Woordspel… Kopwolke

2 Nov

Kopwolke

Die gasheer nooi die wolke

Van dink en analise; om gedagtes

Te omvou in komberse vol weerlig

En donderslag en suisende wind.

Deurdenkte dae en nagte.

Die siel deur bliksems verskroei;

Die hart gekneus onder hael;

Verdrink in maalkolke druisende

Water; Ver benede denke veilig

In die weerdigte breinvesting.

 

Maar somtyds, partykeer;

Verdryf winde die wolke oor

Verste horisonne en word blou lug

En sonskyn en gevoel ontbloot,

En dan, ja dan;

Kan ek ook net wees.

DSCN0482

om net te wees....

30 Responses to “Woordspel… Kopwolke”

  1. attie November 2, 2009 at 9:36 vm #

    Dikwels het almal van ons mos die behoefte om maar net te wees.

    • demoerin November 2, 2009 at 9:41 vm #

      ….. sonder om alles altyd te wil oordink en/of ooranaliseer.

  2. meermin November 2, 2009 at 9:58 vm #

    Hi jy ekke gaan van nou af my resepte hier plaas:

    http://handsonaddson.blogspot.com/

    het verkeerde naam gekies en weet nou nie hoe om dit te verander nie ……😯🙄😳

  3. Vlam November 2, 2009 at 11:18 vm #

    Jinne, DMI, jou diep siel, jy! 😯

    • demoerin November 2, 2009 at 1:50 nm #

      Dieper as die Kimberley se Gat….. en vol kak en hare om uit te sorteer😉

  4. Sonkind November 2, 2009 at 12:02 nm #

    Om net te wees, is soms mens se redding.

    • demoerin November 2, 2009 at 1:48 nm #

      Net so Sonkind…. maar hoekom wil mens nie jouself altyd toelaat om net te wees nie?

      • Sammi November 2, 2009 at 2:13 nm #

        Want partykeer MOET mens eers sin maak van dinge. En partykeer is dit nodig om flenter-stukkies eers bymekaar te skraap. Maar glo my, jy is op die regte tyd op die regte plek.😉
        Hê net geduld.
        Enne Dm? Beter om flenter-stukkies help bymekaar te maak as dooies.
        Jip, hê net geduld

        • demoerin November 2, 2009 at 2:34 nm #

          Nog iets wat ek moet kry…. ai toggie…. geduld!

          • Rustig November 2, 2009 at 4:26 nm #

            Geduld is mar net ‘n stadiger manier om jou moer te “strip”. Ek is ook maar kort van geduld. Alles moes al gister gedoen gewees het.

  5. Xena Phoenix November 2, 2009 at 3:14 nm #

    Baie geluk met jou span se oorwinning.

    Hulle was beslis nie net op die veld gewees nie. Hulle het sake in eie hande geneem en gedoen wat verwag was.

    • demoerin November 2, 2009 at 3:25 nm #

      😆 Sien, dis hoe dit werk😉
      Dankie.

  6. rosalindfranklin November 2, 2009 at 5:49 nm #

    mooi, om net te wees ja. soos om soms net te sit,

    • demoerin November 3, 2009 at 6:38 vm #

      Ek moet begin om meer gereeld ‘n daadwerklike poging te maak…. om op te hou rond te hardloop en meer gereeld die “OFF” knoppie op die brein te gebruik.

  7. boervrou November 2, 2009 at 6:57 nm #

    Daai meerkatjie lyk preggies… of sys ‘n huisvrou of ‘n middeljarige bloubul ondersteuner…

    • demoerin November 3, 2009 at 6:37 vm #

      Shame…. dis rude….😆

  8. boervrou November 2, 2009 at 6:58 nm #

    🙂

  9. meermin November 3, 2009 at 7:33 vm #

    Lekker dag vir jou !!

  10. Girl van die Suburbs November 3, 2009 at 8:36 vm #

    More Oukie!

    “Deurdenkte dae en nagte.” ….. Vir partymense is dit goed om bietjie te dink want hulle neem nooit time out om te besin nie… maar dan kry jy die een wat weer dink werk namens almal doen.

    Happy thoughts!😉

    • demoerin November 3, 2009 at 8:51 vm #

      Wat my bekommer is party mense dink glad nie….

  11. Girl van die Suburbs November 3, 2009 at 8:38 vm #

    Oeg wag… Dit bring my terug na wolke….. Mooiste goed in die natuur!!!!!

    • demoerin November 3, 2009 at 8:50 vm #

      😆 Nie as dit donderstorms in jou kop veroorsaak nie😉

  12. Girl van die Suburbs November 3, 2009 at 11:25 vm #

    Wolke, Poue en Bloekom bome val almal vir my in een kategorie!😉

    Maar ja…. Ek dink jy het dalk time out nodig… OF… hoe laaik jy die een… Geniet net… hou op analiseer. Party dinge in die lewe is net daar vir geniet, groei en mooi wees.

    • demoerin November 3, 2009 at 12:42 nm #

      Partykeer kry ek dit nogal reg….

  13. Dellie November 3, 2009 at 11:55 vm #

    Sjoe, laat jy my nou stilword …. “I am what I am” comes to mind😉

    Thanx – dis rerig mooi.

  14. rosalindfranklin November 3, 2009 at 5:41 nm #

    ja dit is baie rude om vir ‘n vet meetkatvrou te se sy lyk swanger. shame….

  15. boervrou November 3, 2009 at 6:21 nm #

    Rosatjie vet is nie polities korrek nie! Jy mag sê oorgewig.

    • demoerin November 4, 2009 at 6:35 vm #

      Die oorgewig meerkatvrou het sooo mooi gepose.

  16. boervrou November 4, 2009 at 10:07 vm #

    Pragtig geposeer…!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: