Skandalige Bloed….

1 Dec

Elizabeth Taylor as Cleopatra

Gister, so met my indiepte ondersoek oor Cleopatra en die slang het ek baie interessante stukkies raakgelees. Kyk, hierdie vrou was soos Megan Fox vir Emil, my Eva Longoria. Jy sou moontlik enigiets vir Cleopatra doen. Sy was ‘n vrou met onoortreflike skoonheid, en ‘n pragtige stem. Dit help natuurlik dat sy in Ptolemiese dinastie, die heersers oor Egipte in daardie tyd, ingebore was. Die geskiedenisskrywers van daardie tyd sê ook dat sy geweet het hoe om al hierdie oortreflike eienskappe te gebruik, om te kry wat sy wil hê. Dus het sy ook ‘n brein gehad, en het sy presies geweet hoe om hom te gebruik.

As mens na die lys van mans kyk wat aan haar voete (en in haar bed) opgeeindig het, was sy blykbaar ook ‘n bietjie van ‘n “snake-charmer”. Kyk, ons praat nou nie hier van die outjie wat haar op die divan lê en druiwekorrels voer nie, of die een wat haar rug in die aande gewas het nie. Ons praat hier van die magtigste mans uit daardie era. Eers haar twee broers (Ja, haar broers…), daarna Julius Ceasar en toe Mark Anthony. Daar was natuurlik ander mans tussenin wat vir haar skoonheid geval het, maar dit is met Ceasar en Anthony met wie sy kinders gehad het.

So, ‘n vrou van formaat sou ek sê!

Nou kom ons kom terug na haar broers toe, ja daardie twee met wie sy getroud was. As mens nou Cleopatra se stamboom gaan kyk, was die Ptolemiese dinastie nie baie groot op kopuleer BUITE die familie nie. Kyk, soos die klomp aangegaan het is dit ‘n wonder dat Cleopatra enigsins met ‘n brein gebore was…. en nie net een oog, vier ore en ‘n Picasso-mond gehad het nie.

Miskien was Cleopatra se “saving grace” die feit dat haar ma en pa, en hulle ouers nie broers en susters was nie…. maar o wee, as jy so klein bietjie verder terugbeweeg was almal op een of ander manier verwant.

Ek het probeer om ‘n grafiese stamboom te maak, maar het nie die geduld daarvoor gehad gister nie….. so here goes – Probeer maar kophou….

Aan Cleopatra se Pa, Ptolemy XII Auletes se kant:

  1. Sy Ma, Cleopatra IV, en Pa, Ptolemy IX Lathyros was broer en suster. Jip, hy het net een stel verjaarsdaggeskenke by Ouma en Oupa gekry, want hy het net een Ouma, Cleopatra III, en een Oupa, Ptolemy VIII Physcon, gehad.
  2. Nog interessanter is dat Cleopatra III se Ma, Cleopatra II, en Pa, Ptolemi VI Philometor, haar man Ptolemy VIII Physcon se broer en suster is. Haar ma en pa (wat broer en suster is), is dus ter selfde tyd haar swaer en skoonsuster.
  3. Goed terug by Ptolemy XII Auletes se Ouma, Cleopatra III, aan sy Ma, Cleopatra IV se kant. OK, sy is ook eintlik sy Ouma aan sy Pa, Ptolemy IX Lathyros se kant, maar ons is nou aan sy Ma se kant van die bloedskande. Hier vind ons dus nou ook dieselfde Ouma- en Oupa Grootjies as aan sy Pa se kant, Cleopatra I & II en dan Ptolemy V & VI.

As julle nou nog nie totaal en al deur die wind is nie, kom ons beweeg aan na Cleopatra se Ma, Cleopatra V, se kant van die familie.

  1. Haar Ouma, Cleopatra III, en Oupa, Ptolemy VIII Physcon, aan haar Pa, Ptolemy X Alexander I, se kant – is ook haar man, Ptolemy XII Auletes se Ouma en Oupa aan beide sy Pa, Ptolemy IX Lathyros, en sy Ma, Cleopatra IV se kant.
  2. Aan haar Ma, Berenice III, se kant was haar Ouma, Cleopatra Selene I, en haar Oupa, Ptolemy IX Lathyros.  Erken julle die naam – Cleopatra se Oupagrootjie aan haar Ma, Cleopatra V, se kant, is ook haar Oupa aan haar Pa, Ptolemy XII Auletes, se kant.
  3. Berenice III, Cleopatra se Ouma aan haar Ma, Cleopatra V, se kant, se Ma, Cleopatra Selene I, en Pa, Ptolemy IX Lathyros, was ook broer en suster, met ouers dus Ptolemy VIII Physcon en Cleopatra III.

Goed, om saam te vat. In ‘n normale familie het ons almal die volgende voorsate :  Ma en Pa, Vier Oumas en Oupas, Agt Grootjie Oumas en Oupas, Sestien Groot-Grootjie Oumas en Oupas ensovoorts.

Vir Cleopatra was dit soos volg:

  • Net 4 uit die 8 moontlike Grootjies is nie dieselfde mense nie.
  • Net 6 uit die 16 moontlik Groot-Grootjies is nie dieselfde mense nie.

Die gode was definitief goed vir hierdie familie, want na al hierdie bloedskande was Cleopatra VII Thea Philopator nog steeds ‘n vrou waarvan almal kennis geneem het, en wie vandag nog, duisende jare later, mense se verbeeldings aangryp.

16 Responses to “Skandalige Bloed….”

  1. Betsieboop Desember 1, 2009 at 10:15 vm #

    en ek dog MY familie is weird ….. :mrgreen:

    dankie vir die info DMI, bietjie my hamster van die wiel laat aftol, maar ek dink ek verstaan so bietjie 😆

    dink mens vergeet so bietjie dat Cleopatra meer as net nog ‘n mooi gesiggie was!

    • demoerin Desember 1, 2009 at 11:57 vm #

      Yip, lyk my sy was ‘n magtige slet gewees….😆

      • Vlam Desember 1, 2009 at 3:42 nm #

        Hei, watch it! Net gister het ek ‘n quiz op FB gedoen, en volgens hulle was ek ou Cleo in ‘n vorige lewe. G’n wonder ek dink ‘n slang aan die boesem is ‘n onheilige ding nie. 😆

  2. Xena Phoenix Desember 1, 2009 at 11:10 vm #

    EISH

    En hier dog ons nogal die sepies is mal in hulle koppe met al hulle familie knope.

    Die Europese koningshuise is net so vol bloedskande.

    • demoerin Desember 1, 2009 at 11:58 vm #

      😆 Net so… ons het altyd iets om voor dankbaar te wees… ALTYD

  3. Girl van die Suburbs Desember 1, 2009 at 12:35 nm #

    Ek reken sy het wel haar brein gebruik ja, maar haar LYF dalk meer…. 😉

    Weet jy hoe bedonnerd sou my kinders wees as ek moes inbreed?

    • demoerin Desember 1, 2009 at 4:18 nm #

      Ag, sy het seker maar al die charms tot haar beskikking gebruik, maar then again was sy nog natterig agter die ore en Ceaser was al oor 50.

  4. Gogga Desember 1, 2009 at 3:59 nm #

    Sjoe, dis erg ne.
    Ek is seker daar is nogsteeds magtige slim vrouens wat hulle lywe moet gebruik om genotice te word.
    Sy het of die tegniek uitgedink of goed gebruik gemaak van hoe dom mans kan wees voor skoonheid.
    En van wat ek kan aflei was dit nie eers so MOOI gewees nie so sy moes seker maar baie GOED gewees het op die ander vlakke.

    • demoerin Desember 1, 2009 at 4:17 nm #

      Seker ding laat ons nou maar lam in die bene…. ons kan dit nie help nie.

  5. judithpassion Desember 2, 2009 at 2:44 vm #

    Jy sien, kinners, Dis nie dat sy so sletterig was as wat die mans net lustig was nie! Sy het dalk haar bed gedeel maar ‘n man is maar ‘n suckker vir daai ding, en ‘n vrou kan tease sonder om te please…..

    En by the way…..gaan check jou eie stamboom ook biekie op jy sal gou-sou sien dat meeste van ons old-schools maar inbreeds is, diê se sussie is met daai se neefie getroud of daai een het weer ”n kind met die se niggie. onthou dit was maar plaase wat wyd gestrek het oor die land, en vars bloed was skaars….en as dit daar was is die buitelander maklik bestempel as die Satan’s. kyk even die Spartans—-almal maar ‘n klomp xenophobes

    • demoerin Desember 2, 2009 at 6:28 vm #

      Nooit gesien nie… nie MY bloed nie😆 Yip, maar niggies en nefies is darem maar baie anders as boeties en sussies❓

      Ag, sy het net geweet hoe om haar gesiggie te gebruik om te kry wat sy wil hê – Geen probleem daarmee nie, ok, behalwe dat 2 van haar mans haar eie broers was…

  6. meermin Desember 2, 2009 at 7:46 vm #

    😯🙂😀

  7. Andrew Desember 2, 2009 at 5:46 nm #

    Eish, as dit ek was het ek ook seker maar gewoeker met my talente. Maar broer en suster? Nee man o my hel … het hulle nie ‘n NaughtyButNice tak in Egipte nie?

    • demoerin Desember 3, 2009 at 6:54 vm #

      Dit lyk vir my dit was heel aanvaarbaar in daardie tyd…… ek wonder vir hoeveel DNA ens. “flaws” waarmee ons vandag sit, kan ons hierdie mense voor blameer?

  8. toortsie Maart 26, 2011 at 11:27 vm #

    So ‘n bietjie introuery versterk goeie gene, man!! (van die swak gene praat ons net nie!!)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: