Are We Human?

7 Dec

Toe iemand Vrydag-oggend genoem het dat The Killers se konsert een is wat jy vir die volgende 20 jaar gaan onthou, het ek gedink dit is ‘n bietjie oordrewe. Ek het verkeerd gedink……

Dit was ‘n aand wat ek vir ‘n baie lang tyd gaan onthou. Van die openingsgroep, wat Zebra en Giraffe was, tot die laaste noot van die laaste Killers song, was dit ‘n aand wat in my brein onder “Moer Lekker” geliasseer gaan word.

The Killers is nou maar net een van daardie groepe wat die ongelooflike kwalitiet besit dat hulle selfs beter lewendig op die verhoog klink, as op ‘n CD.

Hulle is ook nie skaam om kwessies deur hulle musiek aan te spreek nie, en ek wonder nou al die hele naweek oor die een.

As ek die koerante lees, die nuus kyk of met ander mense gesels oor wat op hierdie aardbol aangaan – en dit alles met die mens se betrokkenheid, kan mens nie help om te wonder nie:

Are we human?

28 Responses to “Are We Human?”

  1. Girl van die Suburbs Desember 7, 2009 at 7:53 vm #

    More Oukie! Bly om te sien jy het dit geniet:mrgreen:

    Define human?

  2. Vlam Desember 7, 2009 at 8:28 vm #

    Jy’t my bekend gestel aan The Killers, onthou? En “Are we human” is my favourite! 😆

    Ja, ons is human. Dis net humans wat evil en koelbloedig kan wees. Diere doen wat hulle doen ter wille van oorlewing.

    • demoerin Desember 7, 2009 at 8:32 vm #

      Yip, vir jou playlist…..

      • demoerin Desember 7, 2009 at 8:36 vm #

        Gaan soek bietjie vir The World We Live In…

  3. demoerin Desember 7, 2009 at 8:34 vm #

    Define Human…. Mmmmmm

    Dit gaan baie persoonlike opinie bevat –
    Dit is om die beste mens moontlik te wees. Om met respek op te tree teenoor ander mense en die natuur.

    • Girl van die Suburbs Desember 7, 2009 at 2:27 nm #

      Almal is mense… maar party verstaan nie die menslikheidsfaktor nie.

      Om respekvol te wees is ‘n goeie deug maar ek dink nog steeds dit gaan oor liefde vir jou medemens.Om lief te he… dis human. (praat nou nie eros liefde nie… maar agape liefde)

  4. Xena Desember 7, 2009 at 8:53 vm #

    As ek na sekere mense kyk, wil ek beslis nie ‘n mens wees nie.

    • Vlam Desember 7, 2009 at 9:09 vm #

      Snob!

      • demoerin Desember 7, 2009 at 9:48 vm #

        Nog altyd gedink ek sal ‘n cool renoster uitmaak…

        • Xena Phoenix Desember 7, 2009 at 10:40 vm #

          Renosters is cool.

          • Sonkind Desember 7, 2009 at 8:42 nm #

            Ek issie human nie. Ek is ‘n Alien. Die Liefie vertel my gereeld ek is te weird om human te wees, en ek beskou dit as ‘n kompliment. So jammer vir julle klomp humans😈

  5. meermin Desember 7, 2009 at 9:45 vm #

    Baie bly jy het dit geniet! ARE WE HUMAN? Van ons ja maar dan is daar die wat NIE HUMAN IS NIE!! Laat hierdie woorde my nou dink aan daardie liedjie van Bobby Van Jaarsveld “pa is ons dan mense” BOEMELAAR – !

    • demoerin Desember 7, 2009 at 10:17 vm #

      Yip, ons lewe…. maar is ons mense❓

  6. Betsieboop Desember 7, 2009 at 10:04 vm #

    My sign is vital, my hands are cold
    And I’m on my knees looking for the answer

    is nogal een liedjie van The Killers wat my telkemale aan die dink sit. even my sussie-kind sê altyd — ooooo mamma se song…..

    are we human or are we dancer ?

    het ek die antwoord — nope not at all. maar iewers in elkeen van ons is ‘n stukkie ‘human’. party van ons verloor dit net iewers , stukkie vir stukkie , langs die pad. dan kniel ons met koue hande en soek antwoorde . . .

    • demoerin Desember 7, 2009 at 10:17 vm #

      Yip Betsie, ons wys partykeer al die tekens van lewe, maar nie van mens nie….

  7. Andrew Desember 7, 2009 at 11:07 vm #

    Wat ook al die definisie van “human” is, dit kan nie baie fleiend wees nie. Soos Einstein gesê het, “we are a sorry lot indeed”. Vanoggend lees ek hoe ons president die naweek ‘n seremonie bygewoon het waar ‘n bull met kaal hande doodgemaak is. Koning Zwelithini (wat soos ‘n kanibal gelyk het met al die vere in sy kop) het die marteling beskryf as “wonderfull”.

    Hoe de fok moet ‘n mens in so ‘n land bly sonder om jouself met drank te medikeer?

    • demoerin Desember 7, 2009 at 11:10 vm #

      Ja, en as die drank nie genoeg is nie, nog pilletjies ook…..

  8. BB Desember 7, 2009 at 11:25 vm #

    Apparently (hu)man is rated the highest animal. At least among all animals who returned the questionnaire.:mrgreen:

    • demoerin Desember 7, 2009 at 11:38 vm #

      Yeah right…… partykeer wil dit nie so voorkom nie, die lammetjies se briefies het seker in die pos weggeraak…. hehehehehe

  9. Andrew Desember 7, 2009 at 11:28 vm #

    Hier is ‘n foto van sy hoogheid vir diegene wat wil sien hoe lyk hy:

    http://www.news24.com/Content/SouthAfrica/News/1059/3bb64e765525451ea44d4ba09786a672/07-12-2009-12-04/Ritual_bull_takes_20_min_to_die

    Ek moet vir hom skryf en vra of hy dit al oorweeg het om ‘n been deur sy neus te druk … dit sal nogal kwaai lyk.

    • demoerin Desember 7, 2009 at 11:39 vm #

      Ek kan aan ‘n paar ander ongemaklike plekke dink waar ek ‘n been sal wil deurdruk… of indruk….

    • Girl van die Suburbs Desember 7, 2009 at 2:29 nm #

      Nou dis net hier waar my liefde vir my medemens intensely minder word!

      So kom ek rephrase… liefde vir die wat liefde verdien

  10. Plaasjuppie Desember 7, 2009 at 4:43 nm #

    Ons voldoen aan al die fisiese eienskappe van human, maar ek is bevrees in die mental department is ons waarskynlik nog meer savage as mens

    • demoerin Desember 8, 2009 at 6:49 vm #

      Ooo, savage, so ‘n lekker woord.

  11. spearthealmighty Desember 9, 2009 at 7:41 vm #

    Hulle het gisteraand hier in Abu Dhabi opgetree.

  12. Retha Desember 10, 2009 at 5:57 nm #

    To be human should be considered a priviledge, not an excuse – G K Chesterton

    (En ek is ook mal oor die liedjie.)

    • demoerin Desember 11, 2009 at 7:10 vm #

      Yip, ‘n voorreg…. maar eintlik kon die meeste van ons net sowel diere gewees het.

      • Retha Desember 12, 2009 at 12:18 nm #

        Tragies so soort van waar…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: