Vrydag Sielkunde 102

20 Nov

Eintlik wil ek net meer my gedagtes, en betugting van myself vanmore neersit in geskrewe woorde. Hierdie besluit om op te hou rook, bied definitief nie net die voor die hand liggende gesondheidsvoordele nie, maar laat jou ook bietjies van jouself weer leer ken.

Verdraagsaamheid word opnuut tot heel nuwe vlakke beproef. Ek het vir alle praktiese doeleindes gistermiddag amper in iemand vasgery. Nie per ongeluk nie, maar met opset – want as ek kan wag in die verkeer, kan jy ook sonder om te wil indruk. Punt. Ek het nog altyd so gevoel – maar voel dalk nou net bietjie sterker daaroor. Toe het die man nog die vermetelheid om die vinger vir my te gooi…. gelukkig het ek nie ‘n geweer byderhand gehad nie… ek haal toe maar diep asem, maak die anderkanste venster oop en vra hom toe heel beleefd: “Excuse me, what did you say?” Sy antwoord was toe weereens die vinger, maar hierdie keer gepaardgaande met die vokale uitdrukking van “Fuck you” daarby. Na dat ek weer diep asemgehaal het, het ek hom reguit in die oë gekyk en gesê : “Well done, I am sure the prophet Mohammed will be very proud of what you just did.”

My draadjie is dus kort, baie korter as gewoonlik want die gryp van ‘n sigaret was altyd ‘n manier om stoom af te blaas – die kwade gedagtes te sus.

Voorbeeld 2, kooroefening gisteraand. Nou hierdie sekere oom was vir amper die hele jaar nie daar nie weens siekte. Nou skielik wil hy inspring en in 2 weke gereed wees vir die 29 November Kerskonsert. Onder normale, nikotiengevulde omstandighede sou en die water oor die akkers laat vloei het (want ultimately is dit ‘n kerkkoor)… maar ek moes gisteraand ‘n hele paar keer tot tien, en dan weer terug na een getel het… want ‘n “HOE FOKKEN MOEILIK KAN DIT WEES!” sou nie goed by die kerk afgegaan het nie.

Wat ek wel weet is dat ek moontlik die heel beste tot tien, en dan weer agteruit tot een teller ooit gaan wees…… en ek gaan beter kan diep asemhaal as enige mediteerder…… en vir die beter oorlewing van die mensdom moet niemand my aanraai om ook op te hou drink nie….

Advertisements

39 Responses to “Vrydag Sielkunde 102”

  1. Plaasjuppie November 20, 2009 at 8:25 vm #

    Wee’ jy? Ek het 3 en ‘n half jaar gelede ophou rook, een aan die begin het ek net soos jy gesukkel om stres situasies te hanteer.
    Tot groot konsternasie van my vrou het ek egter besluit bogger dit, en as iemand my nou Demoerin (‘scuse the pun!) maak dan vertel ek hom so. Geen rede om aar in my kop te bars vir ‘n ander ou se onoselgeit nie.

  2. Girl van die Suburbs November 20, 2009 at 8:53 vm #

    Jinne… Kyk…. Dit gaan beter word! Belowe…

    Maar onthou… as jy nou drink gaan jy lus word vir ‘n sigaret… Hou net uit met daai ene! :mrgreen:

    • demoerin November 20, 2009 at 9:41 vm #

      Gelukkig drink ons nie by die werk nie…. die naweek is natuurlik ‘n heel ander kwessie.

  3. attie November 20, 2009 at 8:59 vm #

    Wel jy het daardie man met die een vinger nogal goed hanteer, ek wonder net wat die aard van jou stemtoon was? En daardie oom by die koor – nou ja!!
    Watter kerk se kersspel?

    • demoerin November 20, 2009 at 9:44 vm #

      Dit mag dalk soos ‘n onaardse klnk uit die aardkors uitgeklink het…..

      Nie kersspel, kerkkoor is maar elke jaar verantwoordelik vir paar ekstra liedjies en gemeente samesang ens. NG Florida-Park.

  4. boervrou November 20, 2009 at 9:11 vm #

    Sterkte! Dit is soooo die moeite werd. Baas vanieplaas het al 11jaar opgehou, omdat ons besluit het dis beter vir ons ou dogtertjie nie aan rook blootgestel word nie. En ja die beste keuse ooit. En Girlie slaan die spyker op die kop! As die baas ‘n doppie geniet en dit word later… steel hy ‘n trekkie by iemand!

    • demoerin November 20, 2009 at 9:46 vm #

      Dis waarvoor ek bang is…. daai trekkie steel.

  5. Daizy November 20, 2009 at 10:32 vm #

    DMI….ek gaan jou eerder nie moed probeer inpraat nie…ek gaan jou dan verseker van die wal af tot in die sloot help…so – enjoy!

  6. Boernig November 20, 2009 at 10:33 vm #

    Rook kan jy my niks van vertel nie. Op 14 begin. Op 17 jaar gaan verpleeg en al die mooi pics van vrot longe en als gesien en toe eers gestook. Pyp gekoop en leer rook. Maple en Cherry tabak, ook sigare gerook. Sommer so in die teekamer voor die matrones. Darie tyd was publiekrook noggie `n kwessie nie.

    Op 21 net eendag al my sigare-dosies en lighter-houers (van sterling silwer) vir `n ander roker gegee en opgehou.

    Dis nie te se ek is gerehab nou na 17 nie…o nee! So een tot 3 keer `n jaar rook ek `n hele sigaret nes `n ou roker. Geen gehoes of verstik nie en ek trek dit dan so lekker diep in my longe in. Siesa! Maar dit vrot na so paar jaar. Rook ruik regtig nie lekker nie. Daarna skrop ek myself en eet kougom vir `n vale.

    1 Ding, mens tel werklik gewig op.
    Ek drink gelukkig nie. Mag nie, my lewer het my al amper verlaat toe ek jonk en suiperig was.

    Sterkte! Die Gunstun sterkte!

    • demoerin November 20, 2009 at 1:16 nm #

      Yip, een dag oppe slag sal ek daar kom. No problem!

  7. Betsieboop November 20, 2009 at 10:57 vm #

    klink my jy wil ook kaalvoet oor die drankensberge loop met ‘n glimlag terwyl jy mense links en regs moker …..

    well done vir die probeer ophou rook. ek beplan ( 😆 ) om binnekort maar die zyban roete te volg en ook die twakkies neer te sit. is nie te haastig nie, want met die twak wil ek mense moor ….. kan jy dink sonder die twak???

    😆 😆 ooooooooo die visual van die kerkkoor en die gepaardgaande woord keuse !!! 😆 😆

    ps: ophou drink ‘n damn sight makliker as ophou rook. het die voggies neergesit en as ek te lus word vir ‘n koue bier op ‘n warm dag drink ek Becks.

    pss: het julle geweet jy word gemoer as jy rook in die openbaar maar doen julself die guns en vra by ENIGE restaurant of hul Becks – Alchohol free bier het ….. sterkte met daardie ene hoor!!!

  8. demoerin November 20, 2009 at 1:15 nm #

    Zyban ❓ O nee wee, al waaraan ek kan dink is daardie skets van Casper 😆
    Nee ou Betsie, kom nou – Cold Turkey! As ek kan, kan jy ook.

    • Betsieboop November 20, 2009 at 2:32 nm #

      BLYKBAAR ‘n pilletjie wat jy drink wat help met die twak se luste.

      Ek sal cold turkey gaan as jy ophou drink!

      • demoerin November 20, 2009 at 3:02 nm #

        Doen my ‘n guns… en kyk eers daardie Casper skets oor Zyban… nie net is dit skreeusnaaks nie… maar blykbaar baie waar. Bly veeeeeeerrrrr weg.

        • Girl van die Suburbs November 20, 2009 at 3:11 nm #

          Zyban is ‘n tipe antidepressant.

          Studies bewys dat mense wat die medikasie stop weer cravings kry want al wat die pilletjie doen is om die cravings en onttrekking simptome te beheer. Omtrent 30% van die wat dan stop begin weer rook.

          Die wat cold turkey gaan se slaag syfer is hoer as die pilletjie ouens. Selfs een jaar na die ophou. Dit staan erens in Wiki dink ek.

          • Betsieboop November 22, 2009 at 1:04 nm #

            hali haa! ok — ek sal dan eers bietjie gaan lees oor Zyban ….

            ta DMI & Girly !

  9. Vlam November 20, 2009 at 2:50 nm #

    Ai tog. Waar is al die e-mails as ek hul nodig het? Het net nou die dag weer daai een gekry waar die ou vertel hoekom hy rook. 😆

    Soos, hoekom wys jy na jou arm as jy wil weet hoe laat dit is? Wys ek na my tottie as ek jou vra waar die toilet is?

    Sterkte, DMI. As dit oppie push kom, steek maar weer ‘n ou staatmakertjie aan. :mrgreen:

    • demoerin November 20, 2009 at 3:04 nm #

      Nee, nee, nee!!
      Die slegvoel gaan my nie doodmaak nie.

  10. koeksister November 20, 2009 at 3:14 nm #

    Ek het altyd gesê ek sal forever rook (net ekke en die Marlboro man), want ek’s mal daaroor gewees, genuine. Was versot op sigare. Totdat ek later moes regop sit om te kan slaap, want die asem was net weg.

    En toe die dokter vir my sê as jy 39 is.. gaan jy nie meer met ons wees nie. My gat afgeskrik, uitgestap en my sigarette by die venster uitgegooi en nooit weer gerook nie, en dit ook nie gemis nie.

    Maar ek’s bevrees by my het die bemoerdgeit gebly en het nie beter geword oor die jare nie, ek tel glad nie eens meer tot 10 nie, ontplof sommer op die daad.

  11. Boernig November 20, 2009 at 4:37 nm #

    Koeksissy, dit lyk my die beste is tog om net eendag woeps! op te hou. Dan hou jy op. Makliker as om te wil-wil-wil-so-graag. Dit werk nie gewoonlik nie.

    Betty! Hallo. Is dit nog steeds jy en die Zibyan? Nee, man…rook! Moenie worry wat ander mense van rook se nie. Solank dit nettie Koeksissy se dr is nie!

    Ek het ook die bedonnertgeit gehou. Boerseun se ek gedra my soms erger as `n straatslet op volume. Ek gil my humeur weg en dit werk vir my, want ek is mos doof. So ek gee nie `n hel om wie se ore en ego`s seerkry as ek wil stoom afblaas nie. Opkrop gee ook kanker…nes rook.

    • demoerin November 23, 2009 at 6:50 vm #

      Ek glo mens moet maar net besluit – That’s it – Cold Turkey.
      Ek sien nie die doel daarin om een gewoonte met ‘n ander een te vervang nie.

  12. bierpens November 21, 2009 at 7:01 nm #

    Ek stel voor, na aanleiding van Girl v.d. Sububrs, dat mense eers ‘n stywe dop wegslaan of ‘n shooter of drie inskiet voor julle vir my op Kekkel kom kuier … dan sal ek moer intelegent voorkom … mos is … so mos

  13. Gogga November 21, 2009 at 10:39 nm #

    Ek dink dit sal beter wees as jy gewoond raak om nie iets na jou mond toe te bring as jy kwaad raak nie. Maar wat ook al wil uitkom moet uit.
    Ek het baie keer tot 10 getel en terug en dan sommer taal verander ook. Maar ek sou sonder om ‘n tweede keer te dink daai ou se gat vir hom afgery het.
    As ek die komments hier bo lees dink ek die kwaai gene is maar in ons bloed. Dalk was dit iets in die SA water.
    Sterkte met die uithouvermoe.

  14. deurdiewoes November 22, 2009 at 8:20 nm #

    Nee wat ek klap maar n twakkie, en kap n dop of 10! ek sal n paar tone mors af trap as ek probeer op hou…besides nog nie een sigarette hat al ooit try terug praat nie. 🙂

  15. demoerin November 23, 2009 at 6:48 vm #

    😆

    Dankie tog ek het party van julle nie aangestel as my ondersteunersklub nie – Dan het ek seker al Vrydag weer begin rook! 😆

    6 dae en counting! HEEEHAAAAA

    • Andrew November 23, 2009 at 8:45 vm #

      Ek het gewonder of jy die naweek sal survive met ‘n dop in die hand. Mooi so, die ergste is nou verby, maar daar is nog ‘n lang pad voor, moenie hierdie ding onderskat nie.

      Jou wilskrag klink vir my besonder sterk … ek dink jy gaan dit maak. As jy voel jy kan nie meer nie, stuur vir my ‘n epos en vloek my in my goeters in, ek belowe ek sal dit nie teen jou hou nie. 🙂

      • demoerin November 23, 2009 at 9:28 vm #

        Gisteraand toe ek alleen is…. was die lus vir daai siggaret ENORM. Gelukkig het ek nie ‘n siggaret in my besit nie.

        Ek weet net ek kan, en ek sal…. ek gaan nie toelaat dat ‘n siggaret my lewe beheer nie – Ek is in beheer.

  16. Emil November 24, 2009 at 11:01 vm #

    Het jy al die elektroniese sigaret probeer?

    • demoerin November 24, 2009 at 11:39 vm #

      Nope. Besluit ek moet dit om eie stoom doen. Cold Turkey.
      Ek sien nie die nut daarin om een gewoonte vir ‘n ander een te verruil nie.

  17. Andrew November 25, 2009 at 3:10 nm #

    DMI moenie daai goed glo van na 3 weke is alles okay nie hoor. Elke nou en dan sal ek amper enige iets doen vir ‘n sigaret.

    Girlie ek gaan jou later dagvaar vir incorrect information, en daai R10 000 wat ek uit jou gaan kry gaan ek en DMI spandeer op drank en meisies. Die res sal ons blaas.

    Hehehe … smoking recession is fun. :mrgreen:

    • demoerin November 26, 2009 at 6:31 vm #

      Dit is seker waar Andrew… MAAR mens leer nuwe sye van jouself ken, veral die kant wat met sterk wil en deursettingsvermoë te doen het – Mens kan nogal jouself verbaas, want glo my, maak nie saak hoe bly almal is en oulik dink hulle ek is nie – Daar is niemand so trots op myself sover – as ek self nie!

    • Girl van die Suburbs November 26, 2009 at 8:59 vm #

      Hiehiehie… Nee regtig Andrew… it takes 21 days to break ‘n habit!

      Ek het nie gese dit vat die lus weg nie…… Oe…. het ek vergeet om te se…. ‘n Mens bly ALTYD lus! 😉

      • demoerin November 26, 2009 at 9:02 vm #

        Ek hoop regtig jy praat oor die lus vir sigarette en nie lus in die algemeen nie, anders begin ek nou dadelik weer rook 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: