Vrydagskool….Biologie101

8 Jan

Oor hoe Maja by die blommetjies uitgekom het, toe die blommetjies hulself onderwater bevind het.

Ok, die blommetjies is nou nie onder water nie, maar jy kry die idee – Oefen sommer bietjie die buite-die-doos-dink skills.

Sonkind het my bietjie bekommer die afgelope week, toe sy by Johan en by Flintie gevra het oor hoe die sluwe, onderwater gutterseks nou eintlik werk (wel gelukkig eintlik net die “onderwater” gedeelte). Ek het gedink ons moet dit maar so vinnig moontlik behandel voor sy dalk haarself in ‘n onderwater penarie bevind, of dalk in ‘n hospitaal in traksie….. of voor BB die onderwerp highjack en ‘n boek skryf…

Die verwysing na “onderwater” in die term “sluwe onderwater gutterseks” (SOGS) het eintlik meer te doen met die tipe fornikasie, as waar dit plaasvind. Jy weet, daardie pornstêr-monkeynastics wat Moeder en Vader nie tydens die “groot praatjie” van “maja en die gousblommetjie” behandel het nie.

Om teleurstelling egter te voorkom, het ek dit goed gedink om tog ‘n lysie op te stel van maniere hoe ek dink jy die onderwater probleem (ja, dit is ‘n probleem want mense is nie met kieu geseën nie, en aangesien jy jouself soos ‘n dier gaan gedra is dit nie te sê jy het al die voordele van visse soos kieu nie) kan oorkom:

  1. Hou jou kop bo die water, of kom gereeld op vir asem. Dit is natuurlik cheat want dit is dan nie onderwater nie, maar kan oorgesien word as jy ‘n beginner is.
  2. As jy skuba-toerusting besit kan jy sommer terselfde tyd jou duiktegnieke oefen.
  3. Gaan op ‘n duikboot toer en word deel van die Mile Below Club.
  4. ‘n Meer hoërgraad tegniek wat geoefen kan word is met snorkeltoerusting (in die begin gaan jy dalk baie water sluk, maar aanhouer wen).
  5. Jy kan strooitjies by mekaar indruk soos in die flieks as hulle vir die skelms wegkruip, maar om een of ander rede kan ek nie myself indink dat dit gaan werk nie……
  6. Jy kan natuurlik ook jou asem ophou en ‘n heel nuwe betekenis aan die “spoedraps” gee…..
  7. Voel vry om nog idees met ons in die klaskamer te deel…….

Daar is vir voor die hand liggende redes geen klaswerk nie, en ek sal ook verkies as daar geen foto’s of videomateriaal van huiswerk ingehandig word nie….. en met die huiswerk saam…. hou maar die emergency nommers byderhand!

Advertisements

48 Responses to “Vrydagskool….Biologie101”

  1. Xena Phoenix Januarie 8, 2010 at 8:10 vm #

    Mile below 😆 Dink jy hulle badkamers is groter? Ek neem aan dat daar heelwat crew gaan wees.

  2. flintstoned Januarie 8, 2010 at 8:13 vm #

    “Daar is vir voor die hand liggende redes geen klaswerk nie, en ek sal ook verkies as daar geen foto’s of videomateriaal van huiswerk ingehandig word nie….”

    LMGA

    • demoerin Januarie 8, 2010 at 8:53 vm #

      …. ek moes eintlik gesê het behalwe as jy Eva Longoria of Megan Fox is…. maar om een of ander rede glo ek nie hulle lees hier nie 😆

      • flintstoned Januarie 9, 2010 at 9:15 nm #

        😯

        Hoe het jy geweet ek is Eva Longoria?

        …..wel lyk soos sy met ‘n wig en fokkenbaie make-up.

        …………en dalk na ‘n maagvirus….

  3. eelt Januarie 8, 2010 at 8:24 vm #

    Jis, moet mens nie eerder die vlak kant gebruik nie?

  4. Girl van die Suburbs Januarie 8, 2010 at 10:31 vm #

    Hmmm… Ek reken ek sal ‘n tjoepie byderhand hou… dalk ‘n lilo… just…. for in case! :mrgreen:

    • demoerin Januarie 8, 2010 at 10:41 vm #

      lilo’s kry maklik gaatjies… dan is jy gefok.

      • Sonkind Januarie 8, 2010 at 5:53 nm #

        No pun intended, natuurlik. Of hoe, DMI?

  5. Antie Koekie Januarie 8, 2010 at 12:47 nm #

    Is dit nie die hele doel agter die lessie nie?

    • demoerin Januarie 8, 2010 at 1:56 nm #

      😆 Bwahahaha… dit is moer skerp!

      • Pikkie Januarie 8, 2010 at 4:00 nm #

        O my genade, ek skreeu soos ek lag!!!! Antie Koekie, jy maak my dag!

        • demoerin Januarie 8, 2010 at 4:29 nm #

          Goed om jou weer in die omtrek te sien!!

  6. Plein Januarie 8, 2010 at 1:59 nm #

    Nou weet ekke ook…….

    • demoerin Januarie 8, 2010 at 3:41 nm #

      wat ❓

      • Plein Januarie 8, 2010 at 4:37 nm #

        Hoe onderwater gutterseks in ‘n lysie lyk

  7. koeksister Januarie 8, 2010 at 2:05 nm #

    As ek ‘n vampire in die hande kan kry kan ek mos onderwater asemhaal……. maggies dit klink sommer lekker, ek kan selfs huiswerk ook inhandig. (As jou gestel dit sal kan hou) 😉

  8. Dellie Januarie 8, 2010 at 2:21 nm #

    😆 Thanx v die tips …

    • demoerin Januarie 8, 2010 at 3:40 nm #

      Gaan dan heen en versprei die nuus…. 😆

  9. Johan Swarts Januarie 8, 2010 at 4:47 nm #

    bahahahahahaha

    SOGS!

    • demoerin Januarie 11, 2010 at 7:01 vm #

      Yip, alles wat belangrik is het mos ‘n akroniem… bwahahahaha

  10. Sonkind Januarie 8, 2010 at 5:51 nm #

    Scubadivers go deeper! Ek kom nou eers op vir asem, DMI 😉 😳

  11. flintstoned Januarie 9, 2010 at 9:16 nm #

    LOL….

    Mens kan sonkind se comment op soveel maniere lees….

    Die party gaan suid!

  12. Antie Koekie Januarie 9, 2010 at 10:21 nm #

    Dié paartie kry nou skop! Kom Sonkind, vertel, vertel!! Ons wil ALLES weet, nê flintie?

    • demoerin Januarie 11, 2010 at 6:58 vm #

      Sonkind praat nie uit die swembad uit nie…. en ek dink dit is moeilik onder die water….. om te praat…

      • Sonkind Januarie 12, 2010 at 8:17 nm #

        bwahaha! Ek praat nie uit die see uit nie DMI. Buitendien, dan kom die sout … uhm water in my mond 😆

  13. Antie Koekie Januarie 9, 2010 at 10:25 nm #

    Het nou net by Demoerin ingeloer, sien toe dat sonkind haar op ‘n dag aan Telkom se whatever wou vasketting…………… Jeez, girl, was daar enige gedwonge vaskettingry met die scuba diver? Of was dit vrywillig?

  14. Antie Koekie Januarie 9, 2010 at 10:27 nm #

    O, vrek, ek moet gaan slaap!!!!! Ek het by Flintie ingeloer (is mos nou by DeMoerin!) Geen nie-alkoholiese Oros vir my nie!
    By the way, hoekom kan ‘n mens nie jou verkeerde comments regmaak nie?

    • demoerin Januarie 11, 2010 at 6:56 vm #

      😆 Mens kannie…. behalwe natuurlik ek kan, maar ek wil nie…. hehehehehe… ons moet die evidence vir die nageslagte bêre oor wat gebeur as mens te veel oros met mix drink…

  15. Jade22 Januarie 10, 2010 at 11:02 vm #

    Ek sal maar in die kiddies pool bly vir eers.. Whahaha

  16. flintstoned Januarie 11, 2010 at 9:52 vm #

    Ek weet darem nie van die snorkel ding af nie, klink of ek sal versuip…

    Kiddies pool klink goed as hy vol baba-olie is natuurlik! 😉

    • demoerin Januarie 11, 2010 at 10:10 vm #

      Ek dink die snorkel is klein bietjie meer hoër graad.

      • flintstoned Januarie 11, 2010 at 10:29 vm #

        😯

        Probeer jy sê ek is ‘n laergraad student?

        …die dinge wat ek met my maagdelike oortjies moet aanhoor!

        😆

        • demoerin Januarie 11, 2010 at 2:50 nm #

          Miskien bietjie verkeerd uitgedruk…. dit is meer gevorderd, nie vir beginners nie 😆

  17. koeksister Januarie 11, 2010 at 3:23 nm #

    Baba-olie? o heng, don’t get me started! 😳

    • flintstoned Januarie 11, 2010 at 3:28 nm #

      Bwahahahaha, ek is te bang om uit te vra Koeksister!

      demoerin, tussen die twee van ons kan ons maar n adult blog begin 😆

      …hoop net nie daar sal soveel bekgevegte wees soos wat huidiglik daar by aangaan nie.

      • demoerin Januarie 11, 2010 at 4:13 nm #

        😆 Yip, ons is nou nog by Biologie101, fok wag tot ons by Biologie102 kom… bwahahaha

  18. flintstoned Januarie 12, 2010 at 10:30 vm #

    Erm, het jy vergeet hoe om te tik?

    Dis amper weer Vrydag en ek DEMAND ‘n post voor dan!!!

    Hell, it’s not easy being a fan around here….

    :mrgreen:

    • demoerin Januarie 12, 2010 at 10:41 vm #

      As vandag se post nie ‘n nuwe post is nie… uhmmmm, wat is dit dan ❓

      • flintstoned Januarie 12, 2010 at 12:15 nm #

        Ek sien die sarkasme drip!

        Sorry man! 😆

        • demoerin Januarie 12, 2010 at 12:33 nm #

          Cool nê… nuwe tegnologie… drup net aan jou kant by die screen uit. Gaan dit patenteer 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: