WEW… 1 van ((17 x 10)-(13^2))

12 Jan

Hulle sê mos die dinge van jou onderbewussyn is wat in jou drome na vore kom. Kyk, ek weet nie wat in my koppie aangaan nie, maar ek wonder waaroor hierdie onderbewustelike denke gaan…..

Gewoonlik onthou ek nie my drome nie, maar hierdie een van gisteraand was vars in my geheue toe ek vanoggend wakker geword het. Ek het gedroom ek gaan kuier by my niggie en haar man. Ons sit buite by die swembad en ek onthou my oom het ook vinnig oorgekom vir ‘n drankie (van Durban af Roodepoort toe ❓ ). Elk geval, my oom vra toe my niggie of ek al vir Tarah ontmoet het… ek sê toe nee, en sy roep haar toe…..

Tarah kom toe aangedraf vanuit die swembad se rigting. Nie net is dit die grootste Tarantula wat jy al ooit gesien het nie (ons praat hier van poedel grootte), maar ook die harigste. Sy het sulke lang hare gehad, soort van soos jy op ‘n Yorkie sal vind. Tarah gaan lê toe natuurlik op haar rug met hierdie 8 pote wat so in die lug wriemel en ja… wag vir dit… my niggie deel my mee Tarah wil hê ek moet haar maag vryf, want sy hou duidelik baie van my.

Ek het nou-nou net gewonder waar ek vir Josef of Daniël in die hande kan kry…….

Advertisements

49 Responses to “WEW… 1 van ((17 x 10)-(13^2))”

  1. Xena Phoenix Januarie 12, 2010 at 12:00 nm #

    Dalk moet jy ‘n siener gaan sien. . .

    Dit is ‘n weird droom. Het jy toe Tarah se magie gekrap? Dalk wou sy saam met jou huis toe gegaan het. 😆

    • demoerin Januarie 12, 2010 at 12:15 nm #

      Die laaste wat ek onthou, is dat ek gedink eht ek moet ‘n foto neem, want niemand weet van hierdie moerse spinekop nie.

      • Xena Phoenix Januarie 12, 2010 at 12:44 nm #

        Ten minste skort daar niks met jou prioriteite nie.

  2. flintstoned Januarie 12, 2010 at 12:13 nm #

    Erm…..

    Hier kom ou agteros, sorry tjom, nie jou nuwe post gesien nie.

    Ek dink jou droom beteken jy moet agt nuwe meisies kry, en hulle magies streel. Verkieslik na jy ‘n paar drankies geneem het.

    En ons almal weet dat jy moet luister na jou drome, anders kry jy vraaitjies op jou neus, en mense begin jou Mara noem.

    • demoerin Januarie 12, 2010 at 12:16 nm #

      Ek sal in die voetspore van ons President volg en sommer 8 vrouens kry…. maar hulle sal my moet onderhou 😆

      • Xena Phoenix Januarie 12, 2010 at 12:46 nm #

        Jy is in vir ‘n ding. Met die hormone wat vrouens afskei, is groepe geneig om dieselfde tyd van die maand besoek te ontvang. Wat beteken hulle kry saam PMS. Die meeste mans kan nie eers een vrou se pms hanteer nie, wat gaan jy met 8 doen? Of hoop jy hulle bly in verskillende provinsies?

        • demoerin Januarie 12, 2010 at 2:05 nm #

          Ek sal elke maand alleen vir ‘n rukkie weggaan.

  3. flintstoned Januarie 12, 2010 at 12:22 nm #

    Africa is a tough country, women work and men steal…

    • demoerin Januarie 12, 2010 at 12:30 nm #

      Tough you say? Sounds like utopia to me 😆

  4. BB Januarie 12, 2010 at 1:10 nm #

    Eeeeewwwwwwwww!!! Sondag het die mense by ons ‘buur’tafel (in ‘n restaurant!!!) se dogtertjie haar pet-tarantula saamgebring – en daar sit sy ewe doodluiters en ‘speel’ met die ding 😯 – nee wragtig!! Ek het my so gewip!! Ek vat tog ook nie my bullterrier of die Ouvrou saam vir breakfast nie?? 🙄
    Ek het gewag dat daai ding ‘n skuif maak na ons kant toe of land op die vloer… ek sweer ek sal opspring, “SPIDER” skree en begin stomp! 👿
    Terloops… ek kon nog steeds nie uitfigure hoe de dinder mens met ‘n spinnekop ‘speel’ nie – much like “Oh, I think I’m gonna go play with Moby Dick for a while!” “Moby D???” “Yeah!!, my pet goldfish!” :mrgreen:

    • demoerin Januarie 12, 2010 at 2:06 nm #

      Ek dink ek wil nog steeds een hê, ek dink hulle is baie low maintenance pets.

      😆 @ “die Ouvrou” … bwahahaha

      • Sonkind Januarie 12, 2010 at 8:22 nm #

        Ag nee fok Demoerin! Nou moet jy weet, as ek jou op jou volle naam noem, dan is ek in ‘n ander dimensie in gegril!!! Blehg, Jig, Fok fok fok. Skuus, maar dis wat baie potiges aan my konstitusie doen. Dit word ‘n fokop van epidermiese proporsies. As EK so ‘n droom gehad het, sou hulle my die volgende oggend moes resuscitate. Sien, nou kan ek nie eers meer spel nie, en ek IS so gesteld op spelling!

        • demoerin Januarie 13, 2010 at 6:56 vm #

          Ek dink egter nog steeds ek sal nie omgee om een te hê nie…. so ‘n Rose-coloured een soos op die foto.

  5. koeksister Januarie 12, 2010 at 1:30 nm #

    “To see a spider in your dream, indicates that you are feeling like an outsider in some situation. Or that you may want to keep your distance and stay away from an alluring and tempting situation. The spider is also symbolic of feminine power. Alternatively, a spider may refer to a powerful force protecting you against your self-destructive behavior. If you kill a spider, it symbolizes misfortune and general bad luck.”

    Ek het dit raakgelees op dreammoods.com 🙂

    • demoerin Januarie 12, 2010 at 2:08 nm #

      Mmmm, ek onthou bietjie self-destructive behaviour Saterdagaand…. ek het scars en ek kan nie onthou hoe ek hulle gekry het nie….. sien opgelos, dankie koeksuster!

      • demoerin Januarie 12, 2010 at 2:08 nm #

        eintlik… ek probeer onthou….

        • koeksister Januarie 12, 2010 at 2:24 nm #

          Net jammer jy het nie die droom voor Saterdag-aand gekry as soort van ‘n warning nie, nou sit jy met die scars en die memory -loss.. tsk,tsk 😉

          • demoerin Januarie 12, 2010 at 2:26 nm #

            Yip, selfs die warnings is laat….

      • BB Januarie 12, 2010 at 2:42 nm #

        Solank jy nie tattoos het en nie kan onthou waar jy dit gekry het nie 🙄

        • demoerin Januarie 12, 2010 at 2:45 nm #

          Lekker seer gash onder die knieg… en ‘n brandmerk onder die arm… 😆

          • BB Januarie 12, 2010 at 3:07 nm #

            Ge-leopard-crawl ini driveway?? Jy moes vir jou ma geluister het!!! Mens speel nie met droë ys nie!!!!

          • demoerin Januarie 12, 2010 at 3:18 nm #

            BB, nie ek of enige van die ander teenwoordiges weet nie…..

          • BB Januarie 12, 2010 at 3:48 nm #

            Ek laaiks daai – solank daar nie witnesses was nie, is jy safe!! Maar onthou Moses het ook ‘n paar jaar terug gedink niemand het hom gesien nie… 🙄 – some time one day when you least expect it – tydens die publishing van jou 1st edition – en jy gesuit en getie reg is om autographs uit te deel, spring daar ‘n rooikop uit die skare uit, ruk jou hemp oop tot oppie knieg en skree: :Ditsem!!! Dis HY!!! :mrgreen:

          • demoerin Januarie 12, 2010 at 4:05 nm #

            😆 O fok nee BB… bwahahahahahaha

  6. Vlam Januarie 12, 2010 at 3:51 nm #

    Die prentjie van jy wat Tarah se magie moet vryf…moer-histeries! 😆 😆

  7. ekisanna Januarie 12, 2010 at 6:53 nm #

    Wonder nou net… was Tarah blonde or brunette? En o ja! Onthou saam met die 8 vrouens met PMS kom daar 8 skoonma’ (hopelik sonder PMS).

  8. Joh Januarie 12, 2010 at 8:45 nm #

    Klink vir my so al of jou elektroniese inspuiting dalk biekie geflood het en jou kragstuur die rigting byster geraak het. 😉

    • demoerin Januarie 13, 2010 at 6:58 vm #

      Praat jy wat tande het. Ek dink ek het ‘n break nodig.

      • Joh Januarie 13, 2010 at 7:07 vm #

        Been of arm?

        • demoerin Januarie 13, 2010 at 1:03 nm #

          Snaaksie!
          Miskien sommer albei arms en bene…. siekverlof is ook mos ‘n ruskans?

  9. Antie Koekie Januarie 13, 2010 at 8:25 vm #

    “Antie Koekie se Wyse Woorde” Nr. 1367:
    “Daar is duidelik ‘n baie sterk en oorheersende vrou in jou lewe en alhoewel jy duidelik baie aangetrokke is tot haar, is jou onderbewusyn besig om jou te waarsku.” Hoe’s daai vir Sielkunde 101?

    O, nee, vrek, ek stem saam met Sonkind—- ek sou my in ‘n koma gegril het!!

    • demoerin Januarie 13, 2010 at 8:39 vm #

      Weet die antie nie dalk ook waar sy wegkruip nie ?

  10. flintstoned Januarie 13, 2010 at 8:42 vm #

    Antie Koeks, hoekom dink ek jy het nou net vir dmi sy ideale vrou beskryf?

  11. Antie Koekie Januarie 13, 2010 at 8:54 vm #

    Wyse WoordeNr. 1368: “Die energie van die Heelal is in werking. Binnekort sal al die kragte bymekaar kom. Wees gereed daarvoor.”

    Ha! En jy’t mos gelees wat my Nuwejaarswens vir jou was? Hmmmm, HKGK!
    By the flippen way—– wat de duiwel beteken daai formule? Ek het wiskunde altyd met lof gepluk.

  12. BB Januarie 13, 2010 at 9:59 vm #

    Hmmmm 🙄 sommige spinnewyfies vreet hulle partner sommer direk ná die eerste woeps op!! 😯

    • demoerin Januarie 13, 2010 at 1:04 nm #

      Ten minste – He went with a smile on his face…

  13. meermin Januarie 13, 2010 at 12:41 nm #

    Mag jou dag heerlik wees verder!

  14. Girl van die Suburbs Januarie 13, 2010 at 8:39 nm #

    Hmmm…. vir ou Arachie sien ek nog kans… Gelukkig was dit nie ‘n adder nie… Hulle verlei mense hoor ek 😉

    • demoerin Januarie 14, 2010 at 7:58 vm #

      Is dit nie steel nie? O wag nee, dit is ‘n ander tipe adder.

  15. Antie Koekie Januarie 13, 2010 at 9:06 nm #

    Meisiekind! waar draai jou kop nou weer?
    Hoe sê hulle, waar die hart van vol is……..
    maar is maar orraait, ons het mos almal sulke vrborge gedagtes. DMin s’n het net duidelik gemanifesteer! Wow, ek verstom myself lately, met al die groot woorde wat ek nie eens kan spel nie 😆
    seker Johan Swarts se geskrifte. Vrek, maar daai mannetjie kan darem toor met die hogere gedagtes!

    • demoerin Januarie 14, 2010 at 7:59 vm #

      😆 Antie Koekie… dit is die mense wat ons gedagtes so nou en dan uit die gutters uitpluk… al is dit net tydelik…. hehehehe.

    • Girl van die Suburbs Januarie 14, 2010 at 9:02 vm #

      Waar is JULLE gedagtes…

      Die slang wat vir Eva verlei het…. ❓

      • demoerin Januarie 18, 2010 at 6:58 vm #

        Die slang in die boom of…. nee toemaar 😆

  16. henkvstaden Januarie 15, 2010 at 4:58 nm #

    Hey Demoerin. Interressante droom. Vra jouself af wat stel jou niggie voor? Die mense in jou drome is gewoonlik dele van jou persoonlikheid. Die spinnekop met die misleidende vriendelike mens naam dui miskien op verraad of ‘n ongewenste verrassing wat op jou wag wat nie noodwendig positief is nie want julle is ook naby water (wat vir my net dui op probleme). Maar dit is iets wat met jou gaan gebeur jy veroorsaak dit nie.

    • demoerin Januarie 18, 2010 at 6:59 vm #

      Verrassings kan ek hanteer… solank hulle net nie sleg is nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: