In die wolke…

5 Jan

Ek sien hierdie foto’s van die wolkekombers oor Jozi as my afskeidsgeskenk voor ek getrek het.

Partykeer voel dit of daar ‘n wolkkombers oor ons koppe gewerp word. ‘n Kombers wat ons drome en ideale verskans, en ons in die donker onsekerheid dompel, sonder lig as rigtingwyser. Maar dan besef jy dat die kombers slegs tydelik is, en dat dryfkrag, ambisie en positiwiteit die wolk soos mis voor die vroeë oggendson gaan laat verdwyn. Partykeer is ‘n nuwe perspektief al wat nodig is.

39 Responses to “In die wolke…”

  1. Xena Phoenix Januarie 5, 2010 at 7:38 vm #

    Stunning fotos!

    As n mens jou oe op die einddoel hou, dan sal die wolke van die lewe jou nie pla nie. Behalwe as dit die doel heeltemaal verskans. Oe toeknyp en voortdonner is ook n opsie. Wolke is nie konstant nie, die son en wind verdryf hulle altyd. Hoekom jou dan verknies oor iets wat tydelik is en waaraan jy niks kan doen?

    Ek gaan nou die kombers oor my kop trek en verder slaap.

    • demoerin Januarie 5, 2010 at 8:38 vm #

      Mmmm, nogal waar daardie….. maak net seker jy hou kop bo water tot die storm verby is – want jy kan niks daaraan doen nie.

    • Joh Januarie 5, 2010 at 6:48 nm #

      Die lewe is tydelik.

  2. ekisanna Januarie 5, 2010 at 7:45 vm #

    Amazing foto’s. Nuwe perspektief! Gelukkig is die mens wat homself oopstel vir nuwe perspektiewe want hy sal soos ‘n arend bo die wolke uitstyg en in die soen vlieg (tong in die kies maar waar). Waarheen trek jy of het jy getrek?

    • ekisanna Januarie 5, 2010 at 7:49 vm #

      Ai tog! …in die SON vlieg…

      • demoerin Januarie 5, 2010 at 8:33 vm #

        Ek het die berge vir die vlaktes verruil… Northcliff na Muldersdrift😆

        • netjane Januarie 5, 2010 at 7:51 nm #

          Nou’s ons nie meer bure nie?

          • demoerin Januarie 6, 2010 at 6:43 vm #

            Nope…. en mis al klaar Olivia’s se Pie, Chips en Gravy:mrgreen:

  3. Girl van die Suburbs Januarie 5, 2010 at 9:57 vm #

    Hoe mooi is die skilderdoek nie! Sagte oranje en ligte blou… Fantasties mooi x x x

    Daai kombers lig egter net as ‘n persoon daadwerklik die bul by die horings pak en alle sielsgemors uit te gooi. Om te hoop dit gaan net weg, het nog nooit gewerk nie.

    Daar is egter dinge wat nooit verander kan word nie, daai wat jy niks aan kan doen nie …. dalk is die beste raad om vrede daarmee te maak. Maar leef dan met daardie besluit.

    • Girl van die Suburbs Januarie 5, 2010 at 9:58 vm #

      Maar by gese… ‘n mens moet nie net eerlik met jouself wees nie… maar ook met die om jou.

    • demoerin Januarie 5, 2010 at 1:37 nm #

      En die snaaks is ons kan hoe probeer, maar self kan ons nie daardie prentjie skilder nie.

  4. meermin Januarie 5, 2010 at 1:55 nm #

    WOW STUNNING FOTO’S ek het my so verkyk na die foto’s dat ek woordeloos is!!

    • demoerin Januarie 5, 2010 at 2:26 nm #

      Ek het maar net die knoppie gedruk… maar was self woordeloos toe ek dit daardie oggend gesien het.

  5. flintstoned Januarie 5, 2010 at 2:28 nm #

    Dis absoluut pragtig.

    • demoerin Januarie 5, 2010 at 2:37 nm #

      Yip, die son skyn altyd weer – partykeer is hy net agter ‘n wolk versteek.

  6. Sonkind Januarie 5, 2010 at 2:58 nm #

    Amper gedog jy het slimmer geword en Kaap toe getrek😉

    • demoerin Januarie 5, 2010 at 3:16 nm #

      Ek het noggie al my marbles verloor nie.

      • Sonkind Januarie 5, 2010 at 5:46 nm #

        Ag, dis lekker hier tussen die malles😈

        • demoerin Januarie 6, 2010 at 6:41 vm #

          Miskien eendag as ek groot is…. en mal is….

  7. Dellie Januarie 5, 2010 at 4:46 nm #

    Nice pics …😉

  8. Johan Swarts Januarie 5, 2010 at 5:26 nm #

    jy trek?

    • demoerin Januarie 6, 2010 at 6:42 vm #

      Klaar getrek…. 30 Desember….

      • Johan Swarts Januarie 6, 2010 at 9:36 vm #

        ooh…waarheen?

        • demoerin Januarie 6, 2010 at 9:47 vm #

          Ek het die berge (Northcliff) verruil vir die vlaktes (Muldersdrift)…. maat steeds is ek in Jozi.

  9. Vlam Januarie 5, 2010 at 5:38 nm #

    Jou foto’s laat Gomorra mooi lyk… 😉

    • demoerin Januarie 6, 2010 at 6:42 vm #

      Uit die regte hoek uit is Gomorra baie mooi.

  10. meermin Januarie 6, 2010 at 7:41 vm #

    DMI ek werk baie hard aan myself, ek baklei met my eie ek as ek net waag dink aan negatiewe goede!!

    • demoerin Januarie 6, 2010 at 12:02 nm #

      Dit is cool! Rome is nie in ‘n dag gebou nie.

  11. flintstoned Januarie 6, 2010 at 11:32 vm #

    Boo!

    Het die werk hasies jou opge-eet tjomma?

    • demoerin Januarie 6, 2010 at 11:41 vm #

      😆 Moenie jou kom hans hou op MY blog nie. Ek is baie lui…. besluit aangesien dit vandag in Greece vakansiedag is sal ek ook maar net hier rondhang en niks doen nie.

      • flintstoned Januarie 6, 2010 at 12:01 nm #

        :mrgreen:

        Grieks is my favourate (tong ini kies).

        Dis net ek het n roetine, elke dag my stukkie demoerin, skip ‘n dag en my klok is gefok.

      • flintstoned Januarie 6, 2010 at 12:05 nm #

        vok weet, my comment wil nie vat nie.

        Probeer weer, ek het ‘n roetine, elke dag my stukkie demoerin, skip ‘n dag en my klok is gefok.
        :mrgreen:

        • demoerin Januarie 6, 2010 at 12:16 nm #

          😆 ….. ek perform nie goed onder pressure nie.

  12. flintstoned Januarie 6, 2010 at 12:03 nm #

    :mrgreen:

    Grieks is my favourate (tong ini kies)

    Die ding is ek het ‘n roetine, elke dag my stukkie demoerin, skip ‘n dag, en my klok is gefok.

    • demoerin Januarie 6, 2010 at 3:22 nm #

      Kyk, ek sien BB skryf lang stukke en jy is iewers op die herhaling? Jy ok…..

      • flintstoned Januarie 6, 2010 at 4:06 nm #

        LOL, ek se mos my comment wou nie vat nie!!

        …maar nou is ek seker jy het dit mooi gelees.😉

  13. demoerin Januarie 6, 2010 at 12:19 nm #

    Miskien moet ek gou ‘n storietjie skryf…. maar oor wat❓

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: