WEW….50/52

14 Des

Ons kort medisyne vir die moderne demokrasie. Universitiete, gooi asseblief tonne geld in die wetenskapkoffers in om hierdie eksperimente te befonds! Ek dink die moderne demokrasie (as jy dit nog demokrasie kan noem) het ‘n siekte wat knaag, wat verrotting veroorsaak. Ek lees vanoggend daar by Retha weer van die probleem wat een of ander grootkop met die ou landsvlag gehad het laasweek….

Ek wonder of die wêreldleiers in die geheim een keer per jaar bymekaarkom en dan die volgende klas bywoon “Smokescreen 101: How to effectively brainwash the whole country to believe you are actually doing something”. Dit word natuurlik deur Suid-Afrikaanse politici aangebied.

Ek wonder hoe gereeld ons met iets onbenulligs gebombardeer word, om die illusie te skep dat daar werklik iets gedoen word in daardie departement, terwyl die belangriker sake wat aandag moet geniet, byvoorbeeld misdaad in hierdie landsvlag geval, iewers agter ‘n rookskermpie uit die “publieke oog” uit verdwyn.

Daar word baie oor die belangrike kwessies gepraat, en beloftes gemaak. Daar gebeur nie werklik veel nie, MAAR iets wat gou-gou op gefokus kan word – soos ‘n tannie uittrap oor haar ou landsvlaggie op haar lessenaar maak die hoofopskrifte regoor die land (Kyk selfs ek skryf nou hieroor).

Die gepratery skep dan verder die illusie dat daar werklik iets GEDOEN word. Ek praat laas week met een van my werkskollegas, en hy vertel my dat Zuma so populêr is want hy doen soveel meer vir die mense op grondvlak. Toe ek vir hom uitwys dat ek moet toegee, sy gesiggie word meer in die plakkerskampe gesien, maar dit bewys nie dat hy iets vir daardie mense doen nie, is ek op een of ander gebreinspoelde manier probeer wysmaak dat dit wel dit beteken. Die gebreinspoeldes verstaan nie van “Praat is goedkoop nie”.

Ek gaan solank my spaarvarkie oopkap, sodat ek ‘n paar sente aan UJ kan aanstuur, miskien is al wat ons nodig het brille wat deur die rook-illusies kan sien? Miskien lewe ek maar net in my eie droomwêreld……

Advertisements

30 Responses to “WEW….50/52”

  1. Girl van die Suburbs Desember 14, 2009 at 8:06 vm #

    Jinne….. Jou EIE spaarvarkie! 😯

    Nee wat… Politiek…. Dinge gaan nie sommer verander nie.

    Ek het gister gehoor van ‘n persoon wat vir die skerpioene gewerk het voor hulle ontbinding. Elke liewe een van die siele wat die ANC ondersoek het, mag nie oorgegaan het na die polisiediens nie… daar was vir hulle gevra hoeveel dit sal kos om hulle te laat verdwyn… Nou dis mos nou demokrasie! 😕

    • demoerin Desember 14, 2009 at 9:02 vm #

      Ek weet dit bly politiek, en seker maar iets waarmee ek moet leer om saam te leef – MAAR, wat my debliksem in maak is die mense wat vir al die storietjies val….

  2. Xena Phoenix Desember 14, 2009 at 9:07 vm #

    Daardie vrou het geen wet oortree deur die ou SA vlag te vertoon nie. Dit is teen die grondwet om iemand te verbied om die ou vlag te vertoon.

    That said, Transnet kan reels maak wat hulle op hulle perseel toelaat. 😉 Lyk my amper maatskappy reels staan bo die grond wet.

    • demoerin Desember 14, 2009 at 9:30 vm #

      Dit sal nogal interessant wees om te weet wat gebeur juis in die geval waar maatskappy en grondwet reëls verskil – sekerlik is die grondwet die belangrike een?

  3. Girl van die Suburbs Desember 14, 2009 at 9:14 vm #

    Wat ek nie kan verstaan nie is hoekom jy nie ‘n ander land se vlag mag hys as jy nie ook ‘n SA vlag saam dit laat wapper nie? (Is mos so ne?)

  4. Vlam Desember 14, 2009 at 9:27 vm #

    Groot bohaai oor die ou landsvlaggie, maar ek wonder ook of dit regtig nodig was om die vlaggie op haar lessenaar te he? As ek verknog was aan die ou vlag, sou ek dit eerder by my huis uitgestal het, nie by die werk waar ek saam met ander Suid-Afrikaners werk wat nie so liefdevol voel oor die ou vlag nie. Alles in die naam van nasiebou, jy weet. 😉

    • demoerin Desember 14, 2009 at 9:33 vm #

      Die tannie is miskien ‘n bietjie van ‘n stirrer… maar miskien like sy net die ou vlag baie…. miskien is die vlag nou al vir die afgelope 20 jaar op haar lessenaar?

      • Xena Phoenix Desember 14, 2009 at 9:38 vm #

        Onthou dat die tannie ‘n moerse groot nuwe SA vlag agter haar lessenaar het.

        Die vlag is glo vir haar mooi.

  5. Retha Desember 14, 2009 at 9:53 vm #

    Ek stem saam met die artikel. Hy was daar oor misdaad, nie om oor vlaggies te kere te gaan nie.

  6. meermin Desember 14, 2009 at 10:09 vm #

    Geniet jou dag !

  7. Johan Swarts Desember 14, 2009 at 11:04 vm #

    Jy maak nogal ‘n goeie punt. As mense my vra wat ek van Zuma dink, is my eerste reaksie ook iets soos jou kollega s’n – hy lyk darem asof hy omgee en iets aanvang!

    Maar om die regte geluide te maak, is nie noodwendig goed genoeg nie. Bygesê, dit is natuurlik ook nie noodwendig sleg nie.

    • demoerin Desember 14, 2009 at 11:33 vm #

      Geluk. jy is kommentaar # 5,000. Jy wen ongelukkig niks nie.
      Regte geluide is nie noodwendig sleg nie, maar ek sou tog eerder onthou wou word vir wat ek gedoen het, en nie net wat ek gesê het nie.

      • flintstoned Desember 14, 2009 at 12:40 nm #

        Bwahaha, demoerin, #5000 sê jy…..

        Wel, ek dink steeds dat die mense eerder moet fokus op dinge wat saakmaak, soos ons aids kwessie, en armoede voordat hulle geld mors om ‘n ou vrou oor ‘n vlag aan te vat. Dit weeg net nie lekker op nie, siekte/dood/armoede aan die een kant ‘n stukkie lap aan die ander….

        ,,,dalk “suck” my wiskunde net maar iewers is iets fout

        • demoerin Desember 14, 2009 at 12:54 nm #

          😆 Ja, ek het dit per ongeluk raakgesien…

          Maar dit is wat ek seg, hulle probeer die aandag van die belangrike issues wegvat…. maar raai wat….

          EK IS NIE ‘N POEPHOL NIE!

  8. Sonkind Desember 14, 2009 at 12:41 nm #

    Daai ou in Springbok, waarvan ek vertel het, het ‘n ou Suid-Afrikaanse vlag wat in sy plek se venster hang. En ‘n moerse groot een wat binnekant hang.

    Ek ken actually baie mense wat nog die ou vlag in hul huise het, soos bv, in hul ‘bars’ ens. Dit bly ‘n mooi vlag en deel van ons geskiedenis.

    Oor Zuma – silence is golden.

    • demoerin Desember 14, 2009 at 12:52 nm #

      Net so, ek dink ook die vlag is mooi, en ja, dit is deel van ons geskiedenis…. live with it, en konsentreer op jou werk.

  9. boerinballingskap Desember 14, 2009 at 3:35 nm #

    Jy stel dit in jou inskrywing goed en sit jou vinger op die pols. Presies soos dit is. Net jammer die media en die meerderheid landsburgers val deurlopend vir die illusie.

    • demoerin Desember 14, 2009 at 3:49 nm #

      Bring ons seker maar weer terug by wie is die skaaphonde, wie is die skape….. en wie is die wolwe?

  10. RandomNumberZero Desember 15, 2009 at 1:39 vm #

    Bit of a storm in a teecup, isnt it old chap. Pass the scones please.

    • demoerin Desember 15, 2009 at 8:29 vm #

      😆 I can still complain if I want to. Even if it doesn’t change anything, it makes me feel better 😉

  11. Girl van die Suburbs Desember 15, 2009 at 9:30 vm #

    Mag ek ‘n bespotlike vraag vra want ek kry dit nie uitgewerk nie…. waarvoor staan WEW ❓

  12. flintstoned Desember 15, 2009 at 1:27 nm #

    OOOOOH-K….

    Ek het self al daaroor gewonder, maar wou nie my naam poephol maak nie, ek dog dis soos lol of rolf pmsl (?) of so iets.

  13. Vlam Desember 16, 2009 at 12:51 vm #

    Haai nee. Wetie mense (lees: Girl) dit nou nog nie? 😯

    • Sonkind Desember 16, 2009 at 9:04 nm #

      Net so vir die rekord – ek het ook nie geweet nie en ek wou ook nie stupid lyk en vra nie 😆 So moenie alleen voel nie, Girl & Flint!

      • demoerin Desember 17, 2009 at 6:33 vm #

        Gmmmmf…. wys jou ook net wie is die wat nie die eerste WEW gelees het nie! Uitgevang!! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: