Kyk net my Rolex!

23 Nov

Elke oggend moet ek deur tien-talle e-posse sif, om by die paar (gewoonlik minder as 10%) uit te kom wat eintlik met werk en/of vriende te doen het. Die ander 90% bied my elke wonderlike ding onder die son aan.

Alles van Viagra tot ‘n Rolex…. alles natuurlik baie goed nagemaakte replika’s. Nou wonder ek, jy kan ‘n heel ordenkilike horlosie by ‘n winkel kry vir R1,000. ‘n Regte egte een. Hoekom op aarde wil jy ‘n replika Rolex koop?

En om in die strate rond te loop, getooi met daardie daardie replika Rolexes, Gucci sakke en Nike drafskoene flous jy in elk geval net een persoon…. JOUSELF.

Ons lewe in ‘n plastiek Ken en Barbie wêreld…. want daar moet kopers vir hierdie produkte wees, as hulle aanhou om die e-posse te versprei…. en die Chinese lag al die pad bank toe, want weereens maak hulle geld uit ‘n Westerse swakheid uit.

Advertisements

39 Responses to “Kyk net my Rolex!”

  1. meermin November 23, 2009 at 8:59 vm #

    😆 lekker maandag vir jou!!

  2. Xena Phoenix November 23, 2009 at 9:41 vm #

    Wat is die nut van Spam. Almal delete dit summier.

    • demoerin November 23, 2009 at 10:28 vm #

      Daar moet mense wees wat vir die spam val… hoekom anders sal hulle aanhou dit uitstuur?

  3. Die Brein November 23, 2009 at 9:53 vm #

    Ja al dra `n aap `n goue “Rolex”, bly hy maar die lelikste deng!!
    Dis waar die Chinas het alles gecopy-cat
    en dit laat die ouens wat originals het ook lyk asof hulle fakes dra.

    • demoerin November 23, 2009 at 10:29 vm #

      Yip…. en ek hoor dit is HAPPY HAPPY B’DAY vir jou vandag! Hoop jou komende jaar is gatskop-lekker!

  4. Girl van die Suburbs November 23, 2009 at 10:12 vm #

    My restaurant staff het my geleer… daar is ‘n term vir sulke items… FONKONG! So as jy fonkong ondersteun…. hmmm…. laat veel te wense… net so goed jy kom koop dvd’s hier op die straathoeke van William Nichol.

    Maar…. die sad ding… Oor ons, ons so steur aan brand name maak ons onself skuldig oor ons so graag wil inpas. So jy koop ‘n fake sodat jy kan inpas. Bottom line!

    • demoerin November 23, 2009 at 10:30 vm #

      …… en flous net jouself…
      SAD. En die chinese maak baie geld daaruit….

  5. Xena Phoenix November 23, 2009 at 10:50 vm #

    Ek wen gereeld €100 miljoen of meer. Ek kon eintlik al lankal afgetree het, maar ek is seker ‘n sucker vir punishment.

    • Girl van die Suburbs November 23, 2009 at 12:23 nm #

      WAT? 😯 Jy nooit jou bankdetails uitgegee dat hulle jou kan betaal nie?

      Wat is fout met jou?

      • demoerin November 23, 2009 at 1:13 nm #

        Sy wil seker net nie deel nie!

      • Xena Phoenix November 23, 2009 at 1:20 nm #

        Dit is my pensioenfonds vir eendag.

        • Girl van die Suburbs November 23, 2009 at 1:39 nm #

          So jy het…. toe gedeel in hulle almoese! 😕

          • Xena Phoenix November 23, 2009 at 1:43 nm #

            Nee, maar hulle gaan dit mos nie weggee nie. Ek wag net vir al die rente om bygesit te word. 🙄

  6. Betsieboop November 23, 2009 at 11:30 vm #

    moet bieg — ek het ‘n ‘fake’ diesel sak wat al so voos is dit val amper uitmekaar maar dit is een van my favourite sakke.

    en nee — ek het dit gekoop want dit was cheap en ek het van die sak gehou. beslis nie vir die ‘brand’ nie. was darem nog nie weer skuldig aan FONKONG nie ! 😆

    spam …. o die wonderlike spam wat jou die son, maan en sterre belowe! dankie tog vir filters!

    • demoerin November 23, 2009 at 1:14 nm #

      😆 Stories…stories…stories… hehehehe

  7. Rustig November 23, 2009 at 12:05 nm #

    Dit werk! Die onwettige verkoop van sogenaamde pille ensovoorts is miljoene dollar werd. Want daar is altyd ‘n aap wat val vir dit anders sou hulle al opgegee het. Dieselfde geld vir die Nigerian moneyscam. Vanoggend weer email gekry van SARS. Het in my hele lewe nog nooit belasting betaal in SA. het nie eers belasting nommer nie. Aan anderkant die 3000 rand is darem nie te versmaai nie.

    • demoerin November 23, 2009 at 1:15 nm #

      Dit bekommer my nogal… wat is in daardie pille????

      • Rustig November 23, 2009 at 6:23 nm #

        Weet nie, maar ek voel nog OK! 😉

        • Girl van die Suburbs November 23, 2009 at 6:47 nm #

          Erm… hoop nie dis daai blou diamanterige pilletjies nie! 😕

          • demoerin November 24, 2009 at 7:57 vm #

            Wat weet jy van blou pilletjies af?

          • Girl van die Suburbs November 24, 2009 at 9:23 vm #

            Uuuhmmm….. 🙄

            Wat weet JY van daai pilletjies af? 😉

  8. Vlam November 23, 2009 at 3:54 nm #

    Ai tog, ek wik en weeg nou al die hele dag of ek maar moet eerlik wees en naam weggooi, of lieg, of wegbly… 🙄

    Ja, toe, ek’s een van daai suckers wat ‘n nuwe “Rolex” nie kan weerstaan nie. 😳

    Hou julle nog van my? 😆

    • demoerin November 23, 2009 at 4:47 nm #

      😆 Bly net weg van die vlamme af… netnou-netnou smelt jy!

  9. rosalindfranklin November 23, 2009 at 5:17 nm #

    Ons het regtig al gespot ons gaan nog ‘n opblaasmatras wen, en verlede maand toe wen ons een! die skelms kom net in by die aflewering van die prys kos R200. LOL. ons het dit natuurlik van die hand gewys,

    vlam ons hou nog van jou….met jou rolex en al LOL!!

    • demoerin November 24, 2009 at 6:40 vm #

      😆 En volgende gaan iemand bel en sê jy het die ice-cream toaster gekry!!

  10. netjane November 23, 2009 at 7:41 nm #

    Julle spot lekker oor die lottery. Ek het eenmaal ‘n kliënt gehad wat my vir regsadvies kom vra het omdat hy reeds by die R20 000.00 uitgegee het en nie kon verstaan hoekom sy miljoene nie by hom uitkom nie. Elke keer wat dit nog ‘n “facilitation fee” en ‘n “administration fee” en ‘n “verification fee” en die ou het net aanhou betaal.

    • demoerin November 24, 2009 at 6:41 vm #

      Dit is hoekom hulle aanhou hierdie e-mails uitstuur… Daar IS regtig mense wat daarvoor val. Ek skud maar net my kop in verwondering…. FOK WEET.

  11. kaneelsuiker November 24, 2009 at 12:05 vm #

    My fake Raybans is oor en oor die geld werd, al was dit die goedkoopste brille wat ek kon vind. Soms kry ek nog ‘n kompliment ook vir my duur smaak.

    • demoerin November 24, 2009 at 6:44 vm #

      Ek wil nou nie raas nie…. maar die nikotientekort laat my soms bietjie oorreageer in die laaste week – MAAR skoene en handsakke en goete is een ding, maar hierdie fake brille is speel met jou gesondheid – Jy het net een paar oë – Definitiewe NO-NO!

  12. demoerin November 24, 2009 at 10:33 vm #

    Ek weet hulle is blou.

  13. Emil November 24, 2009 at 11:00 vm #

    Yip, ‘n kapitalistiese strik. Altyd meer en beter, en daar is ;n mark vir hierdie dinge.

    • demoerin November 25, 2009 at 6:25 vm #

      Dit is ‘n nare sirkel, want more is die sak in vlarde, en dan moet jy ‘n nuwe een koop…..

  14. Dellie November 24, 2009 at 5:32 nm #

    Ek het nie ‘n totti nie – ek verstaan nie hoekom ek heeltyd emails kry om dit groter te maak nie 😳

    • demoerin November 25, 2009 at 6:24 vm #

      Ek kry ook natuurlik die verloor gewig e-mails… toggie, glo nie die mense het my al gesien nie – Daar sal NIKS van my oorbly nie!

      • Girl van die Suburbs November 25, 2009 at 10:22 vm #

        Wel…. ek weet nou nie so mooi nie…. Na al jou weird eet gewoontes nou dat jy nie meer rook nie…. 😉

        • demoerin November 25, 2009 at 1:28 nm #

          Pasop vir jou. Ek trek jou oor my skoot!
          En dit gaan NIE lekker wees nie.

  15. bierpens November 24, 2009 at 11:06 nm #

    So scroll ek af om my eiertjie te kom lê … toe het Emil dit reeds gesê … die monster word deur iemand gevoer … eish ek word ‘n digter …

    • demoerin November 25, 2009 at 6:23 vm #

      Yip, en dit is net die mense wat die crap maak en verkoop wat voordeel trek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: