Manto is dood….

17 Des

My simpatie met familie en vriende. Dit is hartseer as iemand na aan jou doodgaan. Daarom wil ek nie hê die volgende moet as harteloos of ongevoelig gesien word nie…… Dit bly ‘n beskeie persoonlike opinie –

Ek wonder wanneer gaan die dag kom, wat ‘n minister uit die “Nuwe” Suid-Afrika kabinet sterf, en daardie persoon onthou word vir die werk wat post 1994 vir die land Suid-Afrika gedoen is.

Op die oomblik blyk dit egter dat die enigste huldeblyke te doen het met die dae toe ons ministers nog vryheidsvegters was, en hulle uit die land verban was?

Advertisements

12 Responses to “Manto is dood….”

  1. Xena Phoenix Desember 17, 2009 at 9:03 vm #

    Die krokodiltrane vanaf almal is vir my een te veel. Ek bedoel nou al die politici.

    Suid-Afrika het wel een van ons beste komediante verloor.

    • demoerin Desember 17, 2009 at 9:45 vm #

      Ai toggie ja… oor wie gaan ons nou kla en grappies maak?

  2. Girl van die Suburbs Desember 17, 2009 at 9:23 vm #

    My sentiment ook. Ek het vanoggend ook daaraan gedink toe ek die huldeblyke op die radio aanhoor… hoe sy baklei het vir die struggle…. Ek is nou al so gatvol vir die struggle…

    En iemand het genoem dat die pers nie pro manto was toe sy geleef het nie… WTF?

    • demoerin Desember 17, 2009 at 9:45 vm #

      Dit is moeilik om pro-enigiemand te wees, as hulle jou nie juis met enige redes verskaf om so te wees nie.

      • Girl van die Suburbs Desember 17, 2009 at 2:37 nm #

        Wel… met ‘n resep soos soetpatats en knoffel en wat ookal anders om vigs te voorkom dan reken ek… daai toffie sal gekou word… 😉

  3. Vlam Desember 17, 2009 at 9:31 vm #

    Ja, dis waar, hoor. Mens weet nie waddehel hulle vir die land gedoen het nie – wonder eerder waaraan hulle dood is. Vet weet, hulle gaan ook nie aan ‘normale’ dinge dood soos politici van ouds nie. 😯

    • demoerin Desember 17, 2009 at 9:44 vm #

      Yip, wat het van ‘n goeie ou hartaanval geword?

  4. meermin Desember 17, 2009 at 9:33 vm #

    R I P Manto!

  5. flintstoned Desember 17, 2009 at 6:51 nm #

    Jong, demoerin, mag ek maar? Jy kan dit altyd delete as dit te erg is maar sy was nou wragtig nie iemand wat behoort onthou te word nie. Maar ja, ons almal vergeet moeilik van iemand as hulle ons soveel ure se lag besorg het.

    As ek dink aan hoeveel vriende ek moes afstaan aan ‘n vervloekte siekte omdat sy wou hare kloof oor knoffel en beet is dit vir my moeilik om te onthou dat sy ook ‘n ma en ouma of watookal was.

    Anyway, kom van suip.

    Ai, nou is ek seker weer ‘n vêr regse….

    • demoerin Desember 18, 2009 at 6:32 vm #

      …en jy het nie eers khaki op jou troudag gedra nie… hoe moet ons nou weet 😉

  6. demoerin Desember 18, 2009 at 6:34 vm #

    😆 Ek is jammer… ek kon nie anders as om vanoggend te lag nie…. Kyk hier links onder die Wiskunde hofie… is die een wat sê:
    Wat jy gelike het: Manto is dood….
    😆 Bwahahahahahahah… selfs die tegnologie het nie veel simpatie nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: