktober 13, 2009 at 2:05 nm #

      Baie nice… as Jozi jou eers in ‘n greep het, is dit verby!!

  7. Pikkelik Oktober 13, 2009 at 1:08 nm #

    Huiswerk DMI! 😈

    • demoerin Oktober 13, 2009 at 1:33 nm #

      Fokk!!! Ek speel net😆

      • Sammi Oktober 13, 2009 at 1:48 nm #

        Whaahhhhhaaahhhaaaahhhhhaaaaaaaaaaa!!!!

        • demoerin Oktober 13, 2009 at 1:53 nm #

          Ten minste gee tags mens iets om oor te blog die dae wat jy regtig breindood voel.

  8. Rustig Oktober 13, 2009 at 4:06 nm #

    DM: Weet nie so mooi nie! Het twee jaar daar gewoon en steeds was dit nie vir my nie, alhoewel ek dit geniet het in daardie twee jaar. My ou dorpie is sommer net rustig en vir op die stoep sit en oor die water tuur.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: