ZA News….

5 Nov

Kulula het hulle gewig… en prettige beeld agter Zapiro en Thierry Cassuto gegooi… en daar is  ‘n daaglikse nuusberig, ZA News, wat geen TV kanaal blykbaar aan wil raak nie. Dalk bietjie kontroversieel so af en toe, maar gepak met satire…. en sakke vol lag. Van die beste minute wat jy elke dag sal spandeer, en dit gaan rollende op die vloer wees…. as jy dit nie klaar elke dag doen nie.

Zapiro en Cassuto het ‘n gawe vir raakvat, verskans agter die wonderlikste satire. As ons nie kan terugsit en lag vir die belaglikheid van sommige situasies wat ons leiers soms hulleself in dompel nie…. is die stryd klaar verlore.

ZA News Header

zanews.co.za

Soos Kulula dit stel : “Our decision to sponsor the show was easy because we believe that satire is an essential part of a vibrant democracy….”

Somtyds is dit beter om te lag oor die belaglikheid van ‘n situasie, as om ‘n vloermoer te gooi oor iets wat jy niks aan kan verander nie.

VIVA ZA NEWS, VIVA!

Advertisements

12 Responses to “ZA News….”

  1. meermin November 5, 2009 at 8:24 vm #

    DMI ek moes daai drie aanneem as lyfwagte vir juffrou’tjie!! 🙂 😀 😉

    • demoerin November 5, 2009 at 2:12 nm #

      😆 Ek hoor jou… ek weetie of ek jou glo nie.

  2. Rustig November 5, 2009 at 10:09 vm #

    Ek het nog nie al die episodes gesien nie, maar die wat ek het is wonderlik! Ons kan net lag, want dit is ‘n klomp narre in die sirkus, jammer parlement!

    • demoerin November 5, 2009 at 2:13 nm #

      Wel dit is lag of huil… ek verkies lag.

  3. Girl van die Suburbs November 5, 2009 at 10:47 vm #

    Ek stem saam… vloermoere werk nie… BEHALWE… as dit my taxis kom! Vrek … 🙄

    Menige volksgenote is maar skrikkerig vir enige vorm van satire want dit is gewoonlik waar… Niemand wil tog sien hoe belaglik hulle werklik is nie! :mrgreen:

    • demoerin November 5, 2009 at 2:14 nm #

      Yip, die waarheid maak seer, maak nie saak of dit agter die satire-gordyn versteek is nie.

  4. kaalvoetinireen November 5, 2009 at 10:54 vm #

    Ek kyk dit elke dag…dis baie goed gedoen!

    • demoerin November 5, 2009 at 2:14 nm #

      Dit is my gunsteling daaglikse vermaak.

  5. Vlam November 5, 2009 at 3:10 nm #

    Dit is moersnaaks! 😆 Hopelik kyk die narre ook na hul show…en probeer hulself daaruit werk. 🙄 (Fat chance)

  6. Sammi November 5, 2009 at 6:24 nm #

    Ek hettie TV nie – nee, ek jok – ek het, maar die tiener en die helfte van Zim annekseer dit – ek gaan hulle mooi moet vra virre beurt. Klink asof mens hierdie MOET kyk!

  7. Sammi November 5, 2009 at 6:26 nm #

    Ag myD – BAIE blonde oomblik – ek hettie TV nodig nie! *bloos*

    • demoerin November 6, 2009 at 6:49 vm #

      😆 Ons verstaan partykeer dat ‘n dag baie lank kon gewees het….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: