WEW….48/52

3 Dec

Demoerin is eintlik nie SO demoerin nie. Ek is eintlik maar ‘n heel rustige, happy-go-lucky outjie. Hierdie laaste week egter is my moermeter permanent in die rooi…. die stoom bou op en die liggies flikker en die alarm skreeu, en ja, iets in die vorm van Mt. Vesuvius is aan die opbou – maak net seker jy is nie my Pompei nie. Is kwaadgeid ‘n karakterfout in die mens?

Ek wonder nou maar net, met die feit dat die antieke Egiptenare so lekker bloedskande gepleeg het, en dit heel moontlik heel aanvaarbaar was, en dus seker deur ander ook gedoen was…..

Hoeveel van ons DNA ensovoorts, foute wat ons vandag as mense ondervind, kan ons op hierdie kom-ons-hou-dit-in-die-familie verhoudings blameer. Kan ons dit enigsins doen?

Kan ek vandag my baas by die venster uitgooi, terugstaan en sê – Daardie verdomde Egiptenare?

23 Responses to “WEW….48/52”

  1. Girl van die Suburbs Desember 3, 2009 at 8:26 vm #

    Drank…. Die antwoord is drank! Baie daarvan!

    Dit maak jou rustig… dit maak hulle meer intelligent klink… en hopelik pass iemand erens uit!

    • demoerin Desember 3, 2009 at 9:47 vm #

      At the office drinking is frowned upon… can still not figure out why❓

      • Girl van die Suburbs Desember 3, 2009 at 10:12 vm #

        Dis seker om nie almal wil deel nie… as jy deel split niemand op jou nie! 😛

        • demoerin Desember 3, 2009 at 11:09 vm #

          Daar is altyd ‘n slang in die gras, ons noem hom ‘n Rugsteker.

  2. Dellie Desember 3, 2009 at 9:31 vm #

    Ek moet saam met Girl stem … die probleem met die wêreld, is dat almal ‘n paar drinks agter is …😆

    • demoerin Desember 3, 2009 at 9:47 vm #

      Partykeer voel dit of ek agter is😆

  3. Betsieboop Desember 3, 2009 at 9:47 vm #

    Gaan groot DMI !

    Skink ‘n ietsie, sit agteroor, kyk hoe die son sak en sê : WHATEVER ! 😉

    • demoerin Desember 3, 2009 at 9:48 vm #

      O, ek wens ek kon…… Ongelukkig kan ek nie net sê whatever nie…

      • Betsieboop Desember 3, 2009 at 11:21 vm #

        ek is ook goed met whatever tik maar nie met die sê gedeelte nie !!!!

        probeer die agteroor sit en glasie goeie wyn — dit help gewoonlik

  4. Johan Swarts Desember 3, 2009 at 12:36 nm #

    jy werk vir ‘n egiptenaar??

    • demoerin Desember 3, 2009 at 3:06 nm #

      Grieke …. maar die bloedskande-familie van Cleopatra was van Helleniese afkoms😆

  5. Xena Phoenix Desember 3, 2009 at 12:39 nm #

    Demoerin

    Blameer die maan. Hy is nou juis in vol se omgewing en dit krap mans mos om.

    • demoerin Desember 3, 2009 at 3:07 nm #

      😆 Bwahahahahahaha… laat jy my sommer beter voel…. mans…. bwahahahahahaha

  6. meermin Desember 3, 2009 at 12:49 nm #

    😯 maar gaan sit jy nou op jou boudjies ontspan al die spiere lag vir jouself en down ‘n eish koue ene vinnig !!! Dan voel jy weer wiele vir die volgende jaar!!

    • demoerin Desember 3, 2009 at 3:07 nm #

      Dit is nou eers 3 uur, ek werk tot 5 uur….. maar daardie bier klink BAIE aanloklik.

  7. boervrou Desember 3, 2009 at 2:52 nm #

    Dis seker iets in die lug, of……..PMS!! Whahahahaha

    Hoop jy voel beter, wens net ek het in die oggende as ek wakker word, geweet dit gaan een van daai dae wees, dan sou ek omdraai en verder slaap…call in sick

    • demoerin Desember 3, 2009 at 3:09 nm #

      😆 Ek kan nie eers omdraai en verder slaap nie…. as ek wakker is moet ek opstaan…. wat ‘n straf.

      Elk geval…. laas toe ek gekyk het, het ek nie die PMS-tools gehad nie😆

  8. boervrou Desember 3, 2009 at 3:09 nm #

    Miskien moet jy weer kyk LoL

  9. RandomNumberZero Desember 3, 2009 at 8:45 nm #

    Loose the Booze. Hit the gym buddy, feelgood endorfins wil sort out yer latent anger problem.

    • demoerin Desember 4, 2009 at 7:06 vm #

      have been doing more exercise in the last few weeks than in the last four years……..

      • Andrew Desember 4, 2009 at 8:09 vm #

        Me too. When I go hiking up the mountain I run, when I go for a ride on my bike, I sprint. My legs are f*cked.😆

        • demoerin Desember 4, 2009 at 8:23 vm #

          And then I have to rush home for a cold beer…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: