Skatryk….

19 Oct

DSCN0350

Ons is gelukkig. Ons is almal skatryk. Ons word elke dag deur ‘n oorvloed mooi omring, maar ons besef dit nie altyd nie. Waar jy jou ookal bevind elke dag, word jy op ‘n doek met die behendige verfhale van ‘n meesterskilder vasgelê. Dalk is jy omring met blomme in jou tuin, ry jy deur ‘n boomlaning, stap jy deur die veld of dalk is daar ‘n sonsondergang in die agtergrond.

In die gejaag van ons elke dag, neem ons nie die tyd af uit ons skedule om die omstandighede, geluk en skoonheid van die hier en nou te waardeer nie. Ons spandeer nie genoeg tyd aan die kultivering en waardasie van vandag nie. Eers as ons die waarde van vandag besef, verlig dit die toekoms.

20325

Die skildery waarin jy jouself bevind is onbekostigbaar, maar dit blyk dat iemand tog eendag gaan moet betaal.

19 Responses to “Skatryk….”

  1. Wipneus! Oktober 19, 2009 at 8:06 vm #

    Dm dit is nou ‘n lekker inskrywing vir ‘n Maandag oggend.

    In die rat race (veral die tyd van die jaar) vergeet ons van al die mooi om ons en ek stem ons is skatryk.

    • demoerin Oktober 20, 2009 at 10:23 vm #

      Moenie eers praat van rat-race nie…. hierdie rat voel of hy gaan verdrink!

  2. Girl van die Suburbs Oktober 19, 2009 at 9:08 vm #

    Hoor-Hoor oukie!

    Daar is regtig nog soveel mooi in alles wat ons sien, hoor en beleef (emosie)…ons vergeet net soms in ‘n vlietende dat dit die waarde in ons bestaan is.

  3. Sammi Oktober 19, 2009 at 10:09 vm #

    Nou HOE was ons koppe in dieselle plek vanoggend? Mooi man, REGTIG mooi!

  4. Vlam Oktober 19, 2009 at 10:28 vm #

    Ware, ware woorde.

  5. Daizy Oktober 19, 2009 at 11:42 vm #

    Sjoe DMI…dat jy nou hier op ‘n dolle maandag more my so terug moet ruk na die werklikheid….dit is mos waaroor die lewe gaan….die tydjies wat ons gaan stilstaan om alles om ons net in te neem…want ons sien dit veels te min raak….

    • demoerin Oktober 20, 2009 at 10:25 vm #

      Partykeer dink ek ons het oogklappe nodig wat verhoed dat ons te veel in more in wil loer.

  6. meermin Oktober 19, 2009 at 1:10 nm #

    Sjoe dit is mooi!!

  7. Girl van die Suburbs Oktober 19, 2009 at 4:10 nm #

    Nogal ‘n mooi kiekie hoor!:mrgreen:

  8. Sonkind Oktober 19, 2009 at 8:17 nm #

    Noudat dit regtig somer word hier, is ek soggens 6 uur op die strand. Elke dag besef ek hoe mooi is die lewe, die natuur en sommer net hoe lekker is dit om die sand onder my voete te voel en seelug in te asem.

    Ja, ek is skatryk, nie aan geld nie, maar aan iets ver meer waardevol as geld – die voorreg om die mooi in die lewe te kan geniet en waardeer!

    • demoerin Oktober 20, 2009 at 10:26 vm #

      Net so…. in definitief een van die mooiste lande in die wêreld!!

    • Assie Januarie 26, 2010 at 3:05 nm #

      Dus so waar . Pragtig. Geniet

  9. Emil Oktober 20, 2009 at 9:34 vm #

    Wow. Ons meet rykdom aan die verkeerde dinge.

    • demoerin Oktober 20, 2009 at 10:27 vm #

      Heeltemal verkeerde dinge… die kapitalistiese najaag na al die blink dinge is soos ongeneeslike swere.

  10. Assie Januarie 26, 2010 at 3:03 nm #

    Dit is nou net waar. Die aarde met alles behoort aan God. Ons moet die mooi rondom ons waardeer. Vat aan die plante, gooi die seesand op jou gesig, vryf dit ook deur jou hande. Dus wat ek doen as ek op die see rondloop. Wat ‘n voorreg het ons as mens om alles te geniet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: