Verjonk die Gees….

9 Nov
foto: cardsunlimited.com

foto: cardsunlimited.com

Onthou julle nog die sorgvrye dae van uitsien na kinderpartytjies. Om met jou maatjies te baljaar en tonne suiker in die vorm van koeldrank, lekkers en koek te verorber?

Toe word ons so bietjie ouer, nie noodwendig meer verantwoordelik nie, maar oud genoeg om alkohol as deel van die pret te hê – Yip, ek praat van die drinking games – Kan julle dit nog onthou?

En toe word ons meer volwasse, en baie meer verantwoordelik – en daardie dae van sommer net pret hê word iewers in File 13 van die brein weggebêre…. tot gister, toe ek van hierdie oulike idee vir ‘n, sal ons sê meer volwasse groepie, as drinking game gehoor het. Nee, nie ‘n swinger partytjie nie… sommer net ‘n idee om bietjie die sorge in File 13 in te gooi, en bietjie pret te hê.

Dit is ‘n Dobbelsteentjie-Ete / Dice-Dinner. Jy nooi die gaste en daar word 6 gange gebring/voorberei. Laat elkeen ook sommer ‘n bottel van die gekose strafdrankie saambring. Bv. slaai, sop, vleisdis, nagereg, kaas-en-beskuitjies en koffie. Jy nommer dan ook hierdie disse van 1 tot 6.

In die eerste rondte kry elkeen ‘n beurt om die dobbelsteen te gooi, en jy moet dan jou porsie neem van daardie dis wat ooreenstem met jou nommer, byvoorbeeld as jy ‘n 5 gooi, en Koffie nommer 5 is, kry jy net koffie.

Nou begin die pret by rondte 2😆 As jy weer die nommer van die dis gooi waarvan jy klaar geëet het…. strafdop tyd. So gaan dit aan tot die eerste persoon van al 6 die disse gehad het.

Is daar enige ander speletjies daarbuite waarop ek die laaste paar jaar al uitmis?

12 Responses to “Verjonk die Gees….”

  1. meermin November 9, 2009 at 9:13 vm #

    Dmi mens is so oud of jonk soos jy voel!! Ja daardie uitsien na ‘n partytjie die geskenke😀 nou wil ek nie meer verjaar nie, ek reverse nou!!🙂

    Lekker dag vir jou!

  2. Vlam November 9, 2009 at 9:27 vm #

    😆 Dit klink na baie fun! (Maar ons drink onsself sommer sonder games of kos in ‘n stupor in) :mrgreen:

    • demoerin November 9, 2009 at 12:12 nm #

      Maar as dit deel van ‘n gae is, het jy ‘n verskoning…. want jy MOES drink😆

  3. Girl van die Suburbs November 9, 2009 at 10:16 vm #

    Nou die probleem met drinking games hier by my…. is dat ek hulle nie kan onthou nie… 😕

    • demoerin November 9, 2009 at 12:11 nm #

      As jy alles kan onthou…. was dit nie ‘n geslaagde speletjie nie😆

  4. Dellie November 9, 2009 at 10:24 vm #

    Dit klink omtrent na pret! Ganit beslis uittoets …

    Ons speel soms telefoontjie so – as die boodskap nie reg uitkom aan die annerkant nie, strafdop. Die goed wat daar uitgekom het, was hillarious – en hoe later, hoe erger het dit geword …:mrgreen:

    En o ja – ek’t die naweek geleer om die Stem te sing op die wysie van House of the rising sun …😆 En ek kan dit selfs nugter ook doen!

    • demoerin November 9, 2009 at 12:10 nm #

      😆 House of the Rising Sun❓

  5. Rustig November 9, 2009 at 5:06 nm #

    Met my geluk drink ek heel aand koffie terwyl ek met dronk mense moet gesels!

    • demoerin November 9, 2009 at 6:10 nm #

      (On)gelukkig sal jy net die eerste keer die koffie kry as jy daardie nommer gooi…. as jy daarna aanhou koffie se nommer gooi gaan dit elke keer ‘n strafdop wees.

  6. Rustig November 9, 2009 at 7:04 nm #

    OOOOOOO! So bietjie die reëls verkeerd verstaan. Rol daai “dice” ek is nou daar. Maak seker die “dice” het dieselfde nommers op al die sye!

  7. boervrou November 11, 2009 at 8:20 vm #

    FLippen goeie plan! Ek verjaar amper! Sal in gedagte hou. Ag ons sal seker net braai,😦

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: