Twee Nul Een Nul Nommer Een

4 Jan

Ek het so ‘n gevoelente… ek weet nie of dit iets in die lug is, of iets vermeng was in my tequila gister nie…. maar hierdie 2010 jaar gaan gatskoplekker wees. My kristalballe jok nooit nie……

Daar is seker maar een ding wat ons sommer vroeg-vroeg al mee moet vrede maak – Vir die volgende paar maande gaan ALLES in Suid-Afrika om die Sokker Wêreldbeker gesentreer wees, dit is nou maar net so. As jy eers daarmee vrede gemaak het gaan dit sommer ‘n lekker jaar wees!

Advertisements

17 Responses to “Twee Nul Een Nul Nommer Een”

  1. Girl van die Suburbs Januarie 4, 2010 at 8:25 vm #

    Oooohhhhh My…. Kristalballe? 😯

    • demoerin Januarie 4, 2010 at 10:32 vm #

      Ek vertrou nie een nie, ek moet dubbel seker maak ek het die regte voorspelling 😆

  2. Sonkind Januarie 4, 2010 at 8:31 vm #

    Wonder ek ook, Girl 🙂 DMI, vir sokker voel ek ‘n veer, maar ek hoop ons gaan na die tyd daai stunning stadions gebruik vir wereldklas shows!

    • demoerin Januarie 4, 2010 at 10:33 vm #

      Ek hoop ook maar so…. maar my gesonde verstand vertel my ons gaan ‘n paar nuwe wit olifante hê.

  3. BB Januarie 4, 2010 at 9:44 vm #

    Keep ’em polished DMi!! Niks so disappointing soos troebel vooruitsig nie :mrgreen:
    La-duuuuuuuuuuuu-ma!!

    • demoerin Januarie 4, 2010 at 10:34 vm #

      Yip, so bietjie spirits in louwarm water… en poets dan na die was met koerantpapier… helderblink.

  4. Xena Phoenix Januarie 4, 2010 at 10:04 vm #

    So ons het in 2010 toestemming om onsself soos hooligans te gedra? Me like! 👿

    • demoerin Januarie 4, 2010 at 10:31 vm #

      Natuurlik – hoe dan nou anders ❓

      • ekisanna Januarie 4, 2010 at 6:08 nm #

        Van wanneer af het ons toestemming nodig… Jy moet ‘n slaggie hier by ons kom kyk wat maak die mense in my omgewing as die Bulle wen! (lol)

  5. ekisanna Januarie 4, 2010 at 10:07 vm #

    Welkom terug Demoerin, ek is ook glad nie ‘n sokker aanhanger nie (dan weer, rugby maak ook nie vir my sin nie, maar anderdag meer daaroor), maar ek kan nie help om opgewonde te raak oor die Sokker Wereldbeker toernooi nie. Dit hou sulke groot geleenthede in vir Suid Afrika om homself weer ‘n bietjie aan die buiteland te verkoop. Ek skryf tans oor die onderwerp op my Engelse blog en dit is verbasend hoe oningelig Amerika, Kanada en Engeland is oor ons fasiliteite en dit is vir my lekker om ‘n bietjie by hulle te “brag”. Ek stem met BB saam: Laduuuuuuma!

    • demoerin Januarie 4, 2010 at 10:30 vm #

      Die ding is die Amerikaners weet bittermin van enige ander land as Amerika…. en hulle moet maar solank almal hulle dollars, ponde en euros blinkvryf…. on ekonomie wag vir daardie geld.

  6. Plaasjuppie Januarie 4, 2010 at 10:46 vm #

    Gatskop. (Sokker)bolskop. Iets moet geskop word hierdie jaar. Gaan groot of gaan huistoe

    • demoerin Januarie 4, 2010 at 4:30 nm #

      Net so – In 2010 we take no prisoners!!

  7. kaalvoetinireen Januarie 4, 2010 at 2:10 nm #

    Ek sal maar al die aksie van die kant af waarneem en dankbaar wees dat ek nie met daai verkeer hoef te sukkel nie.

    • demoerin Januarie 4, 2010 at 4:31 nm #

      Gmmmfff, dankie vir daardie goeie wense. Ons gaan almal by jou kom afpak en saam met jou dit op die kassie kyk.. 😆

  8. Johan Swarts Januarie 4, 2010 at 6:01 nm #

    yeeeehaaa!

  9. meermin Januarie 5, 2010 at 1:57 nm #

    Ek self het so feeling dat hierdie jaar my jaar gaan wees, dinge gaan vir my in plek val!! GATSKOP gaan ek beslis!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: