‘n Komitee…..

26 Nov

Ek gaan vandag begin om ‘n komitee saam te stel. Hulle moet my met alles help. Die eerste taak sal wees om navorsing te doen en dan elke dag voorstelle voor te lê vir blog-skrywes.

Die komitee kan dan ook sommer my werk by die kantoor hanteer, alles by die huis onder beheer hou…. en ek sal agteroorsit en mooi lyk. Ek sal dalk wel self die inskrywings doen, en dalk my telefoon self antwoord……

Kyk, die Klay/Els sage is ook nou al besig om bietjie afgesaagd te raak, MAAR ek moet net hierdie twee juweeltjies met julle deel (Is mens nog onder eed as jy in ‘n hof getuig? Wonder maar net….)

  • Me. Jenny Liebenberg het “romanties” in hom belang gestel, terwyl hy “soos elke tweeede man in Suid-Afrika” op die sangeres Patricia Lewis verlief was.
  • Volgens Els was Lewis toe die “gewildste vroulike kunstenaar in die land” en hy en Steve Hofmeyr het “meegeding om die eerste plek vir manlike kunstenaars”

Hy praat van Suid-Afrika nê?

Terug by die komitee… Miskien moet ek ‘n kommissie aanstel om te besluit of die komitee nodig is….

40 Responses to “‘n Komitee…..”

  1. Girl van die Suburbs November 26, 2009 at 8:45 vm #

    Hoe gemaak om deel te word van die club?

    Nee, regtig… geen reg-denkende persoon in die hele wye wereld kan dink Jurie is hot nie… Verstaan hy ooit wat is hotness? 🙄

    • demoerin November 26, 2009 at 8:59 vm #

      Enige dames wat wil aansoek doen om lid van die komitee, of kommissie te wees kan begin deur my ‘n vollengte foto te stuur😆

    • boervrou November 26, 2009 at 1:47 nm #

      HY is ‘n NOT!

      • flintstoned November 26, 2009 at 4:42 nm #

        Jurie Els, is so HOT soos Herpes.

        Is die man op drugs?

        Robbie aan die anderkant, wel….

        • demoerin November 26, 2009 at 4:52 nm #

          Hi. Gedra vir jou.
          Ek gaat roep nou die Pastoor…😆 Bwahahaha

          • Sonkind November 26, 2009 at 9:50 nm #

            JURIE ELS?! Julle praat van JURIE ELS? Nottefok is hy Hot. Skuus, ek gaan eers gou in my skoene kots.

          • flintstoned November 26, 2009 at 10:15 nm #

            ♥♪ Ek’s ‘n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis, en daars NIKS waarvoor ek skrik nie ♪♥
            😛

          • demoerin November 27, 2009 at 6:50 vm #

            Sonkind…. gee die woerstynson so bietjie sonsteek❓ Ek het nou BAIE mooi gelees, en dit lykie of een van die mense hier gesê het Jurie is hot nie….😆

  2. Plaasjuppie November 26, 2009 at 8:50 vm #

    Beste Demoerin,

    Dit is met skok en afgryse wat ons verneem het van jou intensie om van die dienste van ‘n komitee gebruik te maak om jou in jou dagtaak te help. Weet jy dan nie dat dit slegs vir mense ver onder jou produktiwiteitsgraad en ver bo jou vergoedingskaal gereserveer is nie?
    Jou onverantwoordelike optrede laat ons geen keuse as om ‘n kommissie van ondersoek op die been te bring om hierdie gruwelike magsmisbruik te ondersoek nie. Jy sal vir die durasie van hierdie ondersoek, wat na verwagting 18 – 24 maande kan duur, geskors wees met volle betaling en voordele. Jy mag nie werk toe kom nie. Na afloop van die ondersoek sal jy herontplooi word teen hoër vergoeding na ‘n plek toe.

    Hoop jy vind dit in orde. Vra gerus jou prokurower om met ons prokurowers te gesels sou jy enige onduidelikheid oor die proses hê.

    Die Kommissie.

    • demoerin November 26, 2009 at 9:01 vm #

      Ek sal hieroor moet nadink…
      geskors met volle betaling en voordele, 18-24 maande, mag nie werk toe gaan nie, herontplooi, meer geld….
      Ek het gehoop vir spesiale behandeling😆

      • Plaasjuppie November 26, 2009 at 9:07 vm #

        Daardie behandeling is gereserveer vir diegene wat meer equal is as die ander. Jammer, daaroor. Maar geen spesiale behandeling vir jou nie
        Fluister* (kom sien my na kommissie se sitting dan praat ons daaroor.)

        • demoerin November 26, 2009 at 11:42 vm #

          *fluister* Ek het die koevertjie onthou….

  3. meermin November 26, 2009 at 9:28 vm #

    Foto te stuur o jinne jy gaan lank wag …. gaan loer maar op my FB vir ou en baie oud en redelik nuwe foto’s – maar ‘n ou lelike ou vrou🙂

    • demoerin November 26, 2009 at 10:11 vm #

      Ag, hoe vergeetagtig van my… nooit genoem dat die foto’s ten minste bo-stukloos moet wees nie.

  4. Rustig November 26, 2009 at 9:50 vm #

    Ek sal die die tee maak terwyl die “kommentee” in sitting maak. “Een of twee suiker?”

    • demoerin November 26, 2009 at 10:11 vm #

      Koffie, een suiker asb.

      • Rustig November 26, 2009 at 10:41 vm #

        Ek sal dit met die verversings komiitee bespreek en terug rapporteer!

        • demoerin November 26, 2009 at 4:30 nm #

          Ek drink nie tee nie. Punt.

  5. Xena Phoenix November 26, 2009 at 9:57 vm #

    Dalk moet ek, Girl en Meermin die vrou liga vir die kommissie stig. Ons sal alles wat hulle besluit uit mekaar ruk en die mees sinnelose goed tot die dood toe verdedig.

    • Girl van die Suburbs November 26, 2009 at 3:35 nm #

      Ek wil asseblief net dien op ‘n kommissie waar ek die minste hoef te doen… Ek is te lui vir hard werk!

  6. Vlam November 26, 2009 at 10:11 vm #

    Ek deps die Jeugliga. Ek sal die woordvoerder wees en jou ondersteun come hell or high water, DMI. Jy kan regtig maar net terugsit en ontspan – ek sal die show vir jou run. 😉

  7. demoerin November 26, 2009 at 10:12 vm #

    Onthou net die foto’tjies eers…. ek het nou-nou vergeet om by te sit dat dit ten minste bo-stuk loos moet wees…. ai, die fybskrif darem maar😆

    • Girl van die Suburbs November 26, 2009 at 10:37 vm #

      Vlam… Ek reken dis nou net hier…. ons clain to fame…

      Wag… Ek gaan photoshop net gou! :mrgreen:

  8. Xena Phoenix November 26, 2009 at 10:23 vm #

    Die Vroueliga en Jeugliga het hulle eie manifes en tree onafhanklik van die groot indoenas op. GMF. 👿 Moenie dat ek met jou sukkel nie.

    • demoerin November 26, 2009 at 10:49 vm #

      Jy kyk te veel nuus😆

      • Vlam November 26, 2009 at 11:58 vm #

        Speel volgens die reels, DMI. Dis hoe dit werk. :mrgreen:

        • demoerin November 26, 2009 at 3:30 nm #

          Ek is president… ek maak die reëls😉

  9. meermin November 26, 2009 at 12:33 nm #

    Ag jy is seker nie lekker nie!!

  10. Betsieboop November 26, 2009 at 3:18 nm #

    Reken ek en Girly het ere plek in die komitee sonder om te foto en te what have you not. Het ons dan nie al in die olie rond gerol vir jou nie ?😆

    Ek is stom! Meegeding sê u? Elke tweede man nogal?

    WHAAHAHAHAHHAHAHAHAHAHA

    • demoerin November 26, 2009 at 3:32 nm #

      Yip, Betsie en Girlie het al hulle spots beide kante van my stoel verdien… hehehehe

    • Girl van die Suburbs November 26, 2009 at 3:34 nm #

      So ‘n bek moet jem kry Bets!

      Ek herstel nog steeds van my carpet burns!

      • demoerin November 27, 2009 at 6:47 vm #

        Mmmm, ek dink ek ly aan geheueverlies. Kannie dei carpetburns onthou nie❓

        • Girl van die Suburbs November 27, 2009 at 8:45 vm #

          Met die tweede laaste tackle het Bets my so bietjie hard gestamp…. daai tyd toe ons so oor die vloer gegly het! :mrgreen:

  11. deurdiewoes November 26, 2009 at 3:35 nm #

    Ja ek dink ou Jurie het dalk net TE veel ge- VAT VAT! Hy het mos VAT VAT op die brein…shame.

  12. rosalindfranklin November 26, 2009 at 3:39 nm #

    oeoeoeoe hoe lag ek vir Els wat beweer hy was so gewild.

    Ek meng nou nie met die celebs nie (wil ook nie asb), maar ek het hom eenkeer gesien duvets en kussings uitsoek by Edgars. Dit was flippen snaaks. hy vroetel tussen die lakens rond en hestrie staan daar en stel glad nie in dit belang nie. whwhwhwha

    • demoerin November 26, 2009 at 4:32 nm #

      😆 Ek wens ek kon langs jou gestaan en skater het……

      Wonder ek nou ook, die helfte van Suid-Afrika se mans sluit dan ook ‘n hele klomp nie-blankes is… ek wonder hoe voel Ptricia daaroor Bwahahahaha.

  13. rosalindfranklin November 26, 2009 at 4:56 nm #

    Ag ja, ek wil asb op ‘n komitee wees waar ek ‘n Visa-kaart kry om mee te travel ..jy weet aan bande bou…. jy hoef ook niks te doen nie, ek sal alles doen. selfs vir jou presente bring.

    • demoerin November 27, 2009 at 6:46 vm #

      Yippeeee – Rosa sal omsien na Buitelandse Betrekkinge, en vir my presente bring. Ek het ‘n lysie – Nommer 1 is ‘n bottel Cardhu asseblief.

  14. Sonkind November 27, 2009 at 5:05 nm #

    Neeee man, DMI. Ek het nie bedoel een van julle het gese^ Jurie is HOT nie. Ek verwys eintlik na daai waar hy homself in Steve se kategorie probeer sit. Steve is ten minste hot, of was hot. Jurie is net plein grillerig!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: