My Kerswense….

24 Dec

 Van kindsbeen af was my assosiasie met 25 Desember nie noodwendig slegs die viering van die Christusfees nie, maar ook die viering van saamwees. Tyd deurgebring saam met familie en vriende. Soos die jare aanstap, bly die groep nie noodwendig soos wat hy laas jaar was nie. Van die gesigte is nie meer om die tafel nie, want hulle het gesterf…. en daar is dalk nuwe gesiggies van babatjies wat gedurende die jaar dalk hul opwagting gemaak het. Kersfees is dus vir my ‘n mengelmoes van blydskap en hartseer.

Juis oor hierdie feit, wil ek aan een en elk hierdie 25 Desember tonne vol saamwees toewens. Lag, wees bly… koester familie, geliefdes en vriende. Maak kontak met die waarmee jy kwaai gevoelens het, dit is die beste tyd ooit om te vergewe. Onthou, dood is ons konstante metgesel, en volgende jaar sit jy dalk met verweite aan die etenstafel. Vergifnis kos niks nie, in teenstelling met al die rande wat op geskenke spandeer is.

Ek het 2 gunsteling Kersliedere, O Holy Night en dan natuurlik When A Child Is Born.

En die woorde:

A ray of hope flickers in the sky,
A tiny star lights up way up high,
All across the land dawns a brand new morn –
This comes to pass when a child is born.
 

A silent wish sails the seven seas,
The winds of change whisper in the trees
And the walls of doubt crumble tossed and torn –
This comes to pass, when a child is born.

A rosy hue settles all around,
You got the feel you’re on solid ground,
For a spell or two no one seems forlorn –
This comes to pass when a child is born.

It’s all a dream, an illusion now.
It must come true sometime soon somehow.
All across the land dawns a brand new morn –
This comes to pass when a child is born. 

 

*****

My wens vir die wêreld is geluk en vrede aan elk. As dit op een dag van die jaar kan gebeur, wat keer ons om dit elke dag te doen? Die boodskap van saamwees, eenwees, vreugde, vrede en liefde kan elke dag gevier word. Dit is my hoop, my wens en my gebed.

Geseënde Kersdag

PS. En doen my asseblief ‘n guns: Ons Kersete-tafels staan gewoonlik bakbeen onder die gewig van al die kos. Daar is altyd oorskiet. Partykeer gaan dit asblik toe, ander kere gaan dit eers yskas toe en dan asblik toe. As die ete verby is, en almal is dik en gelukkig, pak die oorskiet in pakkies, en geen dit vir jou gaste soos hulle vertrek. Ry verby die supermark waar jy inkopies doen en gee dit vir die sekuriteitsman/vrou wat aan diens is, of die hekwag van die kompleks, of die wag in die straat, of die man op die hoek wat bedel of pak dit in ‘n bord uit en geen dit vir die tannie onder in die straat wat alleen was (nog beter, nooi haar vir die maal). Om te gee, is altyd beter as om te ontvang, glo my, ek deel elke jaar so kos uit.

17 Responses to “My Kerswense….”

  1. demoerin Desember 24, 2009 at 6:42 vm #

    OK – Ek kan nie onthou vir wie ek dit belowe het nie… maar hier is die:

    Wit Sjokolade Vla Resep

    1 Liter Melk
    4 Eiergele
    30 ml Maizena
    30 ml Strooisuiker
    175g Wit Sjokolade (In blokkies gebreek)
    1/2 t Vanilla geursel

    * Kook melk en strooisuiker saam
    * Maak maizena met bietjie melk aan en voeg by die suikermelk sodra dit begin kook.
    * Klits die eiergele en voeg van die warm melk daarby. Meng baie goed en voeg weer terug by die ander melk in die kastrol.
    * Kook mengsel baie stadig tot dik. Roer gedurig.
    * Verwyder van stoof en roer die Vanilla en Sjokolade in.
    * Bedien warm of koud.

  2. Girl van die Suburbs Desember 24, 2009 at 9:12 vm #

    ‘n Geseende Xmas vir jou ook oukie!

    Hoop jou kerskous is vol gestop van alles wat jou hartjie begeer… en as die dames nie in die kous pas nie… hoop ek hulle wag om die kous! :mrgreen:

    Peace – Love-Happiness…. Dis my kers wens vir jou

    x x x

    • demoerin Desember 24, 2009 at 10:57 vm #

      Dankie, wonderlike dag vir jou ook more!

  3. Antie Koekie Desember 24, 2009 at 10:27 vm #

    Ai, DiMin, jy’s eintlik net ‘n dierbare Sweetie Pie, agter daai masker.
    Duisend dankies vir die resep———- gaan hom beslis maak, al eet ek dit alleen op as ek inspirasie soek.
    Ek’s mal oor jou idee van leftovers, probeer ook elke jaar dit doen.
    Ditto vir Meisiekind se wens vir Vrede, Geluk, en baie Liefde.
    Ek’s bly ek het jou raakgeblog!

    • demoerin Desember 24, 2009 at 10:58 vm #

      Dankie aandie Antie, ek kroek altyd en sit so bietjie ekstra choc in for the hell of it…😆

      Ek is eintlik ‘n baie soet seuntjie… regtig.

  4. BB Desember 24, 2009 at 10:56 vm #

    Dankie virrie reseppie DMi!! (Hmmm – ek wonder tog hoe dit op brokkoli gaan proe???🙄 ) –
    Merry, merry XMas! x

    • demoerin Desember 24, 2009 at 10:59 vm #

      Mmmmm, ek gaan nie probeer nie, laat weet jy ons maar😆

  5. Antie Koekie Desember 24, 2009 at 11:06 vm #

    Ja, DiMin, dis die geneuk——- ons sit maskers op, partykeer ‘n uitdagende een, terwyl jy als behalwe uitdagend of rebels is.
    Ek glo jou; wens net ek het so klein bietjie meer van jou geweet.
    Stuur tog vir antie ‘n epos, toe? Net vir Krismis? Daar hoef nie ‘n Patrizio CD in te wees nie, net ‘n naam.
    Mooi dag vir jou verder.

  6. Antie Koekie Desember 24, 2009 at 11:07 vm #

    Ja, DiMin, dis die geneuk——- ons sit maskers op, partykeer ‘n uitdagende een, terwyl jy als behalwe uitdagend of rebels is.
    Ek glo jou; wens net ek het so klein bietjie meer van jou geweet.
    Stuur tog vir antie ‘n epos, toe? Net vir Krismis? Daar hoef nie ‘n Patrizio CD in te wees nie, net ‘n naam.
    Mooi dag vir jou verder.
    Jy ken dit seker al, antiekoekie@gmail.com.

  7. Xena Phoenix Desember 24, 2009 at 1:10 nm #

    Geseende Kersfees. Mag julle saamwees vir julle almal genotvol wees.

    My gunsteling Kerslied is Marys Boy Child.

  8. koeksister Desember 24, 2009 at 1:25 nm #

    Geseënde Kersfees vir jou ook Demoerin en dankie vir die kospakkie-tip🙂

  9. boervrou Desember 24, 2009 at 7:03 nm #

    Dankie vir die reseppie. As ek nou nog iets moet eet gaan ek rol! ‘n Geseende dag weereens!

  10. Mefri Desember 24, 2009 at 7:34 nm #

    Geseënde Kersfees en hou jou lyfie warm in daai koue plek

  11. Dellie Desember 24, 2009 at 7:37 nm #

    Mag jou Kersfees besonder geseënd wees😉

  12. Nikita Desember 24, 2009 at 10:41 nm #

    Geseende Kersfees vir jou!

  13. Antie Koekie Desember 25, 2009 at 7:48 nm #

    OK, dis nou bietjie klaar, nê?
    Jy’t nou ge-eet en gekuier en mooi prezzies gekry en almal se hartjies bly gemaak——— surface asb weer in Blog-o-land?
    Hoe sukkel ek so om al die skapies weer in een kraal te kry?
    Ek mis julle!!

  14. Lizelle Desember 27, 2009 at 3:27 nm #

    Hi! Baie geseende Kersfees boet. Hoop hierdie jaar wat kom is awesome – met grote partytjies, hope nuwe vriende en stapels vol geluk in die sakkie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: