Ek cheat…. uit die argiewe

8 Dec

Daar is altyd nog HOOP....

En daar was hoop

Ek sal dra

Ek sal aanhoudend dra

My skouers gevorm breed,

Geerwe deur swoeg en sweet

Van oerouers se bou aan ‘n land.

Wys maar vinger en laai maar op

Ek sal voortbeur in die reënboogtrop

Klassifiseer en blameer

Want aan jou denkwyse is geen keer.

Ek sal vra

Ek sal aanhoudend vra

Waarom my gees wil breek

Met elke slinks gemene streek

Uitgebasuin om in my te wortel ‘n kwaad.

Deurdrenk met elkedagse werklikheid

Wat knaag aan volkse positiwiteit

Oor ‘n mooie land

Gevange gehou tussen goue strand.

Ek sal hoop

Ek sal aanhoudend hoop

Dat verdra soos siekte versprei

En genees die kanker wat ‘n nasie laat ly

In die skadu van onvervulde beloftes.

En eendag sal weergalm as waarheid

Ek

Jy

Ons

Vir jou Suid-Afrika.

13 Responses to “Ek cheat…. uit die argiewe”

  1. meermin Desember 8, 2009 at 8:20 vm #

    Waar HOOP is is liefde en vrede en geluk!!

  2. Girl van die Suburbs Desember 8, 2009 at 9:09 vm #

    Want aan jou denkwyse is geen keer

    Jy kan die nie vir een oomblik glo nie. Daai corny se ding… Dis soooo waar.

    “Watch your thoughts, for they become words.
    Watch your words, for they become actions.
    Watch your actions, for they become habits.
    Watch your habits, for they become character.
    Watch your character, for it becomes your destiny.”

    Oukie… Ek weet ek is ‘n mooi een om te praat maar ek gaan nie opgee nie. Ek weet wat ek moet doen om dit reg te maak. Dis ‘n proses… fok weet waar ek die geduld gaan uitkrap… maar dit sal kom.

    Om ‘n mens se gedagtes en denkwyse te blameer of as verskoning te gebruik is net nog ‘n manier om nie met ‘n mens se vrese te deal nie. Niemand kan my anders oortuig nie want ek self is ‘n victim daarvan.

    • demoerin Desember 8, 2009 at 3:56 nm #

      In konteks van die gedig, probeer ek juis uitwys dat ek oor en oor die denkwyse van blameer en klassifiseer moet “sluk”….

  3. Xena Phoenix Desember 8, 2009 at 11:01 vm #

    Sonder hoop is daar nie lewe nie.

  4. Vlam Desember 8, 2009 at 12:06 nm #

    Solank jy my nie drop nie, is ek saam met jou. 😉

    • demoerin Desember 8, 2009 at 3:53 nm #

      Skouer aan skouer deur die drif.

  5. BB Desember 8, 2009 at 1:49 nm #

    Dit bly mooi! Maar DMi, aangesien hierdie nou ‘n ‘cheat uit die argiewe’ is – voltooi dan net hierdie, sal jy? :

    Ek sal lewe
    Ek sal aanhou lewe…

    Ek sal graag later wil kom lees. Reg?

    • demoerin Desember 8, 2009 at 3:52 nm #

      Kom ons maak dit more…. vandag is ‘n amper kop onder die water dag…. my neus maak net-net vars lug.

  6. Betsieboop Desember 8, 2009 at 5:46 nm #

    “Learn from yesterday, live for today, hope for tomorrow.”

    En solank daar geloof is
    Is daar hoop
    En solank daar hoop is
    Is daar rede
    Om te lewe

    ek cheat met ander se woorde 😉

    • demoerin Desember 9, 2009 at 7:46 vm #

      Jy mag maar cheat as dit betekenisvol is😉

  7. Retha Desember 10, 2009 at 5:54 nm #

    “Ek sal hoop

    Ek sal aanhoudend hoop

    Dat verdra soos siekte versprei

    En genees die kanker wat ‘n nasie laat ly”

    Dankie, Demoerin. Hierdie stuk bemoedig my sommer weer.

    • demoerin Desember 11, 2009 at 7:12 vm #

      Mens mag nooit ophou hoop nie, want sonder dit gaan jy in ‘n hoekie sit en verwelk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: