Die 13 dinge tag….

21 Dec

Flintstoned het my getag om myself te ontbloot en ‘n paar skyfies te toon van dinge wat julle dalk/dalk nie van my weet nie:

  1. In sekere aspekte is ek onbuigbaar, daar is geen onderhandeling nie, want ek is mos reg.
  2. Ek kan met verf, ink en potlood op papier en doek speel. Eindresultate nie te sleg nie….. net BAIE lui.
  3. Ek kan ‘n heel skaflike tenoor in die koor sing.
  4. Ek het ‘n nuwe stokperdjie begin – rotsklim, en ek dink ek doen heel goed. Mens is nooit te oud om jouself te verbaas nie.
  5. Die pad na my hart maak ‘n draai deur my maag en is geplavei met lamsboud en malva poeding met tuisgemaakte wit-sjokolade vla.
  6. Ek en ‘n paar vriende het in Londen besluit om in simpatie met dakloses, een aand op ‘n bankie te slaap. Gewapen met slaapsakke moes ons in Hyde Park se toilette wegkruip tot die hekke gesluit was. Dit was moer koud… ons moes skaars 15 minute later weer “uitbreek”.
  7. Ek dink ek is nou nog nie meer by San Lameer welkom nie. Dit involve ‘n klompie eerstejaarstudente en raak-rugby op die strand – sonder klere.
  8. Ek en ‘n Aussie-vriend het al ‘n dag op drips in die Paddington Hospitaal in Londen deurgebring. Alkohol is nie altyd jou maatjie nie (veral nie na ‘n 2 dae bender nie). (Ons het ook ‘n illegal na-uurse bar van agter die ontvangstoonbank van die hostel bedryf.)
  9. Ek het geen fobies waarvan ek weet nie.
  10. Ek drink altyd coke as ek eet. Ek sal my drankie eenkant toe skuif om my coke te drink terwyl ek eet.
  11. Ek het ‘n groot liefde vir skop, skiet, boomklim, donner, bliksem en emmers vol bloed flieks. As iemand my die geld gee, sal ek ‘n movie maak wat ‘n Tarantino soos ‘n sondagskooluitstappie laat lyk. Ek is ook nie juis baie lief vir “happy ending” flieks nie, ek is versot op ‘n kinkel in die kabel en gaan nou nie trane stort as die hoofkarakter doodgaan nie. That’s life.
  12. Ek het issues. Picture ‘n koek – ‘n Fear of Commitment Koek met so ‘n dik laag Fear of Loss Versiersuiker op. (Ek was egter al een keer voorheen gereed om te commit)
  13. Ek wil nog leer om die kitaar te speel.
  14. Die volgende ding wat op my bucket-list afgemerk moet word is my tattoo.
  15. More, die 22ste, het ek amptelik 5 weke laas gerook. Die snaakste ding is dit was vir my makliker as wat ek dit voorgestel het.

vervloë potloodpoging

Goed, ek weet nie waar ek b(l)oggers gaan opspoor wat nie op vakansie is nie, maar kom ons probeer…. ek tag vir Johan en Kaalvoet

NS. Ek voel net ek moet byvoeg. Daar is ‘n paar dinge wat ek glad nie van hou nie…. skeer, stryk, onbevoegde mense en mense wat nie kan bestuur nie.

53 Responses to “Die 13 dinge tag….”

  1. Girl van die Suburbs Desember 21, 2009 at 6:16 vm #

    Ek reken nogal ou QT is in vir ‘n ding… Dalk moet ek vir hom skryf en vertel hier is ‘n colaboration wat wag…..

    Ek laaik nogal wie jy is . . . 😉

  2. Girl van die Suburbs Desember 21, 2009 at 6:17 vm #

    PS… Is die sketsie die van ou Leo?

    • demoerin Desember 21, 2009 at 7:02 vm #

      Yipppeeeee, ek was so bang niemand gaan hom erken nie😆

  3. boervrou Desember 21, 2009 at 7:43 vm #

    Interessant. Niks juicy nie!
    Tuisgemaakte wit-sjokolade vla? Klink heerlik, het jy ‘n resep?
    Ek ♥ warm malvapoeding met yskoue vla..njam!
    Ek drink glad nie coke nie, kan die snaakse gevoel wat dit op my tande los nie verdra nie.

    • demoerin Desember 21, 2009 at 8:59 vm #

      Yip, ek isse soet seuntjie.
      Ek het ‘n reseppie iewers…. sal hom gaan soek.

  4. Plaasjuppie Desember 21, 2009 at 8:19 vm #

    Ek sal geld betaal om daai moewie te loop sien.
    Baie geluk met die 5 weke. ‘n Mens wonder altyd agterna waaroor die hele bohaai gegaan het as jy eers agterkom hoe maklik dit nou eintlik was. Vat nou net daai geldjie wat jy aan siggies sou spandeer het en belê dit in jou nuwe hobby, net vir ingeval die ekstra cash jou dalk tempteer om weer te begin.

    • demoerin Desember 21, 2009 at 9:00 vm #

      Ek het daai geldjie al vooruit gespandeer op die rotsklim… die hobby issie cheap nie😆

  5. Antie Koekie Desember 21, 2009 at 8:54 vm #

    Nice! Dis goed om te weet daai sinistere “sneer” steek iets so menslik weg soos malvapoeding! Ditto vir daai wit sjokolade vla—- bestaan dit regtig of net in jou kop. Daai resep kan my aansien red met die kersmaal saam met familie, stuur aan, broer?
    Nr.12—— wel, jy klink na ‘n dapper ou, so sit dit op jou bucket list.
    Jy weet mos, better to have loved and lost……….

    • demoerin Desember 21, 2009 at 9:02 vm #

      Daar is GEEN poeding lekkerder as malvapoeding nie… ek sal die vla resep gaan soek.

      • meermin Desember 21, 2009 at 9:39 vm #

        ek stem maar dan het jy nog nie MY bruinpoeding en sago poeding geproe nie!!

        • boervrou Desember 21, 2009 at 11:53 vm #

          Is dit die een wat gebak word? Ons het die gebakte een by die koshuis gehad, heerlik gewees!!

          • demoerin Desember 21, 2009 at 12:18 nm #

            Ek tog mens bak altyd sago-poeding?

          • boervrou Desember 21, 2009 at 1:29 nm #

            nee die een kook jy die sago in melk en die ander een wat bak weet ek nie…

          • demoerin Desember 21, 2009 at 3:18 nm #

            Mmm, ek dink my ma sin het geweek in die melk, en dan het jy dit in die oond gebak met kaneel oor? Ek weet net nie wat het jy nog bygesit nie… seker eiers of iets…

  6. meermin Desember 21, 2009 at 9:38 vm #

    Ha ha ek werk ook nog vol stoom !!!

    • demoerin Desember 21, 2009 at 11:09 vm #

      dis lekka kak nê!
      Dan tag ek jou ook sommer vir die 13+ dinge!!

      • meermin Desember 21, 2009 at 12:55 nm #

        goed jy ek sal my huiswerk doen sal môre oggend bietjie vroeèr hier wees om my huiswerk te doen!

  7. Antie Koekie Desember 21, 2009 at 10:11 vm #

    Meermin, ek het laas sagopoeding ge-eet wat my ouma Bertha gemaak het, en sy is al 36 jr dood. Kani eens meer mooi onthou hoe sy dit gemaak het nie, ons het dit “padda-ogies” genoem as ek reg onthou?
    Ek moet daai resep by jou bedel—- miskien verras ek my ma so dat sy weer bietjie van my hou!Ha.Ha.Ha!
    Nee, dies nie goed nie—– ek staan bekend as een wat ni hou van kosmaak, en nou maak julle lot my lus om poedings en soetgoed aan mekaar te slaan.
    Guess it could’ve been worse……..

    • demoerin Desember 21, 2009 at 11:10 vm #

      Moet sê sagopoeding is een van dei min dinge wat my ma eintlik nog self maak… ek dink dit kom uit die Kook en Geniet uit…. ons het dit padda-eiertjies genoem😆

  8. Xena Phoenix Desember 21, 2009 at 10:38 vm #

    Ek het Leo ook dadelik erken. Jou 13 dinge is voorwaar interessante leesstof.

    • demoerin Desember 21, 2009 at 11:10 vm #

      Kom nou – Hoekom so vaag?
      Watter punte die interessantste❓

    • boervrou Desember 21, 2009 at 11:55 vm #

      Xena stem jy saam my dan, niks juicy nie, so…gewoon. En dis nie vloekwoordjie wat ek leer ken het nie!

      • demoerin Desember 21, 2009 at 12:11 nm #

        Ek kan nie al my skandes hier in die blogosfeer uitstal nie.

        • boervrou Desember 21, 2009 at 12:13 nm #

          Nie alles nie, net so ietsie! Jy weet, padkos vir die week.

          • demoerin Desember 21, 2009 at 12:20 nm #

            😉 Ek isse soet seuntjie….

          • Xena Phoenix Desember 21, 2009 at 1:17 nm #

            DMI

            Ek is maar net so vaag as wat jy is.

          • demoerin Desember 21, 2009 at 1:21 nm #

            Amper tog ek ek lees “vaak”

  9. Johan Swarts Desember 21, 2009 at 12:02 nm #

    ek weet nie baie van skets af nie, maar dis ‘n mooi skets🙂

    • demoerin Desember 21, 2009 at 12:12 nm #

      Ek gaan maak of jy baie weet😆
      Dankie.

  10. flintstoned Desember 21, 2009 at 12:02 nm #

    Klink nogal of jy ‘n oulike kandidaat kon gewees het vir Manto se lewer deur jou studente dae….😆

    Leo is natuurlik pragtig en goed geteken (dink ek is verlief, op Leo nou😉 )

    Jy sing? My aarde…….

    LOL vir nommer 8!!! (ek weet nie hoekom dit vir my altyd snaaks is waneer ander alkie vergiftiging kry nie, maar dis moer snaaks)

    • demoerin Desember 21, 2009 at 12:15 nm #

      Nommer 8 issie so snaaks nie… gelukkig is die medies for free, en was die nursies baie oulik (hulle was nie pommies nie)

  11. meermin Desember 21, 2009 at 12:56 nm #

    jou potlood poging is WOW!!

  12. Girl van die Suburbs Desember 21, 2009 at 2:50 nm #

    Jy is soos onse eie Sneeuvlokkie… Met moer baie fasette tot jou menswees! 😛

  13. kaalvoetinireen Desember 21, 2009 at 3:16 nm #

    Rerig ‘n nice skets!
    Malva pudding is koning!
    Om so in die koue buite te slaap – jy’s of braaf of stupid😉

    • demoerin Desember 21, 2009 at 3:24 nm #

      😆 Ons het regtig die ouens jammer gekry wat so op die bankies slaap, en wou net voel hoe voel dit.

  14. Andrew Desember 21, 2009 at 5:01 nm #

    Jinne, het jy rerig daai skets gedoen? Dis flippen goed.

    High five vir die 5 weke!

    • demoerin Desember 22, 2009 at 6:41 vm #

      Yip, en dankie.
      Ding is, na die eerste 2 weke het dit net beter gegaan en ek is moerse trots op myself.

  15. Sonkind Desember 21, 2009 at 6:48 nm #

    Ek kan identifiseer met jou no 1 en jou NS. Behalwe die skeer gedeelte😆 No 14 is op my kerswenslys – ‘n skerpioen op my enkel!

    • Girl van die Suburbs Desember 21, 2009 at 6:53 nm #

      Son… Gaan kyk na my fb… Ek het myne gekry!😉

    • demoerin Desember 22, 2009 at 6:42 vm #

      Baie meer exciting as ‘n kitaar😉

      • kaalvoetinireen Desember 22, 2009 at 4:09 nm #

        Ek het al vergeet ek het ene…

        • demoerin Desember 23, 2009 at 12:57 nm #

          Nee nee nee!! En ons wens almal ons kon!

        • Sonkind Desember 23, 2009 at 8:13 nm #

          Kaalvoet – ‘n kitaar of ‘n tattoo?

          • demoerin Desember 24, 2009 at 6:32 vm #

            Ek hoop kitaar…. anders lyk my comment baie stupid😆

          • kaalvoetinireen Desember 24, 2009 at 2:02 nm #

            ‘n tattoo…ek werk nog daaraan om die kitaar te kry…

  16. Vlam Desember 21, 2009 at 11:49 nm #

    My jinne! Kliek ek nou jy het die skets gedoen! Baie mooi, hoor. 😉

    Demoerintjie, ek kan net nie jou no 12 kop nie. Jy’s mos nie eintlik ‘n bang ou nie? As jy kan ophou rook… 🙄

    • demoerin Desember 22, 2009 at 6:43 vm #

      Dankie Vlam…hehehehehe
      Doom werk nie vir sekere kopgoggas nie, dink ekke moet ietsie sterkers soek.

  17. BB Desember 23, 2009 at 12:37 nm #

    Ditto op # 3!!:mrgreen:

Trackbacks/Pingbacks

  1. 13 goeters « Kaalvoet ini reen - Desember 22, 2009

    […] Demoerin het my getag om 13 goed wat julle nie weet/dalk weet hier neer te pen. Ek weet nie of ek by 13 gaan uitkom nie en sal dalk bietjie kreatief moet raak […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: