Ook maar net mens….

14 Jan

Ek het gisteraand ‘n traan of twee, of drie, of vier, of vyf weggepik. Ek het hulle nie getel nie, want my gedagtes was ‘n warboel van herinneringe, geluk en hartseer. Ons hou maar almal (party van ons partykeer, en in die geheim) van die aspoestertjie stories. Van die underdog wat uitgestyg het bo alle verwagtinge en oorwin het.

Ek het, I Dreamed a Dream: The Susan Boyle Story, gisteraand gekyk. Ons ken almal die storie, ons het almal daardie eerste oudisie se clip gesien, ons weet almal sy het toe tweede op Britain’s Got Talent gekom, en ons weet dat haar eerste album al klaar (en nog steeds besig is) om alle rekords vir eerste uitreikings te verpletter.

Hierdie gewone, vaal en nederige vrou met ‘n stem, van een of ander obskure hoekie in Skotland het aan die wêreld ‘n paar lesse geleer. Sy het ook gisteraand persoonlik aan my ‘n paar lesse geleer.

  • Toe Susan vir die eerste keer verskyn het, was die wêreld in die midde van ‘n finansiële depressie, wat se eweknie laas moontlik in die dertigs gesien was. ‘n Paar minute clip op Youtube het die wêreld iets positiefs verskaf om te bespreek. Selfs al gaan dit hoe kak, moet ons soek vir, of net ons oë oopmaak, en klou aan daardie bietjie positief – WANT my omstandighede is nog steeds nie so kak soos iemand anders sin nie.
  • Ons het almal daardie eerste clip gesien. Die skewe glimlagte op almal se gesigte toe sy op die verhoog verskyn het. Simon Cowell se “Wat te fok?” uitdrukking. Die geskuifel en gegiggel in die gehoor. Simon het self daarna erken dat toe hy weer die clip gesien het, het hy iets gesien wat hy glad nie van gehou het nie, blatante vooroordeel. Maak nie saak hoe iemand uiterlik lyk nie, of hoe min geld hulle het nie – Maak moeite om die persoon te ontmoet, en dan te besluit of jy van die persoon hou of nie.
  • Susan het nie die kompetisie Britain’s Got Talent gewen nie. Sy het tweede gekom, maar dit het haar nie gekeer om haar droom uiteindelik te verwesenlik nie. As jy nie die eerste keer regkom nie en jy slet neer en sien jou gat, staan jy op en probeer weer. Daar is meer eer in val en weer probeer, as nooit probeer nie.
  • Susan Boyle is nou 48 jaar oud, en het vir die beste gedeelte van ‘n kwart eeu gedroom daarvan om ‘n sanger te wees. Sy het nou die wêreld aan haar voete en het aan almal ‘n tikkie hoop verleen toe almal in sak en as was. Jy is nooit te oud om jou drome te bewaarheid nie. Dit maak nie saak hoe lank jy wag tot jy gereed is om daardie eerste stap te neem nie.
  • Susan het aan daardie droom geklou, en dit nooit laat vaar nie. Daardie droom het lewendig in haar hart gebly tot die verwesenliking daarvan. Ek het besef dat ek altyd een groot droom gehad het. Dit was om ‘n mens gesentreer, en soos die lewe uitgedraai het ‘n bietjie meer as 4 jaar terug, sal daardie droom nooit verwesenlik kan word nie. My bucketlist is nie drome nie, dit is wense….. ek moet nuwe drome kry.

En toe sluit sy die program af met die lied wat alles begin het, en ek kom agter sy sing eintlik van my……

I dreamed a dream in time gone by

When hope was high and life worth living

I dreamed that love would never die

I dreamed that God would be forgiving

 

Then I was young and unafraid

And dreams were made and used and wasted

There was no ransom to be paid

No song unsung, no wine untasted………

– I Dreamed a Dream – Les Mesirables –

43 Responses to “Ook maar net mens….”

  1. Antie Koekie Januarie 14, 2010 at 8:07 vm #

    Laaitie, hierdie is DIEP! En MOOI! Ja, ons almal het die clip gesien, en ek dink baie het met haar ge-identifiseer en baie was bly toe sy die “smart” mense ‘n pit geteek het. Ons was almal saam met hierdie onaansienlike ou vroutjie bly dat sy die onmoontlike kon doen.
    En ja, daar is soveel te leer uit haar storie, vir elkeen van ons.
    En dit was GREAT om te sien hoe ‘n bietjie aandag en geld, haar hele uiterlike kon verander.
    Daar steek ‘n les in vir elkeen van ons.
    Thanx dat jy dit bietjie onder ons aandag gebring het.

    • demoerin Januarie 14, 2010 at 8:31 vm #

      Yip, nooit te oud om te leer nie, nooit te oud om te droom nie en nooit te oud om drome te verwesenlik nie.

  2. flintstoned Januarie 14, 2010 at 8:17 vm #

    demoerin, jy het ‘n hart ou tjom. Mooi geskryf, en ja dis waar, al val jy plat op jou gesig, staan op en kyk die wereld in die oe. Die dag as jy ophou droom, is die dag wat jy doodgaan al haal jy nog vir jare daarna asem.

    Ek wil sommer nou saam jou ‘n traantjie pik…

    • demoerin Januarie 14, 2010 at 8:32 vm #

      Yip, die feit dat jy asem haal, beteken nie jy lewe nie. Fok dinge raak nou so diep, ek weetie of julle my weer uit die donker dieptes van die put uit gaan kry nie…..

  3. Antie Koekie Januarie 14, 2010 at 8:59 vm #

    Ja, kyk dis dis ‘n Donderdag vir Diep dinge, dié!. Orals waar ek kyk, is ons vandag, DIEP! Maar, dis nodig. More is Vrydag en dan is ons weer sommer simpel!
    Het jy al onthou waar die stukkende plek onder die knie vandaan gekom het, of gaan jy more aand die evidence soek? 😆

    • flintstoned Januarie 14, 2010 at 9:06 vm #

      Dis ‘n blond met ‘n groot boesem wat hom grond toe gestoei het Antie Koeks, moenie dat hy jou ander dinge vertel nie…

      • Antie Koekie Januarie 14, 2010 at 9:32 vm #

        Oooooh!! Het hy in ‘n geveg met iemand se “Onmoontlike Tweeling” betrokke geraak?
        Vrek! en nou kan hy nie onthou nie……!!! Dis bad! HaHaHa!

        • demoerin Januarie 14, 2010 at 9:36 vm #

          Daar is wel ‘n foto van my Saterdagaand waar ek in die visdam die beeld omhels…. miskien het sy my geskop ❓

  4. Girl van die Suburbs Januarie 14, 2010 at 9:14 vm #

    Daarsy oukie! :mrgreen:

    Net die feit dat jy besef wense is nie drome nie…. ruk my ook in die bek want ek moet ook beter begin beplan! Maar ek probeer…. Hence al my veranderinge die jaar.

    Dis vir my amazing hoe ons vasklou aan ander se suksesverhale…. Dit gee hoop en ‘n nuut gevonde lus die lewe.

    Jy is nie so bad nie…. 😉

    • demoerin Januarie 14, 2010 at 9:38 vm #

      Yip, dit gee mens hoop, dit help natuurlik dat sy nie soos ‘n dronk hadida klink as sy haar mond oopmaak nie… 😆

      • Girl van die Suburbs Januarie 14, 2010 at 10:19 vm #

        Sy het ‘n verbasende sagte stem… so ‘n gentle soul! Ek hou van haar en is mal oor haar eksentriekheid!

        • demoerin Januarie 14, 2010 at 10:31 vm #

          Ek like dit nogal as sy daardie lae note slaan….

          • Girl van die Suburbs Januarie 14, 2010 at 11:45 vm #

            Ek hou in die algemeen nie van female vocals nie… en alt stemme is vir my net soveel mooier as soprane.

          • demoerin Januarie 14, 2010 at 2:07 nm #

            Daar moet ek saamstem…. bittermin soprane wat ek van hou.

  5. Xena Phoenix Januarie 14, 2010 at 9:17 vm #

    Haar grootste prestasie was seker dat sy Simon se mond kon snoer.

    Sy is nogal ‘n interessante stukkie mens, ek het foto’s gesien waarop sy haar duim suig. Sy het in haar lewe ook nog nooit gewerk nie.

    Ek wonder of dit nou die pad gelyker gaan maak vir die minder mooi mense om op talent en nie looks geoordeel te word nie.

    DMI, wanneer vertel jy ons van jou suksesverhaal?

    • demoerin Januarie 14, 2010 at 9:37 vm #

      Eendag as ek nuwe drome verwesenlik het…..

    • demoerin Januarie 14, 2010 at 9:40 vm #

      Ek dink die probleem is, dat party vergeet van hulle ongelooflike talent, want hulle meet hulle uiterlike aan Hollywood…. sonder die besef dat die meeste van daardie mense letterlik plastiek is.

  6. Antie Koekie Januarie 14, 2010 at 9:35 vm #

    Jislaaik, Xena, vir ons Minder Mooi Mense, maar met Meer Talent, is dit mos goeie nuus.
    Maar weet jy wat is sad? Ons gaan onsself nog steeds meet aan die Mooi Mense! En ons gaan nog steeds deur ander aan die MM gemeet word!

    • demoerin Januarie 14, 2010 at 9:41 vm #

      Watter talente het die Antie alles?

      • Antie Koekie Januarie 14, 2010 at 10:01 vm #

        Toe nou , Laaitie, that would be telling………
        Wag en kyk!!

        • demoerin Januarie 14, 2010 at 10:30 vm #

          Antie sal eerder wys as vertel ❓ 😯

  7. corlivandermerwe Januarie 14, 2010 at 9:55 vm #

    Wys jou net dat jy enigiets kan behaal, maak nie saak wat jou tekortkominge volgens jou is nie. Ek het dit sommer in my persoonlike lewe ook geleer die jaar – there’s nothing like it.

    • demoerin Januarie 14, 2010 at 10:33 vm #

      Yip, ons maak onsself dinge wys wat nie altyd waar is nie. Ons is baie keer ons eie grootste vyande.

  8. Vlam Januarie 14, 2010 at 10:49 vm #

    Susan se storie is ‘n regte Cinderella-verhaal. Dit gee moed en hoop. En jy’t baie mooi geskryf, DMI. 😉

    • demoerin Januarie 14, 2010 at 11:34 vm #

      Dankie vlam.
      Yip, moed om die dinge aan te pak, wat jy jouself wysmaak jy kan nie doen nie.

  9. Plaasjuppie Januarie 14, 2010 at 11:04 vm #

    Ek verklaar hierdie sommer Susan Boyle admiration week op woordstoot. Jy is nou al die 2de Afrikaanse woordstoter wat deur haar inspireer is die week.

    Maar dis is so lekker feelgood storie. So toe-toe, opstaan! Gaan soek daai droom.

    • demoerin Januarie 14, 2010 at 11:32 vm #

      Yip… feel-good, ietsie wat ons nodig het.

  10. Antie Koekie Januarie 14, 2010 at 2:03 nm #

    PJ!!!! “Woordstoot”???
    Askies my as ek nou klink of ek ‘n regte dirty old mind het, maar dit klink soos die skrywer van ‘n hygroman.HaHaHa!!
    Het julle gesien Huisgenoot gebruik die afkorting “HG” by sy hoekie vir eensames. Ek lees elke keer HYG, ipv Huisgenoot.
    Vanaand as my ma vra wat ek in my kamer gaan doen, gaan ek sê: ek gaan bietjie woordstoot!
    Sy skrik haar skoon uit haar rumatiek!

    • demoerin Januarie 14, 2010 at 2:08 nm #

      😆 Ken die antie noggie van woordstoot nie ❓ 😆
      Dit is mos maar wat ons doen…. stoot woorde rond.

  11. koeksister Januarie 15, 2010 at 10:14 vm #

    Ek het dit ook gesien, dit was amazing!. Simon se gesig toe sy begin sing het was classic. 🙂

    • demoerin Januarie 15, 2010 at 10:40 vm #

      Ek weet…. en die feit dat hy erken het dat hy nie gehou het van die blatante vooroordeel op sy gesig toe sy opgestap het nie.

  12. ekisanna Januarie 15, 2010 at 4:02 nm #

    Ek is dol oor Susan. Het my dogter oortuig om die CD vir haar pa te koop vir Kersfees.

  13. Antie Koekie Januarie 15, 2010 at 4:10 nm #

    Sus Anna, jy’s ‘n ma na my hart! ‘n Regte ma gee haar kinders sulke sagte, dog ferm hupstootjies om te doen of te koop, wat die ma eintlik wil hê!
    Maar dit sal natuurlik nie werk as die pa aan die anderkant van SA bly nie, nê?
    Lekker naweek vir julle almal.
    DeMin, vat tog asb vanaand jou ID boek saam as jy gaan uitrafel?
    Net sodat hulle kan weet wats jou naam asjy hom met ‘n plank slaan! En bly uit vreemde visdamme uit!!

    • demoerin Januarie 15, 2010 at 4:14 nm #

      Ek het myself gehok vir hierdie naweek.

  14. Antie Koekie Januarie 15, 2010 at 4:17 nm #

    Ag, sonde! Dis darem nie nodig nie! Die juffrou het dan netnou gesê jy kan maar sit, want jy was soet.
    Of gaan jy die tyd gebruik om weer vir ons so ‘n uithaler pennevrug te lewer, vir Maandag?
    Hmmmm, klink na ‘n bargain. Kani wag nie!

    • demoerin Januarie 15, 2010 at 4:19 nm #

      Starig oor die klippertjies. Ek gaan rus…… met ‘n bier in die hand…. miskien bietjie met Rasta gesels.

  15. Huisvrou Januarie 16, 2010 at 4:36 nm #

    DMI – vir jou wil ek sê: Thanx.

    Hierdie inskrywing sit my kop weer in 1-e rat. Kom uit vervlakste reverse uit!

    Dankie hoor.

    • demoerin Januarie 18, 2010 at 7:01 vm #

      Yip, ons wil partykeer te veel na “reason” luister. Die brein is nie altyd reg nie.

  16. Jessie Februarie 26, 2010 at 9:26 vm #

    DMI jou stuk oor SB was pragtig – net wat ek vanoggend in my depressie nodig gehad het. Al wat ek wil weet is: Kan iemand asb vir my sê hoe hou jy op om iemand lief te hê? Hoe vergeet jy iemand?

    • demoerin Februarie 26, 2010 at 9:42 vm #

      Mens vergeet nie sommer net iemand nie. Nooit nie. Wat mens wel besef is: Eerstens, jy is verantwoordelik vir jou eie geluk, dit is jou werk om jouself gelukkig te maak, niemand anders sin nie. Tweedens, jy sal die persoon nie vergeet nie, maar dit sal net draagliker word as jy gelukkig kan wees met jouself en wie jy is.

      Mens kan dalk saam met iemand anders gelukkig wees, maar niemand anders kan jou gelukkig maak nie.

      • Jessie Februarie 26, 2010 at 10:47 vm #

        Ja ek verstaan dit – mens moet gelukkig wees in jouself. Ek wil net vergeet – ek wil nie tydig en ontydig met herinneringe en verlange sit nie. Wil nie wakker word in die oggend en dit is die eerste ding in my gedagtes nie. Daardie vraag: is dit waar? het dit regtig gebeur? is dit regtig verby? Hoe weet mens dit is regtig regtig verby en daar is nie meer ‘n kans nie? Hoekom kom kruip die hartseer in jou keel en laat dit so toetrek dat jy nie kan praat nie; die woorde nie kan uitkry nie??

        • demoerin Februarie 26, 2010 at 1:04 nm #

          As jy gelukkig is met wie en waar jy is, gaan dei herinenringe nie soveel saak maak nie. Ja, nog steeds onthou, en ja nog steeds hartseer – Maar dit gaan nie die begin en einde van elke dag wees nie.

Lewer kommentaar op Antie Koekie Kanselleer antwoord