Lewensreëls….

14 Okt

Pikkie het skaars haar eerste asem in die blogosfeer geblaas na haar baie, baie, baie LAAAANNNNNGGGGG blog-vakansie, of sy deel sommer al huiswerk uit. (Dit klink dalk soms of ek oor die huiswerk kla, maar dit gee jou eintlik rigting op die dae wat jy breindood voel)

Echo Corner - Augrabies Park

Echo Corner - Augrabies Park

Eintlik hoef ek nie te veel hieroor te dink nie, dit is hoekom ek soos ‘n gat-kruip leerling my huiswerk sommer vinnig-vinnig doen.

  1. Leef elke dag ten volle. Moenie bekommer oor foute nie, solank jy net nie dieselfde fout 2 keer maak nie.
  2. As jou lewe op jou sterfdag voor jou oë verbyflits, moet dit die moeite werd wees om na te kyk. Oscar Materiaal!! JY is verantwoordelik vir jou eie geluk.
  3. Moenie jou bekommer oor dit wat jy nie het nie. Verheug jou liewer in die voorregte wat jou beskore is. Ons word soms verblind deur dit wat ons nog wil hê, en dan geniet ons nie wat ons reeds het nie.
  4. Probeer ten minste om elke persoon wat jy teëkom met verdraagsaamheid en respek te hanteer. As dit uitdraai dat die persoon ‘n poephol is…. vergeet van hulle, jy het probeer en hulle verdien dit dus nie.
  5. Maak stiltetyd om jouself te leer ken, sodat jy tevrede kan wees met wie, wat en waar jy NOU is. Dan eers begin jy werk aan drome en ideale.
  6. Die verwerking van pyn en hartseer beteken nie jy moet/kan daarvan vergeet nie. Daardie pyn en hartseer, is saam met die gelukkige tye, bytels uit die geskiedenis, wat jou gevorm het tot wie jy nou is. Ons word nie net deur die goeie gevorm nie.
  7. Jy moet nooit die waarde van egte vriende onderskat nie. Streef daarna om ook ‘n ware en lojale vriend vir ander te wees.
  8. Elke keer as jy oor iets wil kla. Haal diep asem, en dink aan die miljoene in die wêreld wat slegter daaraan toe as jy is.
  9. Geen persoon is ‘n klip nie. Jy speel NOOIT met iemand anders se gevoelens nie. (Dit sluit woorde en dade in)
  10. Moenie van jou hart ‘n moordkuil maak en te veel oor dinge tob wat jou pla nie. Kry dit eerder uit, anders gaan jy net jouself mal maak.

 

N.S –  Na baie lang gewag het blixempie nou uiteindelik die vraag-vloer oopgemaak!

Advertisements

30 Responses to “Lewensreëls….”

  1. Vlam Oktober 14, 2009 at 8:05 vm #

    Praat van ‘n kop wat reg aangeskroef is! 😆
    Jou no. 8 is veral die moeite werd (vir my) om te onthou. 😉

    • demoerin Oktober 14, 2009 at 8:35 vm #

      En weet jy, as jy dit genoeg doen begin dit deel van jou bestaan word…. en is mens sommer net in die algemeen ‘n vriendeliker mens ook.

  2. Xena Phoenix Oktober 14, 2009 at 8:40 vm #

    Ek hou baie van Nommer 3. Dit is een lewenswaarheid wat meer mense moet besef.

  3. Pikkie Oktober 14, 2009 at 9:16 vm #

    Ai, ek sê mos altyd jy is ‘n diep seun!!! Dankie (((DMI))).

  4. meermin Oktober 14, 2009 at 9:39 vm #

    Jy klink na die diep seun … lekker dag verder!

  5. Sammi Oktober 14, 2009 at 11:36 vm #

    Ek stem saam met Pikkie – jy is! Ja, MET ‘n sin vir humor. Ek hou van al jou reëls…herinner my aan myne toe ek nog soekend was 😉

  6. Girl van die Suburbs Oktober 14, 2009 at 1:28 nm #

    Daarsy… myne is klaar… freaken uiteindelik… wou nie ander sinne lees voor myne nie klaar is nie…

    Ag ek laaik hulle almal… Prophet Oukie… Maar as ek een moet uitsonder is dit 6 en 9 (okay so dis twee) … so, so true! 😉

  7. Xena Phoenix Oktober 14, 2009 at 3:18 nm #

    Mmmmm

    Loop jy al met ‘n kierie, DMI?

    • demoerin Oktober 14, 2009 at 3:21 nm #

      Gedra vir jou juffie! Ek trek jou sommer oor my skoot!

      • Xena Phoenix Oktober 14, 2009 at 3:27 nm #

        Ek is jammer, Oom Demoerin.

        Staan ek in Oom se rolstoel se pad?

        • demoerin Oktober 14, 2009 at 3:38 nm #

          Gmmmf. Nie rolstoel nie, wiegstoel.

          • Xena Phoenix Oktober 14, 2009 at 3:56 nm #

            Vertel jy vir die kleinkinders stories vanuit die stoel?

  8. demoerin Oktober 14, 2009 at 4:20 nm #

    Xena… weet jy iets wat ek nie weet nie????

  9. Xena Phoenix Oktober 14, 2009 at 4:53 nm #

    Ek weet baie dinge waarvan jy nie weet nie, maar jy sal ‘n bietjie meer spesifiek moet wees, Oom.

    • demoerin Oktober 15, 2009 at 12:01 nm #

      😆 Met verwysing na jou kleinkinders comment

  10. wipneus Oktober 14, 2009 at 7:01 nm #

    Yes!! Ek sê mos nog van dag 1 af hierdie Dm is ‘n baie besonderse mens. 😉

  11. Sonkind Oktober 14, 2009 at 9:38 nm #

    Ek hou van no 3 & 4, Dediepseun 😆

  12. demoerin Oktober 15, 2009 at 12:03 nm #

    Demoerin gaan heel moontlik baie skaars wees vandag en more….. gedra vir julle as ek nie my oog op die blogosfeer hou nie!! 😆

  13. Dellie Oktober 15, 2009 at 1:37 nm #

    Kan vereenselwig met die meeste hiervan. Nice oukie jy 😉

  14. betsieboop Oktober 15, 2009 at 2:31 nm #

    kop in die wolke — hart op die regte plek — voete geplant

    (((dmi)))

  15. Girl van die Suburbs Oktober 15, 2009 at 4:21 nm #

    Bets… sien jy wat ek sien? 😕

    • betsieboop Oktober 15, 2009 at 6:43 nm #

      wat sien Bets nie Girlie ……

      *bets word effe benoud* sy weet sy het nie outjie gesê nie

  16. betsieboop Oktober 15, 2009 at 6:43 nm #

    en daar SIEN bets dit

    *bets wonder of Dellie baie braaf is of bietjie vergeet het*

  17. Girl van die Suburbs Oktober 16, 2009 at 8:19 vm #

    Ja Bets…. Jy sien nou wat ek sien 😕

  18. BB Oktober 16, 2009 at 10:12 vm #

    Kry ons nou nie vandag ons Vrydagwense nie?? 😦

  19. boervrou Oktober 16, 2009 at 4:26 nm #

    Ek like no3! Mens is geneig om alles te wil hê, I know,guilty as charged! PRagtig uiteengesit. Ek sal more myne doen. Wil eers relax na die lang week.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: