2009 se laaste asem….

28 Dec

2009 is besig om sy laaste asem uit te blaas…. en daarom is dit tyd om bietjie blogvakansie te neem… die brein bietjie te stofsuig, en die kopgoggas te doom sodat 2010 weer vars en uitgerus kan begin.

Die einde van enigiets, ja selfs ‘n jaar soos 2009 is hartseer, want ek dink aan al die dinge wat ek hierdie jaar wou doen, en nooit by uitgekom het nie. Die jaar het ultimately net 365 dae, en soos ek aangegaan het het ek meer items by my bucketlist bygevoeg as wat ek doodgetrek het… so my geliefde vriend dood moet maar nog so bietjie aan ‘n tak hang… Ek het nog tyd nodig!

Maar voor ons by 2010 kom, moet ons eers lekker partytjie hou die 31 Desember 2009. Geniet julle nuwejaarspartytjies. Gaan groot of bly by die huis. Wees tog asseblief net verantwoordelik en moenie jouself en ander padgebruikers in gevaar stel as jy ‘n paar drankies inhet nie, bly liewers oor, kry ‘n bestuurder (natuurlik een wat nie gedrink het nie) of bel ‘n taxi (Daardie paar honderd rand is niks in vergelyking met die waarde van ‘n lewe nie). Die lewe kan in ‘n oogwink verander. Maak seker jy is wakker met sonsopkoms 1 Januarie 2010 om die nuwe jaar te begroet.

Ek hoop jou 2010 is so voorspoedig dat jou geluk jou gaan begin verveel. Ek hoop dat daar talle geleendhede in jou skoot gaan val, en dat jy elke uitdaging sal aanneem, sonder om te bekommer of jy gaan slaag of nie. Dit is belangriker om te probeer, al slaag jy nie, as om op te gee nog voor jy begin het. Die mens se brein is wonderlik, maar kan ook jou eie grootste vyand wees. Jy sal verbaas wees met die dinge wat jy kan vermag, wat jy jouself wil wysmaak is onmoontlik.

Leef elke dag van 2010 ten volle, met geen spyt en verwyte as iets nie geslaagd was nie. Want jy het ten minste probeer. Mag julle elkeen die geleendheid kry om in 2010 ten minste 2 uitdagende items op julle emmerlysies dood te trek.

Goodbye, Totsiens, Farvel, Au revoir, Shalom, Ciao, Vale, Adeus, Sala hantle, Kwa heri, Go siame, Sala kakuhle, Hamba kahle….

 

….sien julle die 4de Januarie….

35 Responses to “2009 se laaste asem….”

  1. Girl van die Suburbs Desember 28, 2009 at 8:29 vm #

    Ek kan in alle eerlikheid se ek is nie hartseer oor die jaar wat verby is nie!!!

    Mag 2010 een van die beste jare in DMI geskiedenis wees en dat jy gif sterk genoeg sal kry om daai kopgoggas vir eens en vir altyd kan laat les opse!

    Ek wens jou is… Tonne liefde, Ongekende gemoedsrus en baie spiderman oomblikke…

    En dankie …..

    • demoerin Desember 28, 2009 at 9:03 vm #

      As mens die jaar met ‘n positiewe uitkyk begin… en al die donker in 2009 agterlaat… KAN dit nie anders as om ‘n goeie 2010 te wees nie. Met ‘n positiewe houding en denke is die veldslag al halfpad gewen.

  2. ekisanna Desember 28, 2009 at 9:26 vm #

    Een van die hoogtepunte vir my in laat 2009, was die ontdekking van al die lekker Afrikaanse blogs op WordPress en jou blog is een van die lekkerstes. Geniet jou vakansie, jou Nuwe Jaar uithaak (of as jy ingehaak gaan bly soos ek, dit ook) en mag die hele 2010 vir jou net vrede, vreugde en voorspoed wees.

    • demoerin Desember 28, 2009 at 10:01 vm #

      Wel, ons is net so bly as die WP gemeenskappie bietjie uitbrei, want 2009 was die einde vir baie van die groot geeste se blogging!

  3. flintstoned Desember 28, 2009 at 9:47 vm #

    demoerin, liefde en voorspoed in jou jaar wat voorlê ou tjomma, drink sommer baie kopseer pilletjies die oggend van die 31ste.!!

    • demoerin Desember 28, 2009 at 10:01 vm #

      Dankie… ek hoop ek gaan partytjie-energie hê as ek klaar getrek het….

  4. Kersvader Desember 28, 2009 at 9:57 vm #

    Gaan jou geweldig. Geniet die kort ruskans en mag 2010 vir jou net mooi dinge inhou.
    Salut!

    • demoerin Desember 28, 2009 at 10:03 vm #

      Kersvader… ek het nogge appeltjie met jou te skil, geen wonder jy daag nou eers hier op nie… ekke het duidelik in my briefie aangedui dat ek ‘n Jeep Wrangler wil hê.. rescue green verkieslik, maar ek sou met enige kleur tevrede gewees het…… ek wag nou nog…… geduldig…..😆

      • Mefri Desember 29, 2009 at 8:38 nm #

        LOL

    • Kersvader Desember 28, 2009 at 10:16 vm #

      Uhm . . . Jy het koekies en melk uitgesit, jou buurman het braaivleis en bier uitgesit. Die besluit was maklik, ek is seker jou buurman gaan daai Jeep geniet.

      Nou dat ek daaraan dink, jy is mos nou gulsig. Is dit nie juis by jou plek waar ek 10 van my elfies afgelaai het nie?

      • demoerin Desember 28, 2009 at 10:23 vm #

        Maar hulle is opgebruik kersvader… gebreek in stukkies en alles… daardie Jeep so vir ewig gehou het. My buurman is elk geval ‘n skynheilige poephol, jy moenie die leuens glo wat hy jou vertel nie… en kersvader, ek dink jy kort ‘n nuwe bril, daardie koekies en melk was vir die tannie, vir jou het ek ‘n bottel Cardhu uitgesit… maar sorry ek het dit nou gedrink want ek het gedink jy drink dalk nie meer nie…😆

        • Kersvader Desember 28, 2009 at 10:34 vm #

          Damn!!!!!!!! What we have here is a failure to communicate!
          Sê jou wat. Sorg jy dat daar volgende jaar weer so knertsie van daai Cardhu regstaan, en ek sal sorg vir die Jeep. Beter en groter as jou poephol buurman s’n en met al die ekstra’s. Hoe klink daai?

          • demoerin Desember 28, 2009 at 10:42 vm #

            Ek begin solank die slapies tel…..

  5. Plaasjuppie Desember 28, 2009 at 9:59 vm #

    Gaan jou geweldig. Geniet die kort ruskans en mag 2010 vir jou net mooi dinge inhou.
    Salut!

    • demoerin Desember 28, 2009 at 10:04 vm #

      Dankie PJ, selle vir jou en die beterste helfde ook!

  6. Dellie Desember 28, 2009 at 11:25 vm #

    Lekker rus! Ek is self half verlig dat 2009 amper verby is – kan nie wag vir ‘n nuwe jaar, nuwe begin en nuwe uitdagings nie.

    See you on the flipside!😉

    • demoerin Desember 28, 2009 at 11:47 vm #

      Yip…heeehaaaa 2010!!

  7. Johan Swarts Desember 28, 2009 at 11:29 vm #

    Geniet die vakansietjie uitermatig baie. Tjek djou in 2010, my bru!

    • demoerin Desember 28, 2009 at 11:48 vm #

      Ek gaan probeer… gaan jou geweldig tot in 2010…

  8. Rustig Desember 28, 2009 at 12:17 nm #

    Jy moet lekker vakansie hou. Ek weet ek gaan al moet ek nog so 2 weke wag. Dit is as BA nie gaan staak nie.

    • demoerin Desember 28, 2009 at 12:59 nm #

      Genugtig… ek dog jy smul al aan karoolamtjoppies afgesluk met bottles van Suid-Afrika se bestes❓

  9. Xena Phoenix Desember 28, 2009 at 12:54 nm #

    Haal die meeste uit die laaste paar dae uit. Ek hoop 2010 gaan jou oorleef.

    • demoerin Desember 28, 2009 at 12:59 nm #

      Waarsku solank vir 2010…😆 I am armed and dangerous!!

  10. Sonkind Desember 28, 2009 at 4:12 nm #

    Mag jy ‘n stunningste 2010 he, DMI! Jy moes net bygese het dat die wat die son sien opkom op 1 Jan, nie dan moet bestuur na heelnag se party nie!😆

    • demoerin Desember 29, 2009 at 11:17 vm #

      Ek kan nogal nie wag vir 2010 nie…

  11. boerinballingskap Desember 28, 2009 at 4:34 nm #

    Geniet jou aftyd en mag 2010 vir jou meer goed as sleg inhou! 8)

    • demoerin Desember 29, 2009 at 11:17 vm #

      Baie goed en geen sleg nie is waarvoor ek hoop😆

  12. Antie Koekie Desember 29, 2009 at 9:56 vm #

    Hoop my goeie wense bereik jou nog en dat jy nie jou PC al gebere het nie?
    DeMin, jou nuwerjaarswense is pragtig en so in die kol.
    Moenie nou nie te erg aangaan met die kopdoom, want netnou is jou kreatiewe muse ok gevrek.
    Januarie moet ons klomp bietjie gesels oor ons bucket list vir 2010.
    Mag jy 2010 uit jou sokkies gebless word.
    Lekker uitrus.
    Baie liefde, van jou Favourite Antie

    • demoerin Desember 29, 2009 at 11:18 vm #

      Antie, vir jou pak ek weer die PC uit. Hoop die Antie het ook ‘n gatskoplekker 2010.

  13. Louwie Desember 29, 2009 at 12:57 nm #

    Jip, ek kyk maar versigtig vir twee-nul-een-nul. My kristalbal het nie baie goeie nuus nie, behalwe dalk oor Andrew👿
    Gaan jou geweldig in die nuwe jaar, en pasop vir die ys!

  14. Antie Koekie Desember 29, 2009 at 1:02 nm #

    Die ys? Is ek nou weer blond of wat? DeMin, is jy op pad Antartika toe of wat?
    Louwie, try Windolene op daai kristalbal van jou en dan hang jy hom op as ‘n suncatcher—- ons klomp het nie ‘n bal nodig om vir ons te sê dit gaan ‘n gatskopjaar wees!!

  15. koeksister Desember 29, 2009 at 2:31 nm #

    Geniet die blogvakansie Demoerin en net die beste vir jou vir 2010.🙂

  16. RandomNumberZero Januarie 1, 2010 at 5:08 nm #

    Happy New Year! , may all have orgasms of magnificent length and regularity… And if possible, may they be shared with true friends and loved ones!

  17. Louwie Januarie 2, 2010 at 4:00 nm #

    Antie Koekie, gaan lees maar by skalkskryf oor die ys.
    Sterkte vir 2010.

  18. meermin Januarie 4, 2010 at 8:01 vm #

    Net die heel heel heel beste vir 2010!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: